top of page
Camping in the Wilderness

Welkom by Lekker Kampplekke

LIMPOPO WEGBREEK

Waar kry ‘n mens ‘n verskeidenheid wat strek van die Groot 5, bergreekse mooier as enige skildery, kulturele nalatingskap en geskiedenis soos nerens anders te siene nie? Die noordelikste provinsie van Suid-Afrika, Limpopo bied al hierdie en nog meer.

Camping
Cooking Outdoors

DINKWENG SAFARI CAMP (VAALWATER)

Dinkweng Safari Camp is slegs 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Dinkweng Safari Camp bied luukse verblyf in 'n keuse van 3 en-suite slaapkamer selfsorg-eenhede.  Elke eenheid het ruimte en privaatheid. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan sit- en eetkamer sowel as 'n platskerm-TV wat sekere DStv-kanale opvang, asook 'n DVD-speler vir u gebruik. Ontspan buite in jou eie plonspoel met braai-area en 'n dek wat oor die vallei met sy ongelooflike Afrika-sonsondergange uitkyk. Die eenhede word daagliks gediens. Dinkweng is die plek om te ontspan en die natuur te geniet, daarom word harde musiek nie toegelaat nie. Gaste is welkom om in die kamp te stap en sal verskeie diere soos zebras, koedoes, nyalas, waterbokke, elande, kameelperde en rooibokke sien. Gaste kan hul bergfietse saambring of sommer een by die kantoor huur.

​

www.dinkweng.co.za | Email: info@dinkweng.co.za | Tel: 014 755 4921

​

​​

​

​

MBIZI GAME LODGE AND SPA (BELA BELA)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!

 

www.mbizi.co.za | Email: booking1@mbizi.co.za | Tel: 071 609 9799

Camping in the Wilderness

PALALA BOUTIQUE GAME LODGE (GROBLERSBRUG)

Die prentjiemooi Palala Boutique Game Lodge & Spa, slegs ‘n uur noord van Lephalale, is enige vakansieganger se droom. ‘n Kaleidoskoop van aktiwiteite beloof om jou goed besig te hou, of jy nou opsoek is na ‘n avontuur- of ‘n rus vakansie. ‘n Oneindigende mengsel van asemrowende uitsigte,  terwyl jy in die swembad ‘n kelkie geniet, die alles met die gebrul van leeus in die Afrika bos. Verder bied Palala wildsritte wat deur professionele gidse gekoordineer word, staproetes en visvang op die oewer van die magtige Limpopo rivier. Verblyf is ontwerp met slegs een doel voor oë: luuksheid. Soliede hout meubels word afgerond deur ingevoerde linne, ruim badkamers en alleenstaande baddens. Palala is toegerus vir paartjies se groot dag, konferensies en spa, perfek vir enige droom vakansie. 

 

www.palala.co.za | Email: reservations@palala.co.za | Tel: 079 885 1273

LOEBIES GASTE PLAAS (BELA BELA) LIMPOPO

Al ooit die koning van die oerwoud hoor brul? By Loebies Gaste Plaas sal jy beslis die ervaring kan geniet! ‘n Roofdier plaas wat jy saam jou familie die geleentheid bied om meer te leer oor ons pragtige land se unieke roof diere. Loebies Gaste Plaas is slegs 20 minute vanaf Bela-Bela. Ideal vir ‘n vinnige ontsnap vanuit die besige gekreun van die stad, hetsy dit vir romanse is, of vir ‘n bosveld vuur wat kraak geluide laat onstsnap. Verblyf geriewe het verskeie opsies om van te kies, van ‘n Leeu huis tot ‘n Dam huis. Of jy nou wil roei op die dam en of jy op toer tussen die roofdiere wil wandel, of jy wil ontspan of herlaai-watokal die keuse, dit is beslis hoe jy sal wegry.

