










Hoofradiostasie-afskakeling
Radio SAM Broadcasting Studio Germany




BOERE RAAD
Tradisionele Suid Afrikaanse Boererate en Boerekos Resepte
Ek het al lankal gedink dat ons tradisionele resepte en veral
boererate meer toegangklik moet wees. Daar is nie veel boeke oor die
onderwerp nie en van die wat daar is is al lankal uit druk en nie meer
beskikbaar nie. Nie almal het toegang tot die internet nie en dis net
daar waar ek besluit dat dit nou hoog tyd is
dat dit ook as eBoek beskikbaar moet wees, en hier is die resultaat.
Ek het bymekaar gemaak en die tikwerk gedoen. Meeste
van die bydraes het deur navrae op my webwerf en in my nuusbriewe
gekom en ek sê groot dankie aan al die lesers en intekenare.

BoererateRaadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
Boererate
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
AAMBEI…Neem 'n paar blare hotnotsvye…kneus dit en sit dit op die aambeie.
AAMBEIE... 6 pakkies rhubarberpoeier
6 pakkies salpeter
1 pakkie epsomsout
2 bottels water. Kook alles saam tot 1 bottel oorbly. Drink 1 dessertlepel vol.
AAMBEIE…As jy kwaai ly aan aambeie wat baie pyn en brand dan moet jy 1 lepel
roumelk of roubies neem en 80 druppels harlemensies daarop drup en dit drink
en so bietjie gaan le. As jy daarby hardlywig is dan moet jy saans as jy gaan
slaap 1 dessertlepel bitter cascara drink. Indien nodig drink die volgende dag
7 druppels daarvan voor elke ete.
AAMBEIE…Eet baie rosyntjies…dit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.
AAMBEIE…Fars botter en di geel van di yer deurmakaar gebraai in 'n pan en
deur 'n doek gedruk, om mé te smeer.
AAMBEIE…Kattekruie op brandewyn getrek en saans 'n sopi drink is hylsaam
goed fer inwendige ambei, feral as dit di maag kwel, haarlemmeroli is ook goed
fer di lewer.
AAMBEIE…Maak ‘n salf van ‘n koekie blousel en ‘n botteltjie vaseline en smeer
aan.
AAMBEIE…Maal ‘n stukkie harpuis…die soort wat hulle gebruik om viool mee te
speel en alyn saam. Sodra dit fyn is en goed gemeng is dan sit jy so ‘n mespunt
vol op jou tong en sluk weg met water. Doen dit 2 keer per week en die
aambeie sal verdwyn.
AAMBEIE…Meng 1 blikkie stroop….1 teelepel blomswawel en 1 pakkie kremetart
baie goed saam. Meng baie goed en eet 3 maal per dag 1 eetlepelvol.
AAMBEIE…Meng 2 eetlepels rabarber…2 eetlepels suiker…2 eetlepel engelse
sout…en 1 botteltjie groenamara en voeg by 1 bottel brandewyn. Drink 3 maal
per dag 1 eetlepelvol.
AAMBEIE…Meng deurmekaar 1 blikkie versoete kondensemelk…1 botteltji
Boererate
harlemensies en 1 botteltjie balsemsulfuris. Maak seker dat dit baie goed
gemeng is. Gebruik 1 teelepelvol op jou nugtermaag en dan weer 1 teelepelvol
saans voor bedtyd.
AAMBEIE…Nadat jy gebad of gestort het…droog heel eerste jou hande goed af
sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die
aambeie verdwyn vinnig…en nadat dit verdwyn het…moet jy hierdie ritueel
aanhou doen…veral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit 'n
gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg
word sal jy nooit weer probleme met aambeie hê nie.
AAMBEIE…Neem 1 bottel klapperolie..nie te groot nie…2 Vitalis poeiers…en 2
Solaris poeiers en meng baie goed…maak die klapperolie effens warm sodat dit
makliker meng. Drink elke aand 1 teelepelvol.
AAMBEIE…Neem 1 bottel suiwer gliserien en 1 bottel olyfolie en meng baie
goed. Drink elke aand 1 dessertlepelvol.
AAMBEIE…Neem groenamara blare en sit in glas of erdekastrol en gooi 1 bottel
kookwater daaroor. Laat goed trek tot donkergroen en suig dan deur en gooi
die water in ‘n bottel en voeg 1 klein botteltjie lewensessens by en skud die
bottel goed om te meng. Drink elke more op jou nugtermaag ‘n goeie mondvol.
Dit is ‘n lakseermiddel…maar as dit te kwaai werk moet jy net die dosis verklein.
AAMBEIE…Neem so 1 of 2 maal per dag ‘n mespunt salpeter in 1 eetlepel melk.
AAMBEIE…Sit 10 druppels swawelbalsem in melk en drink 3 keer per dag….dit
werk gou en dan is die aambeie iets van die verlede.
AAMBEIE…Sit kattekruid in brandewyn en laat goed trek. Drink elke aand ‘n
kelkievol.
AAMBEIE…Soggens as jy was maak seker dat jy eers jou hande en dan jou gesig
afdroog.
AAMBEIE…Trek 1 eetlepel koljander in kookwater en drink soos tee 3 maal per
dag na etes ‘n kelkievol.
AAMBEIE…Trek rabarberbas in kookwater en dan kan jy 2 of 3 maal per dag
daarvan drink.
AAMBEIE…Trek tiemie soos tee en drink soggens en saans ‘n wynkelkievol.
Boererate
Maak seker dat jy baie groente eet…en gaan stap elke dag vir so ‘n half-uur.
AAMBEIE…Vat 4 pakkies engelse sout…1 pakkie kremetart…1 botteltjie rooi
poeier en 2 eetlepels suiker en meng goed deurmekaar. Sit ‘n houer met
skroefdeksel and maak dig toe. Sit elke oggend op jou nugtermaag ‘n
mespuntvol op jou tong en sluk weg met water.
AAMBEIE…Vir aambeie moet mens diep in die brandewynbottel….waarby ‘n
knertsie kattekruid gevoeg is… kyk… of jy kan 'n bietjie aansmeer as jy wil.
AAMBEIE…Voeg 5 druppels skoonteer op 1 eetlepel melk en drink dit elke aand
met slapenstyd.
AANSTEEKLIKE SIEKTES…Om te verhoed dat jou kinders die siektes optel…
moet jy gekneusde knoffelhuisies in ‘n sakkie sit en dit om die kind se nek hang…
of steek dit aan die kinders se klere vas.
AKNEE… As jy met aknee gepla is kan jy ‘n rooibostee-sakkie baie sterk laat
trek…en jou gesig soggens en saans daarmee was…of gebruik sommer stukkie
watte om die tee mee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek nie…
maar indien jy daaroor bekommerd is…spoel maar jou gesig met koel water af…
die tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlek…so gebruik maar ‘n houertjie
wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.
AKNEE….Aknee/puisies. Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot ‘n
pasta…smeer aan puisies net voor slaap tyd, en was volgende oggend met warm
(lou) water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word sal puisies verdwyn.
AKNEE…Aartappelskil werk baie goed. Smeer dit aan elke dag. Aknee vertel
'n mens dat jy allergies is vir iets. Hou maar jou dieet dop en kyk wanneer jy
iets eet watter kossoorte ‘n reaksie gee.
AKNEE…Meng drie eetlepels heuning en een teelepel kaneel tot pasta…en smeer
saans aan die vel voor jy gaan slaap…en was die volgende oggend met warm
water af. As dit daagliks vir twee weke gedoen word verwyder dit die puisies
en aknee van die wortels af uit.
ALKOHOL…Alkohol verslaaf… eet elke oggend 'n groot lemoen en gebruik
wilskrag en jy is genees!
ARE…Trek tiemie soos tee…en drink kort-kort so ‘n bietjie.
