










Hoofradiostasie-afskakeling
Radio SAM Broadcasting Studio Germany


KINDERS PRET
WAT DOEN ONS?
Ons fokus daarop om opvoedkundige videos te skep vir kleuters en jong skoolgaande kinders wat hulle sal geniet! Die visie is om hierdie materiaal gratis vry te stel en gratis te hou. Nie almal het die tyd om ure lank op die internet te soek na hulpmiddels nie en daarom wil ons graag alles op een webwerf vrystel om ander mammas en onderwysers ook te help. Ons glo daarin dat kinders die beste leer as hulle pret het. Videos kan ook meer as een keer gekyk word en die ou gesegde “herhaling is vaslegging” seëvier hier!
WAAR KAN JY ONS KRY?
Ons laai al ons videos op youtube en die meeste daarvan ook op Facebook. Ons vra geen donasies of fooie om die materiaal te gebruik nie. Al versoek wat ons het is dat jy ons youtube kanaal sal volg (volg die skakel hieronder) en dat jy dit sal deel met ander ouers of onderwysers wat moontlik mag baatvind by die materiaal wat ons skep.
Laai die Powerpoint hier af
Gebruik die aanbieding saam met
Laai die storie in pdf hier af
Gebruik die storie saam met
Laai sigwoorde flitskaarte hier af
Gebruik die storie saam met
Paasfees doolhof
Gebruik die werkvel saam met
Vrugte aktiwiteit
Gebruik die werkvel saam met
Groente aktiwiteit
Gebruik die werkvel saam met





1 video
Leer Diere in Afrikaans
1 video
Sonnestelsel in Afrikaans
2 video's
Leer Teken Stap vir Stap
2 video's
Flitskaarte in Afrikaans
1 video
Sensoriese Ontwikkeling
1 video
Bollie Bondels
2 video's
Slaap Tyd Vir Kinders
4 video's
Musiek vir Kinders
1 video
Lekker Lag
2 video's
Vorms in Afrikaans
2 video's
Kleure in Afrikaans
2 video's
Nommers in Afrikaans
2 video's
Afrikaanse Stories
6 video's
Afrikaanse Rympies



AFRIKAANSE VIDEOS
VIR KINDERS
Ontdek ‘n reeks leersame temas soos getalle, letters, woorde, stories, rympies, musiek, die alfabet en vele meer.
Bollie bied ons ‘n wêreld vol kleur, pret en leer, alles in Afrikaans! Ons videos is perfek vir kleuters en jong kinders, met ‘n fokus op opvoedkundige inhoud wat kinders inspireer om te groei en te leer in Afrikaans. Ons videos is sorgvuldig ontwerp om jou kind te vermaak terwyl hulle lekker leer!
Lekker Afrikaanse videos vir kinders, saam met Bollie
Kyk na ‘n paar van ons gewildste Afrikaanse kindervideos wat kinders se verbeelding prikkel en hulle op ‘n lekker manier help leer. Van klassieke rympies en nuwe snaakse rympies tot opvoedkundige liedjies, slaaptyd videos en talle ou en nuwe stories, Bollie bied ‘n verskeidenheid inhoud wat perfek is vir kleuters en jong kinders. Ontdek die vreugde van leer in Afrikaans en teken in om die nuutste avonture van Bollie eerste te sien!
​





Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes
Ons keuse van die Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes op die internet, gepak met pret- en leersame aktiwiteite, skoolhulp, stories, musiek- selfs klere en partytjie-idees!
​
https://www.thecraftycrow.net/preschoolers/
​
​