 

www.loebies.com | Email: loebies@mtnloaded.co.za

Camper Outside a Tent

LOSKOPDAM (MIDDELBURG) MPUMALANGA

As dit by keuses kom bied Loskopdam jou genoeg van alles – van verblyf, swembaddens, vermaak en kos tot aktiwiteite, sport en die natuur. Loskopdam is ‘n Forever Resort wat bekend is vir onver-geetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Met verblyf opsies wat houthuise, chalets, familiehuise en kampeerplek insluit is daar regtig iets vir almal se doel en begroting. Kinders sal nooit verveeld wees nie – daar is ‘n minigholfbaan, ‘n tennisbaan, verskeie klimrame, swaaie, swem-baddens, pooltafel en bootritte. As jy daarvan hou om op die oewer van ‘n dam saligheid te vind, gaan jy mal wees oor die opsies by Loskopdam. Gaste kan naby die dam kampeer op staanplekke toegerus met krag om tot laataand ‘n vissie te kan vang. Loskopdam is slegs twee-en-‘n-half ure se ry van Johannesburg af wat die ligging ideaal maak vir ‘n heerlike wegbreek.

 

www.foreverloskopdam.co.za | Email: loskopdam@foreversa.co.za | Tel: 013 262 3075

TINYIKO KRUGER LODGE (MARLOTH PARK)

Is 'n wegbreek na Afrika se bosveld iets waarna jy smag? Wou jy nog altyd Marloth Park besoek? Marloth Park is 'n unieke bewaringsgebied wat ‘n tuiste bied aan talle wild- en voëlspesies. Gaste kan 'n persoonlike ontmoeting met natuur geniet terwyl luuksheid steeds die oorheersende faktor is. Tinyiko spog met sewe dubbelkamers om van te kies, almal met en-suite badkamers, toegerus met ‘n TV asook DSTV. ’n Heerlike ontbyt is ingesluit in die prys. Voëlkyk, pieknieks, wild stap-toere, fietsry roetes en wildsritte langs die Krokodil Rivier is slegs ‘n paar van vele aktiwiteite wat Tinyiko bied. Verder is daar dag-ekskursies na Swaziland, Mosambiek en perd safari’s in die naby-geleë omgewing om van te kies. Tinyiko Kruger Lodge is ideaal vir paartjies wat wil wegkom van die stad se gedruis, families wat Afrika se gesogte wild in hulle natuurlike habitat wil ervaar of 'n groep vriende wat gesellig saam wil kuier en die buitelug en natuur wil geniet.

 

 

tinyikokrugerlodge.co.za | Email: reservations@tinyikokrugerlodge.co.za | Tel: 010 786 0079

Cozy Glamping Tent

KLOPPENHEIM COUNTRY ESTATS (DULLSTROOM)

Landelike luuksheid net buite Dullstroom – dis wat Gooderson Kloppenheim Country Hotel aan al sy gaste bied. Die Hooglandse Meander se mooi landskap laat gaste toe om beide te ontspan en asem te skep. Of jy nou ‘n konferensie wil hou, wil trou, ‘n romantiese ete geniet of ‘n familiefees – hier is iets vir almal. Selfs die wat daarvan hou om aktief te wees sal Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ses foreldamme, staproetes, bergfietsroetes, vlugbal en boogskut geniet. As jy meer die tipe is wat daarvan hou om so min as moontlik te doen, is ‘n luilekker dag langs die swembad of ‘n sessie by die spa net die ding vir jou. Daar is drie verskillende verblyfopsies om van te kies, waarvan een ‘n selfsorg opsie is. Die restaurant bedien smullekker disse en die kroeg is ideaal vir ‘n knertsie na ete. Die hele hotel is stylvol gemeubileer en toegerus met bekostigbare luukshede. 

 

www.goodersonleisure.co.za/Kloppenheim/ | Email: klopres@gooderson.co.za | Tel: 013 2569148

NIRVANA GUEST HOUSE (NELSPRUIT)

Smag jy na ‘n blaaskans waar jy van die stad se raas en gebeure kan ontsnap? Dan is Nirvana Gastehuis net buite Nelspruit die antwoord. Die ligging self is iets besonders, die Laeveld se prentjiemooi natuur word ten volle benut en die gastehuis kyk uit op die wêreldbekende Chimp Eden. Die verblyf is luuks en stylvol gedoen in ‘n elegante Noord-Afrika tema. Daar is 13 suites om van te kies en die opsies sal vir almal van enkel-reisigers en paartjies, tot groepe of families werk. As jy ‘n unieke venue vir jou troue soek, kan jy maar gerus wees dat Nirvana Gastehuis jou en jou gaste op hul hande sal dra. Die kamers, asook die sprankelende swembad en tennisbaan is ideaal vir trougaste om oor te bly en ‘n hele naweek daarvan te maak. Nirvana Gastehuis is uniek en dis maklik om te sien hoekom dit so gewild is. Kom skop jou skoene uit en vergeet van die stad se lawaai want by Nirvana Gastehuis is ontspan aan die orde van die dag.