ARE…Vir verkalkte are moet jy elke dag knoffel en Lesitien gebruik.
ARE…Vir verkalkte are moet jy soveel dikmelk of karringmelk as moontlik
drink. Die suur melk vreet die verkalking weg.
ARE…Vir verkalkte are…koop 6 rooiwortels by Bossiedokter en gooi op een
bottel Cane. Drink elke aand 'n bietjie. Na die behandeling…gebruik die
lemoen raat vir verslawing,
ARTRITIS…Meng 2 koppies Quaker Oats en 1 koppie water in ‘n bak en
verwarm vir 1 minuut in die microgolfoond. Laat effens afkoel en smeer die
mengsel op jou hande vir erge artitis pyn…dit streel en bring verligting.
ARTRITUS……Week ‘n handvol wynruit op een bottel cane (rietspiritus) vir 7
dae. Syg deur en drink 1 eetlepelvol soggens en saans op 'n kelkie water.
ARTRITUS…1 botteltjie witdulsies, 1 botteltjie naeltjie olie…1 botteltjie wit
drinkbare jodium. Meng in gelyke hoeveelhede. Drink 2 druppels in 'n ½ glas
melk soggens en saans. Dit moet melk wees. Hou 4 maande aan.
ARTRITUS…Vir pyne as gevolg van artritis: Meng 1 houer Camphor-room met
10 grandpa poeiers en smeer gereeld waar dit pyn.
ASEM… Slegte asem…gorrel met lewensessens, of gorrel met pietersieliewater
of kou rou pietersielie.
ASEM…1 blikkie snuif en een telepel koeksoda. Meng deeglik en snuif dit
ASEM…1lb heuning, 1/2 bottel brandewyn…2 botteltjies gliserien..meng en drink
een eetlepel wanneer nodig.
ASEM…As jy in die oggend gorrel met een teelepel heuning en kaneel in warm
water…dan bly jou asem deur die dag vars.
ASEM…As jy knoffel geeet het…..kou kardamom saadjies in hulle omhulsels….
wanneer dit sag is…gooi die doppie weg en sluk die saadjies in...dit verbloem die
reuk.
ASEM…Hulle se dat as jy 'n eetlepel skoon vanilla geursel afsluk nadat jy
knoffel geeet het…dan sal jou asem nie stink nie. Ek het dit al probeer en
niemand het oor my asem gekla nie…maar dit is baie bitter.
ASEM…Knoffelasem…Voeg by 'n kwart glasie melk 'n halwe teelepel vanielje
Boererate
essens…verhit so effens in die mikrogolfoond en drink dit.
ASEM…Slegte asem…Gorrel met waterstofperoksied gemeng met water…dit sal
die reuk heeltemal vernietig.
ASEM…Slegte asem…Kou koffiepitte.
ASEM…Slegte asem…Kou pietersielie…dit laat die asem weer vars ruik…selfs al
het jy knoffel ge eet.
ASEM…Slegte asem…Trek pietersielie in kookwater en laat afkoel…gorrel dan
hiermee.
ASEM…Slegte asem…Vir slegte asem kan jy net kruienaetjies kou.
ASEM…Vir Asma simptome: Varsgekapte peppermint kruie, gemeng met
roosmaryn. Maak dit in 'n bondeltjie gaaslap en sit dit n jou badwater! Hou
die deur toe en loop dan eers die warm water in, en dan die koue water, dit
maak ‘n heerlike “sauna effek” en trek die bors sommer gou oop.
ASMA…Drink elke dag 2 pinte water waarin Kerol gegooi is. Maak die volgende
dag weer 2 pinte water aan en drink dit uit. Hou aan totdat al die slym los is en
jy dit goed uitgehoes het.
ASMA…Eet 1 teelepelvol uitgebraaide hoendervet 3 keer per dag.
ASMA…Gebruik klip dagga wat in die rantjies groei. Hulle wat dit nie ken nie …
wil ek net se hoe dit lyk. Die plant het ‘n lang stok wat uit hom groei met ‘n
ronde knop en daar is blomekies aan. Die kinders is gek daarna om dit uit te
trek en te suig…dit is soet…maar die blare is bitter. Sit dit en brandewyn en
laat trek en drink smorens en saans.
ASMA…Gooi ½ ons kaliumhodied (iodite potassium) op 1 pint koue water en meng
goed. Voeg nou die geel skil van 1 middelmatige lemoen by en skud goed. Laat
dit vir 24 uur trek. Gooi deur sif of skoon lap en bottel. Drink 3 keer per dag
na etes 1 eetlepelvol.
ASMA…Gooi 1 bottel borsdruppels en 1 bottel paragora in 1 botteltjie heuning
in en meng goed deur. Neem 3 maal per dag ‘n teelepelvol daarvan.
ASMA…Gooi 3 onse soetolie in ‘n ½ bottel droë jenewer… en skud goed om te
meng. Vir klein kindertjies tot op 1 jaar gee jy 1 teelepelvol 3 keer per dag…
groter kinders en volwassenes gee jy 1 eetlepelvol 3 keer per dag. As dit te
sterk is…gooi biejtie water by.
Boererate
ASMA…Gooi 6 eiers in ‘n ½ bottel rum en skud totdat dit dik is. Neem 3 maal
per dag 1 teelepelvol daarvan.
ASMA…Gooi tesame 1 teelepelel skoonteer…1 eier se geel…1 mespunt fyn
kamfer en 2 teelepels geel balsem kopiva en meng goed deurmekaar. Gooi nou
2 botteltjies rou lynolie en ‘n ½ koppie heuning by tewyl jy roer. Maak seker
dat dit goed gemeng is. Gebruik 1 teelepelvol 3 keer per dag.
ASMA…Kneus 2 of 3 blaarslaaikoppe en sit in ‘n glasbak. Gooi 1 bottel asyn by
en laat dit vir 24 uur trek. Wanneer die bors baie toe is dan drink jy van die
asyn..dit help baie gou om die bors oop te trek.
ASMA…Knopdagga moet in koelte drooggemaak word…en dan gekook word en
getrek word soos tee.
ASMA…Kook 1 bottel stout tot dit verminder na 1 koppievol. Voeg nou 1 blikkie
goue stroop en 1 botteltjie lewensessens by. Kook weer en meng goed.
Soggens en saans dan gebruik jy 1 eetlepel vol.
ASMA…Kook saam tot ‘n stroop…1 pond wit teesuiker…1 pond rapuis en 1 pond
droë vye. Drink daarvan 3 maal per dag.
ASMA…Maak ‘n koekie blousel fyn en gooi op 1 pond heuning en meng baie goed.
Eet daarvan 1 teelepelvol soggens en saans.
ASMA…Maak ‘n stukkie itermagodop fyn en gooi dit op die kole en die sieke
moet sy gesig daaroor hou en die rook inasem…dit sal dat die bors ooptrek.
ASMA…Maak gedroogde papajapitte fyn en rook dit as jy aan asma ly.
ASMA…Maak kelkieroosblomme droog en rook dit en die bors sal gou oopgaan.
ASMA…Maak olieboomblare droog in die koelte …die met die blou blom…nie die
met die wit blom nie…. Sodra dit droog is dan maak jy dit fyn en vat vir elke
koppievol fyn blare 1 groot teelepel fyn salpeter en meng baie goed. Maak nou
kleinkardoesie van wit papier…net witpapier…nie ander nie…en rol dit daarin toe
en steek aan die brand en trek die rook by die neus in. Dit sal die bors binne 5
minute ooptrek.
ASMA…Maak wildealsblare droog en gooi bietjie salpeter daaroor. Stop ‘n
rietpyp en trek die rook in die longe in vir onmiddelike verligting.
ASMA…Meng 1 botteltjie turlington…1 botteltjie balsemkopiva…1 botteltjie
borsdruppels….2 eetlepels olyfolie…1 eetlepel roulynolie en 1 eetlepel
Stockholmteer baie goed saam. Neem 1 teelepelvol van die mengsel 3 maal per
Boererate
dag…moet nie water bygooi nie.
