top of page
old-microphone-6.jpg

Afrikaanse Skakels

SAUK Radio het nou ‘n Android Toep! (IOS binnekort). Laai Gratis af!

Luister nou na lekker Afrikaanse musiek heeldag op jou foon! Kry die Toep gratis op die skakel hieronder, of soek vir "SAUK Radio" op die Google play stoor en los asseblief 'n goeie review!

 

Indien U wil bydra na dié gemeenskap stasie in enige hoedanigheid, as omroeper of nuusleser of U eie program het of advertensies, ens. kontak ons! (Ons is nie deel van SABC nie.)

​

​

​

Besoek Ons
dance-2.jpg

LEKKER FM 98.3

LEKKER FM 98.3 is jou nommer een radiostasie in Pretoria en omliggende gebiede, maar ook wêreldwyd vir die duisende Suid-Afrikaners wat uit ons pragtige land geëmigreer het en steeds alles wat LEKKER Afrikaans en LEKKER bekend is wil ervaar. radio stasie

LEKKER FM 98.3 is ‘n opwindende tendens-stellende, opvoedkundige en insiggewende radiostasie, gebore op 11 Oktober 2012, toe dit vir die eerste keer begin uitsaai het via internet en selfoon.

LEKKER FM 98.3 spog met ‘n dinamiese, kreatiewe en passievolle span aan die stuur, agter die skerms en ook op die lug met ‘n permanente FM uitsaailisensie geldig vanaf 8 Mei 2014.

Screen-Shot-2017-11-29-at-2.19.22-PM.png

LitNet Akademies

Die webwerf vir ernstige Afrikaanse gesprek, www.litnet.co.za, se slagspreuk is "Krities Afrikaans". LitNet rig sigself op die meer ingeligte en gekwalifiseerde lesersmark in veral Suid-Afrika en stimuleer kritiese gesprek in hoofsaaklik Afrikaans, maar ook in Nederlands, en in ’n baie mindere mate in Engels en Xhosa.

Te midde van die atrofie van ernstige, gebalanseerde menings wêreldwyd en, wat taal in Suid-Afrika betref, die inkrimping van hoërfunksie-Afrikaans op verskeie lewensterreine, wil LitNet ’n tuiste bied vir diegene wat belangstel in aktualiteit en kritiese denke. Aandag word egter ook gegee aan leefstyl, soos musiek, reis, teater, goeie wyn en die kookkuns. Ook nuwe belletrie word gepubliseer.

covered-wagon-1.jpg

Alternatiewe Afrikaans Musiek en Khuns Kollektief.

Afrikalt is meer as net ’n onafhanklike Afrikaanse platemaatskappy – ons is ’n beweging wat daarop gemik is om die landskap van Afrikaanse musiek te herdefinieer. Gestig deur passievolle musiekliefhebbers, is ons missie om oorspronklike talent te ontdek, te ondersteun en ’n platform te skep waar kunstenaars hul unieke klanke kan uitdruk en met gehore kan deel.Afrikalt spesialiseer in alternatiewe musiekstyle wat buite die hoofstroom lê, van rock, punk en blues tot akoestiese en elektroniese klanke. Ons verstaan dat musiek meer is as net vermaak – dit is ’n vorm van kuns wat grense oorsteek en diep verbindings skep. Daarom werk ons nou saam met kunstenaars wat nie net talentvol is nie, maar ook bereid is om hul kreatiwiteit en dapperheid ten volle uit te leef.

dance-4.webp

Radio Kalahari Orkes

Die Radio Kalahari Orkes (soms afgekort RKO) is ‘n Suid-Afrikaanse musiekgroep, wat Afrikaanse Boeremusiek verwerk en op ʼn eksentrieke en unieke wyse weergee met instrumente soos ʼn blikkitaar (ramkie), mondfluitjie, banjo, viool, trekklavier en mandolien.

In 2005 het die joernalis en skrywer, Rian Malan, begin om navorsing te doen oor die 1930 Afrikaner-rebelmusikant, David de Lange, wat Amerikaanse jazzmusiek vertaal het na Afrikaans. Radio Kalahari Orkes se fondasie is geskoei op hierdie navorsing en het verder uitgevloei en het meer genres betrek in hul klank.

boere music instrument8.jpg

AFRIKAANS IS ONS

  1. Ons vier met dankbaarheid en vreugde die bestaan van Afrikaans as amptelike landstaal oor die afgelope 100 jaar.

  2. Ons doen dit as ’n groep mense wat almal lief is vir Afrikaans en belangstel in die Afrikaanse leefwêreld: Afrikaanse organisasies en instellings, skole, die media, asook tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans.

  3. Ons erken die feit dat Afrikaans ’n diverse taal is met ’n diverse herkoms en dat dit deur mense van alle rasse, etniese en kultuurgroepe gepraat en gebruik word. Ons beskou dit ook as ’n inklusiewe en vriendelike taal en daarom sal ons dit verwelkom as die feesveldtog deur soveel as moontlik mense, gemeenskappe en organisasies ondersteun en gevier sal word.

  4. Ons is daarvan oortuig dat Afrikaans toekomsgerig is en bly groei; daarom vier ons Afrikaans se konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap, en moedig ons gesprek aan.

  5. Deur hierdie feesveldtog wil ons ’n gekoördineerde poging aanwend om die mylpaal van een honderd jaar met positiewe sentimente te vier en die waarde van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ten toon te stel.

  6. Tydens hierdie feesveldtog sal ons graag wil sien dat Afrikaans se bydraes op talle gebiede gevier word, soos die kunste, literatuur, drama, poësie, onderwys, musiek (lig en klassiek), akademiese navorsing en woordeboeke (om maar ’n paar te noem). Daarom nooi ons alle organisasies om hieraan deel te neem.

  7. Almal wat belangstel om hierdie groot mylpaal van Afrikaans te vier, kry toegang tot ’n eenvormige, positiewe feesveldtog en -identiteit in die vorm van ’n logo wat saam met die instansie se eie korporatiewe identiteit gebruik kan word.

dance-2.jpg
bottom of page