 

www.nirvanaguesthouse.co.za | Email: info@nirvanaguesthouse.co.za | Tel: 073 670 6643

Camping in the Wilderness

FOREST CREEK LODGE AND SPA (DULLSTROOM)

Forest Creek Lodge is elke natuurliefhebber se droombestemming. Oud of jonk, gesin of pas-getroud sal hier ’n betowerende wegbreek vind wat alles bied van staproetes, perdry en nabye besienswaardighede soos God’s Window, Sabie en die Nasionale Krugerwildtuin, tot sterrekyk,  spabederf, piekniek in die woud of bad in die bos. Jy kan kies uit verkwikkende verblyf in een van vyf luukse suites of vier selfsorgeenhede. Die Luxury suites bied opsies van afgesonderde private hoekies in die bos met koningsgrootte beddens en buitelugstorte tot kaggels in jou kamer en ’n bad groot genoeg vir twee! In al die kamers wag kraakvars linne, en ’n asemrowende uitsig vir jou. Die selfsorgeenhede bied ’n verskeidenheid slaapopsies perfek vir paartjies, gesinne of ’n naweek saam met vriende. 

 

www.forestcreek.co.za | Email: forestcreek@lando.co.za | Tel: 073 256 4478

KWA MADWALA (HECTORSPRUIT) MPUMALANGA

Die wonderskoon van bosveld en Afrika-horison wink by hierdie 2000 ha ongerepte stukkie paradys, aangrensend tot die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin. Kwa Madwala Private Game Reserve se verskillende kampe bied iets vir elke smaak en hier kan jy safaristyl te voet of te perd ervaar, vanaf die rug van ’n olifant die wêreld aanskou of selfs in ’n microlight jou vlerke sprei! Die Elephant Camp bied ’n sakpas opsie vir skoolgroepe of spanbou, terwyl die Manyatta Rock Camp 27 en suite chalets het wat so perfek met die natuurlike klip inpas dat jy dalk twee keer gaan moet kyk om jou kamer te vind! Ses van die kamers is spesifiek ingerig vir gesinne en ‘n luukse suite op die koppie bied ’n asemrowende uitsig vir jou wittebrood. 

 

www.kwamadwala.net | Email: res@kwamadwala.co.za | Tel: 013 790 4214

Campfire
Cooking Outdoors

ROYALE MARLOTHI SAFARI (MARLOTH PARK)

Royale Marlothi Safari Lodge lê in die hartjie van Marloth Park op die rand van die Krugerwildtuin. Die vrede en rustigheid van dié Bosveldlandskap met sy eiesoortige bekoring laat ‘n moeë gas behoorlik ontspan en behaaglik agteroorsit om laatmiddag die loom sonsondergange in te drink. Hier loop diere vry en gaste kan hul asems inhou vir ‘n persoonlike ontmoeting met sebras, koedoes, kameelperde, vlakvarke, rooibokke en wildebeeste – veral as hul die plaas te voet verken! Akkommodasie sluit in pragtig gemeubileerde chalets, luukse kamers en ‘n drie-slaapkamergastehuis wat 26 volwassenes en 8 kinders huisves. Elke chalet het sy eie dek, plonspoel en braai-area waar gaste die ene hoendervleis kan luister hoe die leeus in die Wildtuin brul.