ASMA…Meng 1 pond gemaalde knoffel…1 bottel asyn en ½ pond stroop saam en
eet daaran 3 keer per dag.
ASMA…Meng 1 teelepel salpeter en 3 dessertlepels versiersuiker goed saam.
Sit 1 mesputjievol op ‘n rietjie en blaas dit in die sieke se keel. Herhaal tot 3
keer per dag en die bors sal ooptrek.
ASMA…Meng saam 2 eetlepels roulynolie…2 eetlepels soetolie…2 eetlepels
paraffien…3 eetlepels terpentyn…2 eetlepels bloekomolie en 2 eetlepels
kamferolie. Sit alles in ‘n bottel met ‘n deksel en skud baie goed om te meng…en
voor elke gebruik. Smeer die bors en blaaie van die sieke..dit sal die bors mooi
los maak.
ASMA…Meng tesame in ‘n glasbak…1 pond vars heuning…’n ½ bottel
jamaikarum…’n ½ bottel asyn….3 teelepels paragorie…2 teelepels rou lynolie…en
2 teelepels swart suiker…die wat mens vir perde gebruik…en 2 eiers se gele
baie goed bymekaar. Sit in groot vrugtefles met deksel. Vir groot mense gee
1 dessertlepelvol …en vir kinders 1 teelepelvol 3 maal per dag. As jy baie hoes
dan kan jy dit 4 keer per dag gebruik…net nie meer as dit nie.
ASMA…Neem ‘n aartappel..sny dit oop en…met permissie..spu van die slym daarin
en begrawe dit. So gou dit groei…verdwyn die asma.
ASMA…Neem 2 koppies droë swart olienhoutblare en 20 bottels water en sit in
kastrol en kook totdat dit verminder het na 1 bottel. Haal die blare uit en suig
deur. Voeg nou 1 pond goue stroop by en laat weer kook tot dit net 1 bottel is.
Drink 3 keer per dag 1 dessertlepelvol.
ASMA…Neem 2 pond goue stroop…1 bottel paragorie…1 bottel borsdruppels…1
bottel pepermentessens en 1 eetlepel asyn en meng deeglik. Drink 3 maal per
dag 1 dessertlepelvol.
ASMA…Neem 8 lepels salpeter en gooi ½ bottel kookwater daarop. Steek dan
4 klat pampiere daarin en haal uit en plak die pampiere mooi gelyk opmekaar en
druk dit styf vas. Laat dit nou goed droog word en sit dit in ‘n weie bek bottel
en kurk hom goed toe. As u voel dat u ‘n aanval wil kry…rook dan ‘n stukkie
daarvan. Dit keer die aanvalle dadelik weg.
ASMA…Neem stinkolieblare en laat in die koelte droog word. Sit dit in ‘n pyp
en rook dit.
ASMA…Sit 1 eetlepel Stockholmteer in ‘n bak of kastrol en gooi 3 bottels
kokende water daaroor en meng goed. Sit die bak in die aand buite neer…maar
Boererate
geen deksel nie…sodat die dou daarop kan val. Die volgende oggend dan suig jy
dit deur ‘n skoon doek en gooi in ‘n fles met ‘n deksel. Drink elke aand voor
bedtyd 1 kelkievol.
ASMA…Sit 2 eetlepels soetdoringboombas se as en 1 teelepel witpeper in 1
bottel afgekoelde kookwater…en skud goed om te meng. Drink nou elke 4 ure ‘n
goeie mondvol.
ASMA…Sit 6 heel eiers in ‘n glasbak en gooi genoeg uitgedrukte suurlemoensap
oor om dit heeltemal toe te maak. Laat dit vir 48 uur staan…dan sal jy sien dat
die suurlemoensap die doppe weggevreet het. Verwyder die vlieste wat nog
daar is en gooi 8 onse heuning of bruinsuiker by. Klits vir 10 minute
aanhoudend om goed te meng. Gooi nou die helfte van ‘n groot bottel rum by en
meng weer deeglik. As die asma kwaai is..gee 1 eetlepelvol elke 2 uur om te
drink. Soos die pasient beter word drink hy minder male per dag….tot net
soggens en saans.
ASMA…Sit elke nou en dan ‘n naeltjie in jou mond en hou dit daar…dit sal sag
word dan sluk jy die sap in…jy kan die naeltjie ook so effens kou as jy wil.
ASMA…Sny 1 pakkie droë vye in helfte en sit in ‘n konfytfles en gooi 1 bottel
droë jenewer oor. Laat trek tot die vye swart is en eet nou die vye na verlang.
ASMA…Steek brandewyn aan die brand en los dat dit uitbrand. Drink ‘n
kelkievol van die wat oorbly elke aand.
ASMA…Vat 1 botteltjie pepermentdruppels….1 groot bottel heuning en 1
botteltjie turlington en meng dit baie goed saam. Neem 1 teelepelvol 3 keer
per dag.
ASMA…Vat die gal van ‘n geslagte bok en gooi dit in ‘n groot bottel roulynolie.
Skud dit goed en sit dit in die son sodat dit kan trek…jy moet dit so af en toe
weer gaan skud. As dit ‘n warm gal is dan los jy dit net 3 dae om te trek…maar
as dit reeds koud is dan moet jy dit 8 dae los om te trek. Drink elke oggend 1
eetlepelvol op die nugtermaag en weer saans voor bedtyd. Sodra jy die bottel
opgebruik het …dan is jy genees van asma.
ASMA…Vat harde vet en fyngesnyde twak en smeer dit tussen twee
flennielappe en sit voor op die persoon se bors.
ASMA…Vat nastergalstoele met bessies en al en laat droog word. Kook dit dan
stadig met water en drink 3 maal per dag ‘n mondvol.
ASMA…Vir asma is peppermentkruid en roosmaryn in 'n bietjie badwater net
die ding Boererate
ATLEETSVOETE… 1 botteltjie turlington…1 blik boorsalf…1 blik zinksalf…
Vaseline (dieselfde hoeveelheid as boorsalf). Meng goed en smeer aan voete.
ATLEETSVOETE….Koshuiskinders wat atleetvoet kry. Smeer spiritus aan
(brand soos die ...) dan friars balsam (brand ook erg) dan babapoeier vir die
taaigeid. Dit werk baie vinniger as enigiets wat jy in die winkels of apteke kan
koop. NB: NIE GESKIK VIR MENSE WAT ALERGIES IS VIR SEEKOSSE
(JODIUM) NIE!
​
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
EELTE…Dra in jou skoene ‘n binnesool van teerlappies…en saans as jy
gaan slaap dan bind jy suurlemoen skywe aan die voete vas. Dit sal nie
lank duur nie dan is die eelte weg.
EELTE…Eelte aan voete. Vat skil van piesang, sny so groot as eelt,
plaas binnedeel op eelt en maak toe met kleefpleister. Maak seker dat
skil nie skuif nie. Vervang na 'n paar dae.
EELTE…Elke aand moet jy jou voete in baie warm water week en goed
afdroog. Smeer nou geel waghries aan ‘n lappie en sprinkel fyn
tafelsout oor. Bind om die voet en slaap so. Herhaal totdat die eelt
weg is.
EELTE…Gooi 1 koppie growwe sout in ‘n ½ koppie lampolie. Skud
aanhoudend tot dit opgelos is. Smeer soggens en saans aan die voete.
Dit neem ‘n hele rukkie…maar dit sal die moeite werd wees…want jy sal
vir altyd ontlae wees van die seer voete.
EELTE…Koop 4 bottels motorolie en smeer die voete elke oggend en
aand baie goed aarmee….sommer so dik.
EELTE…Maak ‘n klein botteltjie aspirienpille goed fyn en meng met 1
botteltjie wit vaselien. Smeer elke oggend en aand aan die eelte.