 

www.royale-marlothi.co.za | Email: res@royale-marlothi.co.za | Tel: 010 786 0078

LIGNA LODGE (SABIE)

Ligna Lodge is geleë in die Sabie vallei aan die oewer van die Sabie rivier en is omring deur die asemrowende Drakensberg reeks.  Ligna bied bekostigbare akkommodasie en beskik oor selfsorg kothuise, luukse rivier suites en hotelkamers. Vriendelike personeel is altyd gereed om u te ontvang. Geniet heerlike etes by die restaurant, langs die swembad of reel ‘n piekniek mandjie en ontspan in die natuurskoon langs die Sabie rivier. Gaste het toegang tot bergfiets en wandel roetes in die nabye woude, magiese watervalle en vele meer. Slegs 65 km vanaf die Phabeni-hek in die Kruger Nasionale Park maak Ligna Lodge die perfekte plek vir u volgende wegbreek naweek of vakansie.

 

www.lignalodge.co.za | Email: guestservices@york.co.za | Tel: 013 764 9255

SWADINI A FOREVER RESORT (HOEDSPRUIT)

Swadini is 'n Forever-oord wat sowat 35 km vanaf Hoedspruit in Mpumalanga en slegs 75 km vanaf die Orpen-hek van die Krugerwildtuin geleë is. Hier, tussen die Blyderivier-natuurreservaat en die dramatiese pieke van die Drakensberge, kan gaste op die oewer van die onsagwekkende Blyderivier ontspan.'n Wegbreek na Swadini bied jou die geleentheid om eksklusiewe bootuitstappies op die Blydedam te geniet, seekoeie en krokodille van naderby te besigtig en die bekende Tufa-waterval te besoek. Die Bourke's Luck Potholes, Pinnacle en Mac-Mac watervalle en God's Window is ook binne trefafstand. Geniet jou wegkomkans in jou luukse woning of gee uiting aan jou avontuurlustige kant met 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite. 

 

www.foreverswadini.co.za | Email: swadinifom@foreversa.co.za | Tel: 015 795 5141

Trailer Park
Camping in the Woods

Sabie River Camp

Tents on Stilts: Share ablution and Kitchens with other guests, Need own utensils, cutlery and towels. Bedding is provided. Sleep max 4 people. [Double bed and Bunker bed] = 12 units

Safari En-Suite tent: Private Bathroom and kitchen with utensils, cutlery and bedding provided. Need own towels. Sleep max 6 people [2 x 3/4 Beds and 2 x Bunker beds] = 8 units

Safari En-Suite tent: Private Bathroom and kitchen with utensils, cutlery and bedding provided. Need own towels. Sleep max 6 people [Double bed and 2 x Bunker beds] = 7 units

Yacht View

This home is in the most sought after street in Schoemansville (Karel Street). This is a break away from city life. Come talk to your children and your husband and wife. Leave the tv’s in the city and rather bbq together. However, if you do need something to keep you or your kids busy with, we do have FREE UNLIMITED WIFI. The property boasts a large entrance hall which has a high volume ceiling, allowing endless possibilities to invite the guests into either the house with the best view in town. The luxury rooms, have sliding doors opening onto a veranda, which overlooks the well-kept garden and swimming pool.

Advertise

Advertise

Wow wat n lekker rustige kampplek. Klein genoeg dat jy nie vertrap word nie. Veilig genoeg dat jou kids rustig kan rond hardloop terwyl jy verlore slaap inhaal. Eienaars is daagliks betrokke en sorg dat jy optimaal ontspan en wat jou onmiddellik tuis laat voel! Die bar/ kuierplekkie is heerlik waar jy lekker kan afkoel saam kuier en nuwe vriendskappe maak!! Netjiese ablusie geriewe en baie netjiese kampeerarea Beveel dit beslis aan vir ten minste 1 keer n maand! ~ Antoinette Kok Oosthuizen, Pretoria 

Ons was die gelukkiges om die heel eerste besoekers te wees. Watter wonderlike ervaring om die plek te kon besoek met die heel eerste kamp naweek. Grand opening Ons was die heel naweek op ons hande gedra. Van rondry in die veld, speeletjies speel ,swem,lekker kuier by die kroeg en vermaak deur twee pragtige dogters van Frank en Alicia. Niks vir hulle is te veel nie. Enige voorstelle en aan bevelings word verorber. Julle gesin gaan met passie in vir dit wat julle doen. Sien julle een van die dae weer.  Rust Oord is werklik n wegbreek naweek werd want hier kry jy nog mense wat omgee. Geluk aan julle en hou so aan. ~ Otto Raap, Pretoria 