EELTE…Maak blousel bietjie klam en smeer aan die eelte.
EELTE…Meng saam in ‘n botteltjie…1 eetlepel kasterolie…1 eetlepel
gliserien en 1 ½ eetlepel jodium. Week eers die voete in warm water
waarby jy koeksoda sit en maak dan goed droog. Smeer die mengsel
elke oggend en aand aan die voete…en gou sal die pyn weg wees.
EELTE…Saans…voor jy gaan slaap dan dit jy met jou voet vir 20 minute
in warm water. Droog dan baie goed af en smeer met wit vaselien.
Boererate - E
Vat nou ‘n gewone skeermeslem en sny dun skyfies af. Smeer weer
met vaselien goed in en laat dit aan. Doen dit elke aand terwyl jy die
eelt kan voel.
EELTE…Smeer 3 maal per dag gewone lampilie aan en los oop.
EELTE…Smeer 3 maal per dag kanferolie aan.
EELTE…Smeer asyn 3 maal per dag net so op die eelte en binne ‘n kort
rukkie sal jy die verskil kan sien en voel.
EELTE…Smeer elke aand na jy gebad het tandepasta aan.
EELTE…Smeer soggens en saans terpentyn aan die eelte en hulle sal
uitdroog en uitval.
EELTE…Week die voete in lekker warm water en droog goed af. Sit
kasterolie op ‘n flenielappie en sit op die eelt en bind vas. Hou so aan
vir 1 week.
EETLUS…As jy aan ‘n slegte eetlus ly…moet jy ‘n snytjie roosterbrood
maak…neut daaroor rasper en dan suiker en wyn daaroor gooi…en dit eet.
EKSEEM...Ek sien jy soek raad i.v.m. ekseem. Ons dogter nou 27jaar oud
het van kleintyd af gesukkel met ekseem - die Dokter het toe al gesê
ons moet al haar wasgoed in Sunlight seep (die groen blok wat vir
algehele was gebruik word, nie die gesigseep nie.) rasper en haar
wasgoed daarin was en afspoel onder lopende water (geen
sagmaakmiddels nie) Ons het die wasgoed maar in die tuimeldroër
gedroog, dit maak dit darem sagter. Verdermeer het ek nou die dag 'n
artikel in die You gelees dat mens "liquorice" lekkers moet eet (nie die
"all sort" nie) want dit gee een of ander iets af wat help - ek moet sê sy
het dit probeer en dit help
EKSEEM…Drink elke oggend op lee maag een eetlepel engelsesout op
warm water…dit werk die kwaad uit die sisteem.
EKSEEM…Eet soveel rou tomaties as jy kan…en smeer ook rou tomaties
op die sere.
Boererate - E
EKSEEM…Sit elke dag twee rooibosteesakkies in die badwater
EKSEEM…Smeer die gesig met wit vaselien.
EKSEEM…Smeer jou hele lyf met aqueous cream…bad jouself daarmee…en was
dit dan af.
EKSEEM…Smeer soggens van jou nugterspoeg aan die sere.
ENTE…Doop ‘n lappie in die wit van ‘n hoendereier en sit op die ent.
Hou aan tot die nie meer droog word nie.
ENTE…Sit ‘n lappie wat in warm melk gedoop is op die ent wanneer dit
begin groei…dit sal die brand gou uittrek…en die swelsel verminder.
EPILEPTIESE AANVALLE.. Neem die wit van hoendermis…maak fyn tot
poeier en gebruik met water.
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
FLOUTE…As iemand flou geword het moet jy alle stywe klere losmaak
en die persoon hard deur die gesig klap. Maak ‘n lap nat in koue water
en vee sy gesig en hande daarmee af. Geen dan ‘n ½ teelepel rooi
laventel op ‘n bietjie water in.
FYT ..Maak 'n pap van knoffel of perdemis en sit op vinger
FYT...In vinger…Steek 'n groen padda stukkend en steek die vinger
daarin.
FYT…’n Fyt is baie pynlik. Jy moet hom eers goed ryp trek voor jy
daaraan sny. Dit vat omtrent 15 dae om behoorlik ryp te trek. Maak
pappe van melk en brood…of warmgebraaide uie of self
mealiemeelpappe. Sodra dit oop is dan hou jy die vinger in warm water
waarby wassoda gevoeg is. Jy sal sien dat soos die vuilgoed uitkom
trek dit drade. Wanneer daar nie meer drade vuilgoed uitkom nie dan
weet jy dat die vinger nou gesond is.
FYT…Braai galsterige varkspek en ou botter saam. Gooi op koue water
om die sout te laat afsak. Skep bo af en smelt saam in ‘n pan met ‘n
bietjie was en harpuis. Dit is ‘n baie goeie trekpleister.
FYT…Kook 1 groot suurlemoen vir 10 minute…sny dan ‘n gaaitjie bo in en
druk die vinger met die fyt daarin. Toets eers met ‘n gesonde vinger
dat die suurlemoen nie te warm is nie. Dit trek die fyt gou ryp.
FYT…Kook gesnyde uie en gooi 1 eetlepel growwe meel by en meng. Sit
warm op die fyt en draai toe.
FYT…Maak ‘n gaaitjie in ‘n rou eier en druk die vinger met die fyt daarin
en hou daar tot die eier gaar is van die fyt. Herhaal tot die eier nie
meer kook nie…dan is die fyt gesond.
Boererate - F
FYT…Meng bietjie engelse sout en gliserien en sit op die fyt en draai
toe.
FYT…Meng gekrapte sunlight seep en engelse sout met bietjie spoeg of
water tot ‘n pasta en sit op die fyt. Heg vas met pleister.
FYT…Rasper of sny 1 wit ui baie fyn en sit dan 1 gelykvol eetlepel sout
by en meng goed. Sit op ‘n lappie en sit op die vinger met die fyt en
draai goed toe.
FYT…Sit heuning aan en draai met ‘n lappie toe.
FYT…Skraap bietjie sunlight seep in die holte van jou hand in…sit
bietjie suiker by en bietjie spoeg en meng tot ‘n pasta. Sit op die fyt
en draai toe met ‘n lappie. Los so…dit sal die fyt baie gou ryp trek.
FYT…Smeer die vinger met bloekomolie…of gooi bietjie in ‘n glasie en
hou die vinger daarin.
FYT…Smelt bietjie kers en meng met lampolie. Smeer aan die vinger
met die fyt en draai ‘n lappie om. Daar sal gou beterskap wees.
FYT…Trek wildeals…wynruit en bloekomblare in water en hou dan jou
vinger in die water …so warm moonlik. Dit sal die fyt ryp trek.
FYT…Vat ‘n blikkie en sit vars beesmis daarin. Sit waar dit buite kan
warm word en druk dan die vinger met die fyt daarin. Hou dit in die
beesmis vir ‘n hele ruk. Herhaal die behandeling so 2 of 3 keer….dit sal
help om die fyt ryp te trek.
Boererate - G
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
GAL…Als jy dronk in die kop voel en jou oge flikker…drink engelse
sout…dis baie gal.
GAL…Eet elke oggend op jou nugtermaag ‘n hele suurlemoen.
GAL…Eet papaja met pitte en al. Dit help verseker.
GAL…Gooi kookwater oor granaatskille en laat dit goed trek. Drink 3
maal per dag soos tee.
GAL…Laat die dop van ‘n volstruiseier bak en maal dit dan baie fyn.
Gooi die fyn poeier dan in 1 bottel asyn en skud goed. Laat dit oornag
goed trek. Drink voor elke ete 1 wynkelkievol.
GAL…Maak vir jou ‘n toebroodjie van 1 sny growwe semelbrood en 1
knoffelhuisie…en eet voor jy gaan slaap. Drink dan ‘n mondvol
olyfolie. Herhaal ‘n paar aande na mekaar.
GAL…Meng drie pakkies Engelse sout in een bottle Rose’s
lemmetjiesap….skud goed. Drink een eetlepelvol in glas kookwater
elke oggend op nugtermaag.
GAL…Meng saam 2 eetlepels brandewyn…2 eetlepels water…3 druppels
rooi laventel en 2 druppels versterkdruppels…en drink wanneer die gal
pla.
GAL…Neem ‘n veldmuis…die gestreepte soort en braai mooi bruin…en
eet.
GAL…Wanneer jy baie gal het…so erg dat jy wil opbring…jou kop seer
is…en jy duiselig voel…jou tong vuil en aangepak is..en jou oe goudgeel…
dis baie gal…dan neem jy dadelik ‘n ¾ koppie kookwater met 1 teelepel
koeksoda in. Indien nodig dan herhaal jy dit na ‘n paar uur. Dit sal
die gal afwerk.
GALSTENE…1 Bottel jenewer…9 gekneusde knoffelhuisies en 1
botteltjiehaarlemensies. Meng alles baie goed deurmekaar en sit in
Boererate - G
houer met deksel. Drink elke oggend op jou nugtermaaf 1 eetlepelvol…
en ook laaste ding in die aand 1 eetlepelvol.
GALSTENE…Brand ‘n volstruiseier se dop tot as…en maal tot fyn
poeier. Neem nou 1 mespunt van die poeier…1 eetlepel suurlemoensap
en ‘n paar druppels suurlemoensap en meng goed. Drink 3 maal per dag
so ‘n dosis om die galstene af te werk.
GALSTENE…Drink op jou nugtermaag 1 koppie asyn…wag 8 dae en
drink weer…herhaal sodat jy 3 koppies gedrink het.
GALSTENE…Gooi 1 bottel port wyn in ‘n erdekastrol en voeg by 2
handevol kruisement. Sit eenkant op die stoof om te trek totdat dit
mooi sterk is. Laat afkoel en suig deur. Drink 1 kelkievol 3 maal per
dag.
GALSTENE…Gooi 3 pakkies engelse sout in 1 pint water en laat oplos.
Drink 2 rabarberpille net voor jy gaan slaap en drink dan helfte van die
engelse sout water. In die oggend op jou nugtermaag drink jy die
ander helfte van die engelse sout water. Nadat dit goed gewerk het…
drink jy 1 kein botteltjie olyfolie alles uit. Dit genees die wonde waar
die galstene uitkom. Herhaal dosis net vir geval daar nog ‘n galsteen
oorbly.
GALSTENE…Meng ½ pakkie koeksoda…’n ½ pakkie kremetart en 8 onse
olyfolie goed. Gaan le op jou regtersy so lank as jy kan en drink die
volgende oggend op jou nugtermaag 1 pakkie engelse sout. Herhaal na
14 daie. Jy kan ‘n peperment suig nadat jy dit ingeneem het indien jy
misluk voel.
GALSTENE…Neem 1 bottel wit muskadelwyn en voeg daarby 2 bottels
miltessens en 1 teelepel alwynpoeier. Skud goed om te meng en laat
staan vir 24 uur om te trek. Drink op jou nugtermaag en ook voor
etes 1 eetlepelvol.
GALSTENE…Neem 1 glas melk en sit daarin 1 teelepel kremetart en 1
teelepel koeksoda. Roer goed en drink dadelik alles. Wag 10 minute
en drink dan ‘n ½ glas olyfolie. Onthou om dit vroeg in die nag te
drink. Drink die volgende oggend 1 pakkie engelse sout…wag bietjie…
en drink dan ‘n lekker koppie koffie of tee. Hou die middagete maar
lig. Na 3 of 4 dae kan jy die proses herhaal.
GALSTENE…Neem die geel van 2 eiers…3 eetlepels brandewyn….’n ½
koppie olyfolie en ‘n ½ koppie melk en sit in ‘n glas of erdebak. Klits
tot dit baie goed gemeng is. Jy moet daai hele dag niks eet nie…drink
maar koffie of tee…maar eet nie. Die aand as jy gaan slaap…dan drink
jy die hele mengsel een slag uit. Die volgende offend dan drink u op u
nugtermaag 1 pakkie engelse sout. Dit sal die galstene afdryf.
GASTRO…Neem kasterolie en gooi eetlepelvol, steek and die brand en
drink terwyl dit nog effens warm is.
GEELKOORS...Smeer ‘n stukkie vars brood dik met vet. Neem nou 7
kopluise en sit op die brood en laat die sieke dit eet. Die kieme eet
glo die luise en dan vrek die kieme.
GEELSUG…1 eetlepel asyn en 30 druppels haarlemmerolie, drink
soggens op nugtermaag. Skaapmelk help ook of sluk sewe luise
GEELSUG…1 teelepel soetolie, 5 druppels wonderkroon essens, klein
bietjie suiker gemeng met water of moedersmelk. Net een dosis van
die genees die persoon.
GEELSUG…7 luise op sny brood sal geelsug laat weggaan
GEELSUG…Dis ‘n baie ou raad hierdie…maar of dit werk …kan ek nie se
nie. Plaas net 7 garskorrels in die baba se doeke. Dit moet 7 wees…
nie minder of meer nie. Sodra baba die doekie natgemaak het en die
korrels is almal nat…gee die garskorrels vir ‘n hoender om op te pik.
Namate die garskorrels in die hoender se krop verteer word sal die
geelsug geleidelik weggaan.
GEELSUG…Drink 3 maal per dag 1 dessertlepel olyfolie… waarby 5
druppels groenamara gevoeg is.
GEELSUG…Eet vir 3 dae net 4 pomelo’s en growwe koringbrood wat
met room gesmeer word. Na die 3 dae moet jy voor elke ete ½ pomelo
eet. As u die raad volg sal u nooit weer eet sonder pomelo’s nie.
GEELSUG…Indien jy dit kan kry moet jy vir ‘n baba 1 teelepelvol melk
van ‘n merino-ooi ingee.
GEELSUG…Meng 1 mespunt borrie en 2 druppels balsemkopiva met
klein bietjie suiker. Meng nou met moedersmelk en gee vir die baba 2
maal per week in tot die geelsug verdwyn.
GEELSUG…Neem 7 luise en druk hulle plat in ‘n lepel. Gooi
moedersmelk by en drink.
Boererate - G
GEELSUG…Neem genoeg skoorsteenroet gelyk aan 1 hoendereier en
bind in ‘n doek vas. Laat dit oornag in 1 glas water le. In die oggend
dan neem jy die lappie weg en voeg 1 goedgeklitste eier by asook nog
water om die glas vol te maak. Drink alles met 1 slag weg. Herhaal
tot die geelsug weg is.
GEELSUG…Sit ‘n druppel harlemensies op u vinger en smeer dit in die
baba se mondjie. Indien jy dit doen sodra jou baba gebore is sal hy
nie geelsug kry nie….en as hy dit reeds het..sal dit onmiddelik gebreek
word.
GIF…As iemand gif ingekry het dan meng jy 1 koppie beesmelk…1/2
koppie asyn en 1 tellepel koeksoda en meng goed…skud sommer die
bottel waarin die mengsel is baie deeglik en gee dan vir die persoon om
te drink dat hulle kan opgooi. Herhaal die dosis net om seker te maak
dat hulle als opgebring het…en dan sal hulle reg wees.
GIF…As iemand gif ingekry het moet jy wildedagga pluk en in ‘n kastrol
sit en kookwater oorgooi en dit vir ‘n rukkie kook tot dit sterk getrek
het. Gee vir die persoon om te drink.
GIF…As iemand kosvergiftiging het..soos mossels of vis dan moet hy
gou ‘n sterk mengsel van suurlemoensap en asyn drink…en dan getrekte
kruisement water.