Hierdie plekkie is beslis n wenresep vir enige iemand wat di natuur geniet. Heerlik en rustig.  Staanplekke is lekkr groot kan gemaklik jou karavaan intrek... Heerlik gekuier. Natuur is pragtig en wildsbokkies wat jou verras as jy dit die minste verwag. Aande met skemer so mooi met veraf geroep van jakalse en leeus wat brul. Pragtige skoon rusoord in die ware sin van di woord. Bederf jouself met n wegbreek waar die stilte en di natuur jo hartsnare raak  Moet dit nie mis nie... ~ Valerie Lombard, Meyerton 

Ons het baie lekker gekamp by Rust Oord in die hartjie van die Bosveld.  Lekker skoon geriewe en baie rustig.  Dankie Frank en Alicia.  Julle sien ons verseker weer. ~ Antonie Janse van Rensburg, Pretoria 

Wow.... What a wonderful place. Peaceful, relaxing and you are surrounded by bush and the roar of the lions at night. Their facility is clean and top notch... Your hospitality is amazing. We enjoyed our weekend with you Rust Oord. Thank you Alicia for you and your family.  ~  Natashia Claassen, Kempton Park 

Heerlike gekuier by Rustoord in Brits die naweek. Was baie rustig en net die diere se geluide om jou sielsrus te herstel. N definitiewe skat weggesteek in die bos.  ~ Amelia Young, Johannesburg 

Mooiste natuur wegbreek. Hierdie Rust Oord bring die kalmte in my soos ek dit soek. Die ablusie geriewe is netjies ten alle tye net so is die hele oord. Frank en Alicia julle mag maar onthaal. Julle is top gashere met soveel vriendelikeheid, omgee en liefde het julle hierdie Rust Oord aangepak en julle passie vir ons as kampeerders en julle plekkie sal mense nog toue staan en wag vir 'n spasie by julle. Ek beveel julle aan vir enige iemand wat lekker wil wegbreek in julle mooie bosveld oord.  ~ Marina Marx, Brits 

'n Diamant in die hart van die bosveld. Kampeer plek is groot, netjiese mooi ablusie blokke, kids wat die parkie lekker geniet so by die swembad en die lekkerste kuier plek in die bar wat ek al ooit in gekuier het. Die eienaars het baie ingesit in 'n kort tyd en weet dat die oord 'n reuse sukses voorentoe gaan wees. As ek 'n Miljoen sterre kon gee vir die plek het ek met geen twyfel nie  ~ Ben Senekal, Kaapstad

Grilled Fish
RV in Dessert

By die See

Morgan Bay Caravan Park

Morganbaai is omring deur ’n lang ongerepte strand, asemrowende kranse en hope doendinge vir besoekers. Morgan Bay Caravan Park lê op die Inchara-strandmeer se oewer en hiér kan jy onder ’n skaduboom kamp opslaan met die strand op jou voorstoep. Jy kan selfs jou kano saambring en hom sommer voor jou staanplek vasmeer!

 

Al die staanplekke het kragpunte, piekniektafels en braaigeriewe, sowel as toegang tot ablusiegeriewe. Daar is ook muntwasmasjiene en -tuimeldroërs. Maak seker jy bespreek een van die 14 staanplekke op die oewer!

  

Monks Holiday Chalets and Caravan Park

Dié karavaanpark aan die oewer van die Knysna-strandmeer het oorgenoeg koelte en hope doendinge vir oud en jonk. Jy kan lekker in die strandmeer afkoel, visvang, al langs die water stap, of sommer net voor jou karavaan op die gras ontspan. Monks is ook lekker naby die middedorp geleë, so jy hoef nie ver te ry om inkopies te doen nie.

 

Elke staanplek het ’n kragpunt en braaigeriewe, sowel as toegang tot die ablusiegeriewe. Daar is ook 4 karavane permanente karavane vir diegene wat nie hul eie huisie op wiele het nie.