GIF…As iemand seepsoda ingekry het moet jy dadelik 3 eetlepels asyn
en 2 eetlepels klapperolie meng en vir hom ingee…hou aan tot alles uit
is.
GIF…Vir wanneer een persoon vergiftig is neem dan een glas warm
water zo warm as moonlik. Gooi een teelepepvol mostert daarin.
Drink so warm as moontlik. Die gif zal uitkom. Herhaal todat al die
gif uit is.
GORDELROOS…Maak mengsel van ewe veel vars melk, gliserien en
brandspiritus en smeer aan die gordelroos.
GORDELROOS…Smeer olyfolie wat gemeng is met brandewyn aan.
GRIEP…Die gereelde gebruik van heuning help om te voorkom dat jy
lastig geval word deur verkoues en griep..omdat heuning ‘n natuurlike
Boererate - G
bevegter is vaieme.
GRIEP…Hierdie raad het talle lewens gered in die 1918 Spaansegriep
epedemie. Maak klein langwerpige linnesakkie en sit die volgende in.
‘n Stukkie duiwelsdrek, 1 gekneusde knoffelhuisie en ‘n stukkie
kamfer. Werk taamlike lang badjie aan en dra om die nek…en geen
griep of verkoue kom naby nie. Die sakkie moet teen die bors hang.
GRIEP…Kneus so 10 of 12 knoffelhuisies en sit in bottel asyn om te
trek…drink nou elke more ‘n bietjie in water op jou nugtermaag.
GRIEP…Neem 1 bottel pepermentdruppels, 1 bottel roulynolie, 1 bottel
borsdruppels, 1 blik heuning (of 1 pond heining) . Meng bestanddele
goed saam en drink drie maal per dag.
GRIEP…Neem 1 bottel pepermentdruppels, 1 bottel roulynolie, 1 bottel
borsdruppels, 1 blik heuning (of 1 pond heuning) . Meng bestanddele
goed saam en drink drie maal per dag.
GRIEP…Neem 'n handjievol bokbossie en trek soos tee. Drink drie
keer per dag.
GRIEP…Nog ‘n raad wat in die groot griep gebruik is. Sny klein snytjie
in hond se oor en vang klompie van die bloed op en voeg dadelik
roulynolie by. Gee elke drie ure daarvan en die griep sal gebreek
wees.
GRIEP…Pluk ‘n paar toppies kamille, ‘n paar toppies balderja en ‘n
takkie skaapkaroo….trek saam in kookwater soos tee…en drink so warm
moontlik.
GRIEP…Sit 8 druppels beeskerol in glas koue water en drink so ‘n 1/3
daarvan drie keer per dag…of jy kan so nou en dan ‘n goeie mondvol
daarvan sluk
​
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
HAARBOL….Sit so stuk vaselien op jou kat se neus…die kat sal dit aflek
en dit sal die hare in die maag smeer sodat dit maklik passeer sal word..
sodoende vermy jy die irritasie van haarbolle wat opgegooi word.
HANDE... Vir skurwe Winters hande…gebruik goeie ou speensalf,
verkrygbaar by enige ko-operasie. Baie goedkoper en beter as vandag se
duur rome
HANDE... Vir winters voete of hande. Gaan koop leë kapsules by apteek
en vul hulle met Cayenne Pepper…drink een daagliks
HANDE… Vir winters voete of hande. As dit wit geryp is in die oggend
moet jou kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die gras vee
waar dit geryp is en alles sal oor gaan
HANDE… Vir winters voete of hande. Maak wattetjie nat met Lennon
se Witdulsies...en smeer aan. Anvanklik lyk en voel dit of dit erger
word die eerste paar dae wat jy dit gebruik…maar dan word dit beter…
smeer so twee keer per dag aan. Dit is geneig om vreeslik te jeuk vir
die eerste rukkie na jy dit aangesmeer het…maar dan kalmeer dit.
HANDE… As jou hande skurf is maak die volgende paraffien salf aan en
gebruik mildelik. Smelt die was van twee nuwe kerse in ‘n ou kastrol oor
stadige hitte. Voeg ‘n kwart koekie fyngemaakte kamfer by. Roer
totdat die kamfer heeltemaal gesmelt het. Sodra die kamfer gesmelt
het, verwyder van die stoof om te verhinder dat dit begin rook. Gooi
genoeg paraffien by om ‘n sagte salf te maak, en roer deeglik…gooi oor in
‘n flessie… en laat afkoel voor gebruik. Kan ook vir skurwe voete
gebruik word.
HANDE….Resep vir handeroom…1 klein blikkie babapoeier…1 bottel wit
vaselien…2 klein botteltjies gliserien…1 klein amandelolie…Meng goed.
HANDE…As jou hande skurf is…meng olyfolie en suiker en vryf goed in…
en spoel dan die suiker af…en droog liggies…en vryf die hande tot al die
olie geabsorbeer is.
Boererate - H
HANDE…Smeer melksalf aan hande as hulle skurf is.
HANDE…Vir hande wat bars of skurf word neem melksalf en vryf dit
goed in die hande in.
HANDE…Vir sagte hande vir die vrouens, kan hulle so 3 eetlepels olyfolie
warm maak in die mikrogolfoond en dit aan die hande smeer. Dit werk
goed.
HANDE…Vir skurwe hande…Meng kerswas met parafin 50/50 en smeer
soggens en saans aan om hande weer sag te maak.
HARDLYWIGHEID... 1 kg goue stroop of heuning, 500 gram droëvye,,
500 gram rosyne, 500 gram pruimedante en 500 gram droëperskes.
Week perskes en pruimedante in water tot sag en maal alles saam. Meng
met stroop of heuning en eet een teelepelvol hiervan saans.
HARDLYWIGHEID…As jy aan hardlywigheid ly kan jy piesangs eet.
Piesangs is hoog aan vesel...sodoende vermy jy die gebruik van
lakseermiddels.....
HARDLYWIGHEID…My oumagrootjie het ook geglo as jy hardlywig is
maak 'n prop van blouseep dit werk!!
HARE...Vir blink donker hare - spoel af met asynwater
HARE…Gebruik oorryp avokadopere wat jy fyngemaak het om jou hare te
masseer, los in vir 'n uur of 2, en was dan jou hare. Dit maak jou hare
baie sag en blink.
HARE…Haren te laten groeien - neem 1 eetlepel parafine, een eetlepel
brandewijn en 1 eetlepel kastoorolie, schud goed door elkaar.
HARE…Koeksoda is 'n wonderlike droë sjampoe, borser deur olierige
hare en jy sal verbaas wees met die resultate.
HARE…Meng heuning gelyke dele met olyfolie en smeer in hare in…maak
kop met warm handdoek toe en wag so halfuur na ‘n uur toe en sjampoe
dan af. Dit voed die hare en kopvel en laat die hare pragtig blink en sag.
HARE…Smeer olyfolie aan droë hare om die hare en kopvel te voed.
Boererate - H
HARE…Uitvallen van haar - Weinig klapperolie of "vaseline" 's morgens
en 's avonds goed bij de wortels ingevrewen. Welriekende kastoorolie is
ook doeltreffend.
HARE…Uitvallen van haar - weinig klapperolie of "Vaseline" 's morgens en
's avonds goed by de wortels ingevreven. Welriekende kastoorolie is ook
doeltreffend.
HARE…Vinnige "haarwas". Strooi babapoeier liggies op hare, vryf in en
kam uit. Nie aan te beveel as jy swart dra nie. Dus: Plan B: Neem 'n hand
vol rou hawermout (oats) plaas in ou sykous en vryf hare goed daarmee.
Kam uit! Plan C: Maak waslap nat met baie warm water, droog stomende
waslap goed uit en vryf oor hare. Herhaal 'n paar maal.
HARE…Vir blink hare…meng die volgende in bakkie…30 ml appelkoospit
olie…5 druppels roosolie…4 druppels kamilleolie…4 druppels ylang ylang
olie…2 druppels sandalwood essensiële olie. Dis by gesondheidswinkels
beskikbaar. Smeer aan hare. Los aan vir so lank as moontlik en
sjampoe dan die hare.
HARE…Vir droë hare meng die volgende….1/2 Ryp piesang…1/2
avokadopeer…1 teelepel joghurt…1 eetlepel olyfolie…asook "cling wrap"
om hare mee te bedek. Maak piesang en avokado fyn en meng met olie
en joghurt. Smeer aan hare en los aan vir 30 minute. Spoel met
louwater af. Gebruik dan sjampoe om die hare mee te was
HARE…Vir glansende hare meng jy 1/2 avokado…fyngemaak met 1
eetlepel olyfolie en 1 teelepel Bakpoer… smeer aan hare en los aan vir 15
min. Sjampoe dan hare goed.
HARE…Vir 'n "sonstreep" in die hare. In plaas van die gebruik van jel en
haarsprei, gebruik op 'n warm dag suurlemoensap op nat hare, en laat dit
droog. Na 'n paar gebruike en buite in die son sal jy "natuurlike"
sonstrepe he wat HOU en HOU!
HARE…Wasmiddels…Gooi ‘n paar geroeste ysters in die vuur tot hulle
rooiwarm is en gooi hulle dan in die afspoelwater. Dit sal die hare
pragtig laat blink.
Boererate - H
HARE…Wasmiddels…Klits 1 eiergeel good en sit dan 2 eetlepels
brandewyn by…en klits weer. Maak jou hare goed nat en smeer dan die
mengsel in en masseer goed. Spoel die hare dan af met water waarby of
asyn…of suurlemoensap gevoeg is.
HARE…Wasmiddels…Kook roosmarynblare vir ten minste ‘n ½ uur en suig
dan deur ‘n skoon wit lappie. Gooi die water in ‘n skottel louwarm water
en was dan die kop daarin. Dit sal die hare versterk en ook ‘n pragtige
glans gee.
HARE…Wat uitval…Braai roosmaryn in vet uit en smeer aan die kop.
HARE…Wat uitval…Meng 1 eetlepel paraffien…2 eetlepels kasterolie…2
eetlepels brandewyn en ‘n bietjie gliserien goed in ‘n bottel. Smeer die
kopvel met die mengsel 1 of 2 keer per week.
HARE…Wat uitval…Meng 1 klein botteltjie eau-de-cologne…1 pakkie
koeksoda…3 eetlepels gedistilleerde water…2 teelepels kienasulfaat en 3
onse olyfolie goed saam. Smeer 1 maal per dag….soggens of saans aan
die kopvel en masseer dit baie goed in.
HARE…Wat uitval…Neem 1 eetlepel paraffien…1 eetlepel brandewyn en 1
eetlepel kasterolie en gooi in ‘n bottel. Skud baie goed om te meng.
Smeer 1 maal per week in die kopvel in en masseer goed.
HARE…Wat uitval…Neem gelyke dele kasterolie en klapperolie en braai
dit saam uit. Sit in ‘n bak en sit die bak saans buite sodat die ryp of dou
daarop kan val…maar onthou om dit in die huis in te bring voor die son
daarop val. Vryf 1 of 2 maal per week in die kopvel in.
HARE…Wat uitval…Smeer kasterolie goed in die kopvel in.
HARE…Wat uitval…Smeer paraffien aan die kaal plekke.
HARE…Wat uitval…Sny 1 groot wit uit in dun skywe en goo in in ‘n
vrugtefles met ‘n ½ bottel jenewer en skud goed. Laat 3 of 4 dae staan
om te trek en smeer dan 2 of 3 maal per dag aan die plekke waar die
hare uitval. Die hare sal gou weer groei.
HARE…Wat uitval…Sny al die doring van ‘n turksvyblad af en vryf dan die
blad op die kaalkop soggens en was dan saans weer af. Na jy dit ‘n ruk
gedoen het sal jy sien daar groei dons…en dan kom die hare.
Boererate - H
HARE…Wat uitval…Vryf soggens en saans growwe sout in die kaalplekke
en na ‘n paar weke sal die hare begin groei.
HARSINGSKUDDING…As iemand harsingskudding opgedoen het moet jy
hom baie goed in ‘n kombers toedraai en warmwaterbottels onder sy
voete sit. Sodra hy begin opgooi moet jy vir hom ‘n koppie warm tee
ingee om te drink..of self warm melk. Laat hy in ‘n donker kamer le.
HART...Gooi kookwater op ‘n handvol lemoenblare en trek soos tee.
Drink 3 maal per dag ‘n kelkievol.
HART…1 boddeltje bruin dulsies…1 wit dulsies..1 rooi laventel..1 versterk
druppels…1 hofmans druppels…1 balsem vitoe. Gooi alles deur mekaar…
neem en teelepel vol met water die more en die aant.
HART…As jy hartkwale het, meng die volgende alles saam en neem een
eetlepelvol drie maal per dag. 1 Bottel kookwater…500g heuning…1
botteltjie Lennon versterkdruppels…1 botteltjie Lennon wit dulsies…1
botteltjie Lennon wonderkroon essens…1 botteltjie pepperment druppels
HART…As jy pyn op die hart ondervind moet jy 2 dessertlepels suiker …
en 1 dessertlepel fyn gemmer meng en dit droog op die tong sit en
wegsluk met water.
HART…Braai 1 eetlepel gestampte..droë lemoenskil en 1 eetlepel
koljander in ‘n droë pan tot bruin. Gooi in bak en voeg by 1 eetlepel wit
peper…1 pond stroop en 3 XXX peppermente wat fyngemaak is by.
Meng baie goed en eet so paar keer per dag 1 teelepelvol.
HART…Bring 3 bottels water tot kookpunt en voeg dan 3 pakkies engelse
sout by….laat 10 minute kook en haal dan van stoof af om af te koel.
Voeg nou 1 botteljie peppermentessens by en meng goed. Gooi in in
bottel met prop. Drink ½ kelkievol voor etes 3 maal per dag.
HART…Die fernaamste raad is eet saans nooit feul of onverteerbare kos
nie. Le nooit op jou linkersy of op jou rug nie. Verdryf alle
swaarmoedige gedagtes en laat snags ‘n lampie brande. By die aanfal ‘n
pepermint eet of ‘n bietjie suurlemoen sap drink…sal die hartlkoppings
gewoonlik laat ophou. So nie dan kan ‘n kompres met koue water op die
linker bors gelê word.
Boererate - H
HART…Dit is baie raadsaam dat mense met hart probleme alle wit suiker
deur heuning vervang
HART…Drink 3 maal per dag ‘n kelkie tiemie wat in kookwater getrek is
soos tee
HART…Gooi ½ koppie suurlemoenbloeisels in 1 bottel brandewyn en laat
goed trek. Drink 1 eetlepelvol 3 maal per dag so ‘n uur voor etes.
HART…Gooi 1 groot eetlepel wit teesuiker in 1 bottel jenewer en skud
goed tot die suiker opgelos het. Drink elke oggend en aand 1 kelkievol.
HART…Gooi 2 botteltjies geel balsemvita op 1 botteltjie heuning en
meng goed. Drink 1 teelepelvol 3 maal per dag.
HART…Gooi in ‘n bottel die volgende…1 botteltjie versterkdruppels…1
botteltjie intrensdruppels..1 botteltjie wit dulsies en 1 botteltjie rooi
laventel. Skud goed om te meng..en drink 1 teelepelvol op ‘n kelkie water
3 keer per dag. Soos die hart verbeter moet jy die dosis sny na 2 keer
per dag…dan net 1 keer per dag.
HART…Kap 7 neute stukkend en sit in ‘n ½ bottel brandewyn en laat goed
trek. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol…drink dit skoon…moenie water
byvoeg nie.