  

Rocky Bay Resorts Caravan Park

Lieflike somers, matige winters en ’n perfekte ligging tussen goue strande, inheemse woude en golwende heuwels maak Rocky Bay Resorts regdeur die jaar die ideale vakansiebestemming! Die staanplekke is so te sê óp die strand geleë, so jy is verseker van ’n lieflike seebriesie én ’n uitstekende uitsig.

 

Die staanplekke het almal kragpunte en toegang tot die ablusiegeriewe. Daar is ook ’n muntwassery, ’n swembad en ’n vermaakkamer met ’n TV en ’n tafeltennisblad vir die kinders.

  

Yellowwood Forest

Yellowwood Forest is in Morganbaai aan die Wildekus geleë en net 1,5 km van die strand af. Jy kan die staproetes in die woud verken, visvang in die Morganbaai-dam of sommer net die merkwaardige voëllewe dophou. Daar is ook ’n teetuin, restaurant en kroeg op die perseel, sowel as ’n mark elke Saterdag waar vars groente, tuisgemaakte smulhappies en ander lekkernye verkoop word.

 

Daar is ’n verskeidenheid skaduryke-kampeerplekke om van te kies. As jy op soek is na rus en vrede stel ons voor jy slaan ver van die ingang af kamp op, maar as jy die kleingoed saambring, sal dit wys wees om naby die speelgrond uit te span. Daar is braaigeriewe en ’n paar waterpunte, maar weet net dat daar tog staanplekke is wat nie kragpunte het nie.

  

 

Camping Tent View
Camper Outside a Tent

In die Bosveld

Umdobi Bush Camp

Umbodi Bush Camp lê in die bosveld in die hartjie van Zoeloeland. Dié boskamp is troeteldiervriendelik, so jy kan lekker saam met Wagter in die skaduwee langs die swembad ontspan. Sodwanabaai is ook net ’n kort entjie agter die stuur ver, so jy kan heeldag visvang, duik, swem of net op die strand ontspan voor jy die vuurtjie by die kamp kom aansteek.

 

Elke staanplek is eweredig tussen die skadubome versprei en in die bos versteek wat dit lekker privaat maak. ’n Kragopwekker sorg vir elektrisiteit by die staanplekke en daar is ook braai- en ablusiegeriewe.

  

Peppertree Lodge Caravan and Camping Site

Dié uiters netjiese en groen karavaanpark is net buite Bela-Bela geleë. Daar is ’n swembad, plonspoel, vlugbalbaan, netbalbaan én ’n speelparkie, so die kinders sal nie sommer hiér verveeld raak nie. Indien hulle wel uitgekuier raak, kan hulle ook lekker gaan stap, wildkyk, perdry of Zipline.

 

Die karavaanpark het staanplek vir 20 karavane, sowel as ablusiegeriewe met baddens en storte, braaigeriewe, kragpunte en waterpunte.

  

Moriti Bush Camp

Verbeel jou jy maak jou karavaan staan tussen hoë bosbome met groot vuurmaakplekke en net die rustige water van die Limpopo-rivier wat die stilte versteur … Maak jou dan gereed vir ’n egte bos-ervaring, want dís presies wat Moriti Bush Camp bied! Dié privaat boskamp is ideaal vir diegene wat die stadsgedruis wil vergeet en op soek is na ’n magiese avontuur in die bos. Moenie jou visstok by die huis vergeet nie!

 

Daar is 2 staanplekke ─ een met ’n kragpunt en een sonder ’n kragpunt, sowel as braaigeriewe en ablusiegeriewe.

  

Rossouwspoort Camping & 4×4 Trails

Rossouwspoort is net 10 km vanaf Thabazimbi in Limpopo geleë en dis perfek vir karavaankampeerders wat op soek is na ’n wegbreek met sommer ’n hele rits doendinge op die perseel. Hiér kan julle grotte verken, plaasdiere met die hand voer, 4×4-roetes aandurf, in die swembad baljaar, en nog baie meer.

 

Geriewe op die kampeerterrein sluit braaigeriewe, sentrale waterpunte en piekniektafels in. Elektrisiteit kan op versoek voorsien word, tensy jy aan die berg se kant kamp opslaan.

 

Langs die Rivier

Gourits River Eco-Camping

Dié eko-kampeerplek is aan die oewer van die Gouritsrivier geleë, net sowat 16 km van Albertinia af. Met die rivier só op jou voorstoep is daar ’n hele rits doendinge om van te kies — gaan stap al langs die rivier, vang vis, vaar op die rivier met jou kano, hou die voëls dop, swem, of verken die omgewing op ’n vierwielmotorfiets.

 

Daar is 3 kampeerplekke en gemeenskaplike ablusiegeriewe met storte, wasbakke en toilette. Nadat jy heeldag in die rivier baljaar het, kan jy ’n vleisie oor die kole gooi by die gemeenskaplike braaigeriewe. Let wel: Net ’n paar van die kampeerplekke het kragpunte.

 

Karnmelkspruit River Resort

Dié oord aan die oewer van die pragtige Karnmelkspruitrivier is ’n fantastiese vakansiebestemming vir natuurliefhebbers. Gaste kan lekker in die rivier swem en al die wandelpaadjies verken. Daar is ook ’n asemrowende kloof, ’n aasvoëlreservaat en ’n historiese treintonnel wat beslis die besoek werd is.

 

Dié kampeerplek het 25 staanplekke tussen die bome en struike op die randjie van die rivier. Die staanplekke het nie elektrisiteit nie, maar daar is wel ablusiegeriewe met warm water en ’n lapa met braaigeriewe.

 

The Growcery Camp

Kom kamp aan die oewer van die Oranjerivier, kuier om die kampvuur, en hou piekniek terwyl die son oor die rivier sak. The Growcery Camp is in Vioolsdrif in die Nababeep Bewarea geleë ─ ’n rustige omgewing met ’n uitsig op die omliggende kranse en oor die langste rivier in Suid-Afrika.

 

Daar is 3 staanplekke met plek vir 6 kampeerders en 7 staanplekke met plek vir 16 kampeerders. Gemeenskaplike ablusiegeriewe is beskikbaar. Elke staanplek het ’n onderdak-area met ’n toonbank, wasbak, kragpunt, asblik en braaigeriewe.

 

Middelvlei Camping

As jy jouself as ’n bobaas-hengelaar beskou, moet jy beslis by Middelvlei Camping kom afsaal. By dié kampeerterrein aan die oewer van die pragtige Asrivier kan jy baars- en forelhengel, sowel as bergfietsry, voetslaan en voëlkyk. Verder is dit ook net 38 km van die Golden Gate Hoogland Nasionale Park af wat beslis die besoek werd is!

 

Daar is 30 kampeerplekke met kragpunte en gemeenskaplike ablusiegeriewe met storte en toilette.

  

In die Karoo

Gemsbokfontein 4X4 en Kampterrein

Gemsbokfontein is omring deur berge en in ’n diep kloof tussen die Roggeveldberge geleë. Dis die ideale wegbreek vir ’n groep 4×4-entoesiaste wat mal is oor die unieke natuurskoon van die Karoo. Dié kampeerterrein is in die Moordenaarskaroo geleë, maar moenie dat dit jou afskrik nie ─ dis die ideale plek om te kom voetslaan, bergklim of om een van die 4×4-roetes aan te durf voordat jy saans onder die sterre om die kampvuur kuier.

 

Daar is 10 staanplekke, 2 spoeltoilette en braaigeriewe. Let asseblief daarop dat die kamp slegs met ’n 4×4-voertuig en -karavaan bereik kan word.

  

Sterland Kampering

Sterland Kampering is ’n lieflike kampeerterrein wat deur populierbome omring word en net 1 km buite Sutherland geleë is. Saans tussen 20:00 en 22:00 vertel jou gasheer, Jurg, jou van die sterre, voordat hy julle na sy teleskope neem. Doen jouself ’n guns en maak ’n draai by die die NP van Wyk Louw-museum, verken Oubergpas se skilderagtige roete en besoek natuurlik die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond.

 

Elke staanplek beskik oor ’n elektriese kragpunt en braaigeriewe. Daar is drie gemeenskaplike waterpunte, sowel as ablusiegriewe met elektriese geisers, opwasgeriewe en ’n wasgoedlyn. As die wind ’n bietjie lastig is, kan julle in die gemeenskaplike boma, Muisbos, om die vuur gaan kuier.

  

Taaiboskraal Boskampe

Taaiboskraal Boskampe lê op ’n stil plaas in die hartjie van die Kamiesberge in Namakwaland. Hiér is verskeie doendinge wat die hele gesin sal besig hou, soos voetslaan, bergfietsry en voëlkyk op die plaas, of ’n verkenningstog deur die Goegap Natuurreservaat, die Namakwa 4×4-roete, of die blomroete.

 

Daar is 4 aparte kampeerterreine wat onderskeidelik 2, 4, 6 en 10 staanplekke het. Elke staanplek het ’n spoeltoilet en sy eie boma. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe het storte en is by die plaashuis geleë, sowat 1 km van die kampeerterrein af.

  

Spitskop Veldkamp

Dié basiese kampeerterrein is op ’n plaas langs die R62 net buite Oudtshoorn geleë. As jy lief is vir die veld, op soek is na rustigheid en jouself as ’n geharde kampeerder beskou, is dié kampeerplek ideaal vir jou! Wild loop vrylik op dié 230 hektaar-plaas rond, so hou saans jou ore oop vir ’n jakkals se geroep.

 

Hier is slegs ’n spoeltoilet en braaiplek. Jy moet jou eie kooktoebehore, kamptoerusting en water saambring want daar is nie lopende water by die kampeerplek nie. Wenk: Hou die Karoo se temperature in gedagte en maak voorsiening vir warm en koel weer.

  

Tussen die Berge

Mount Ceder

Mount Ceder in die Sederberge is omring deur ru en dramatiese berge. Die rivier is net ’n  entjie se stap ver, so bedags kan jy die rivier in ’n kano verken, stap, voëlkyk en swem, en saans kan jy die sonsondergang vanuit jou kampstoel bewonder.

 

Die drie kampplekke is lekker ver van mekaar af om jou privaatheid te verseker. Elke kampplek het sy eie ablusiegeriewe, ’n kombuisarea en braaigeriewe. Daar is nie elektrisiteit nie, maar wel gas en sonkrag.

  

Nature’s View

Dié kampeerterrein aan die voet van die Sederberge lê op die Olifantsrivier se oewer en bied tientalle doendinge soos voetslaan, swem, kajakvaart, visvang, boogskiet, verfbal en voëlkyk.

 

Daar is 20 staanplekke met kragpunte, braaigeriewe en ruim ablusiegeriewe, sowel as ’n swembad, kroeg en ’n speelparkie vir die kleinspan.

  

Bosrivier Campsite

Bosrivier is ook aan die voet van die Sederberge 7 km buite Citrusdal geleë en bied lekker rustige kampplek met net die geritsel van die blare en gekabbel van die water wat die stilte versteur. Die kampterrein het gemeenskaplike braaigeriewe langs die bergstroom waar julle in die swemgate kan baljaar en op die gras in die skadu kan uitspan.

 

Daar is 5 kampplekke wat elkeen plek vir 6 kampeerders bied. Elke staanplek het sy eie ablusiegeriewe, braaigeriewe en afdakkie met ’n wasbak, asblik en kragpunt.

  

Towerkraaltjie

Towerkraaltjie skuil aan die voorheuwels van Towerkop in die Dwarsriviervallei en bied ’n ontspanne atmosfeer en pragtige uitsigte op die Klein Swartberg vanaf jou kampstoel. Van hiér af kan julle die pragtige Hoekovallei, die Seweweekspoort, die Anysberg Natuurreservaat, verskeie voetslaanroetes en die 2 plaaslike kaasfabrieke besoek.

 

Die staanplekke beskik elkeen oor kragpunte, waterpunte, skadubome en draagbare braaigeriewe. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe is volledig toegerus, en daar is ’n wasgoedlyn en ’n opwaskamer vir skottelgoed en wasgoed.

  

Daar het jy dit! Met dié rits karvaankampeerplekke het jy nie meer ’n verskoning nie ─ begin sommer vandag aan julle volgende vakansie op wiele beplan.

bottom of page