HART…Kook 1 bottel water en laat afkoel en gooi in ‘n glas of erdebak.
Voeg by 1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie wit dulcies…1 botteltjie
versterkdruppels…1 botteltjie wonderkroonessens…1 botteltjie
groenamara en 1 botteltjie hoffmansdruppels. Meng alles goed saam en
gooi in bottel. Skud goed voor gebruik. Drink 3 keer per dag 1
eetlepelvol in ‘n kelkie water.
HART…Kook 1 bottel water en laat afkoel. Voeg nou ½ koppie heuning….1
botteltjie versterkdruppels…1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie
wonderessens en 21 XXX peppermente wat fyngemaak is by. Meng baie
goed en gooi in flesse in. Drink elke dag ‘n kelkievol op jou nugtermaag.
HART…Kook 1 koppie melk en voeg by 1 geklitste eier…1 eetlepel
brandewyn en 1 eetlepel suiker. Meng goed en drink op jou nugtermaag.
HART…Kook 1 koppie rou koljander op 1 bottel water tot dit goed getrek
het. Suig deur en gooi in ‘n bottel. Gooi nou 2 botteltjies wit
balsemvita in en skud baie goed om te meng. Drink 3 ker per dag 1
eetlepelvol.
HART…Kook 14 brandnekeltoppe in 2 bottels water tot dit verminder
het na 1 bottel. Laat afkoel en suig deur. Drink 3 keer per dag 1
kelkievol 1 uur voor etes.
HART…Kook water en gooi dan 1 bottelvol in ‘n bak en sit by…1 pond
heuning…1 bottel versterkdruppels…1 bottel wit dulcies…1 bottel
peppermentdruppels…1 bottel wonderkroonessens en 3 XXX
peppermente wat fyngemaak is. Meng baie goed en sit in flessies.
Neem 1 desertlepelvol 3 keer per dag.
HART…Laat trek vir 2 dae… 2 onse koljander op 1 bottel
jenewerbrandewyn. Drink op jou nugternaag 1 eetlepelvol.
HART…Maak ‘n pasta van heuning en kaneel….en smeer op brood in plaas
van konfyt of enige ander smeermiddel. Eet dit gereeld elke dag en dit
sal help om te verhoed dat jy hartaanvalle kry…en selfs al het jy al ‘n
hartaanval gehad en die smeer op brood eet elke dag sal dit help om
enige verdere aanvalle te verhoed….en gereelde gebruik verlig die
simptome van asemloosheid en versterk die hart….en hou die are soepel
en sag.
HART…Maak 30 XXX pepperment goed fyn en gooi in bottel brandewyn.
Skud goed en laat tot dit pepperment opgelos het. Skud om te meng.
Drink 3 maal daagliks ½ kelkie daarvan.
HART…Meng ½ bottel brandewyn…1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie
jamaikagemmer…1 botteltjie wit dulsies en 1 botteltjie
hoffmansdruppels baie goed. Neem 3 of 4 keer per dag 1 teelepelvol in
‘n klein kelkie louwarm water waarby 1 ½ teelepels suiker…of heuning
gevoeg word.
HART…Meng 1 bottel wit dulcis…1 bottel hoffmans druppels…1 bottel
versterk druppels…1 bottel rooi laventel…1 bottel pyn keller…1 bottel
frans brandewyn of ou wyn. Alles goed gemeng…laat staan ver he week…
en neem dan elke tyd voor maaltyd 2 eetlepel vol.
HART…Meng 1 eetlepel heuning…’n mespunt peper en ‘n mespunt
gemmer. Meng goed en eet 1 teelepelvol 3 maal per dag.
HART…Meng 4 eetlepels baie sterk koffie en 1 eetlepel brandewyn as jy
hartkloppings het…dit sal jou hart dadelik laat bedaar.
HART…Meng saam ½ bottel jenewer…1 eetlepel fyn gekerfde
lemoenblare…1 eetlepel fyne gekerfde tiemieblare en 1 eetlepel
kruisementblare. Laat goed trek en skud die bottel om te meng. Drink
elke oggend op jou nugtermaag 1 eetlepelvol in ‘n koppie kookwater
Boererate - H
waarby 1 teelepel heuning gevoeg is.
HART…Meng saam…1/2 bottel franse brandewyn… ½ botteltjie
kajapoetolie…1 botteltjie balsemvita…1 botteltjie wit dulcies….1
botteltjie versterkdruppels…1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie
endresdruppels…1 botteltjie pepementdruppels…en 1 botteltjie
hofmansdruppels. Drink 2 eetlepelsvol 3 keer per dag.
HART…Neem ½ bottel whisky…1 bottel rooi poeier…1 bottel
hoffmannsdruppels…1 bottel versterkdruppels…1 bottel rooi balsemvita…
2 onse sal volatile en 1 eetlepel fyngemaakte…droë nartjieskil…en sit
alles saam in ‘n fles. Kurk toe en laat trek…skud gereeld. Drink 1
telepelvol in ‘n kelkie water 3 maal per dag.
HART…Neem 1 groot eetlepel fyn finkel en sit in bottel brandewyn en
skud …laat dit nou op ‘n warm plek trek…buite in die son…of langs die
stoof trek vir so agt dae. Skud die bottel voor gebruik en drink dan 1
eetlepelvol 3 maal per dag in ‘n kelkie water na etes.
HART…Neem 1 koppie wynruitblare en en sit in ‘n bottel soetwyn en laat
vir 8 dae in die son trek. Drink elke aand 1 kelkievol.
HART…Neem 21 wit pepermente en 2 lepels honing op 1 bottel water en
een wynig rooi lafendel. Goot doormakaar geschut en 3 maal daags een
wynig in neem.
HART…Neem 5 knoffelhuisies en kneus goed. Gooi 1 bottel kookwater
oor en laat trek. Wanneer dit koud is dan suig jy dit deur en drink 3
maal per dag ½ koppie daarvan.
HART…Neem die bloed van ‘n waterskilpad en laat dit droog word en
maal dit tot ‘n fyn poeier, Sit ‘n klein mespunt van die bloed in ‘n paar
druppels rooilaventel en drink 3 maal per dag daarvan.
HART…Neem nartjieskil en sny stukkend en gooi kookwater oor en trek
goed. Drink 3 maal per dag hiervan so ‘n kelkievol.
HART…Sit ‘n mespunt rooi poeier op die tong en sluk in…herhaal 3 keer
per dag.
HART…Sit kwart pond anyssaad in 1 bottel Old Jamaica Rum en laat trek
vir 48 uur. Syg deur en gooi terug in bottel. Neem 1 eetlepelvol 3 maal
per dag voor etes. Nadat jy 3 bottels van die mengsel opgebruik het sal
jou hart weer reg wees.
Boererate - H
HART…Skil ‘n nartjie en haal al die wit vleis af wat tussen die slyfies is
en sny dan die skyfies stukkend en sit in vrugtefles. Gooi daarop 1
bottel jenewer en laat dit ‘n maand lank trek. Drink nou 1 desertlepelvol
voor elke ete.
HART…Skroei 1 groot koppie koljander en maal dit fyn…of rol met ‘n
bottel tot fyn. Gooi kookwater op en laat trek soos tee. Drink elke
oggend op jou nugtermaag ½ koppie van die water.
HART…Sny 8 to 10 nartjies stukkend…met skil en pitte en al en sit in ‘n
glasbak en gooi 1 bottel brandewyn oor. Laat dit vir 7 dae trek in die
son of naby die koolstoof waar hitte is. Suig dan deur ‘n skoon doek en
gooi in ‘n bottel en kurk toe. Drink elke dag…3 maal per dag voor elke
ete 1 wynglasvol. Kry solank nog ‘n bottel gereed…jy moet 3 bottels so
opgebruik en dan is jou hart weer sterk.
HART…Trek 1 eetlepel bitterblare op 3 koppies kookwater …maar nie te
sterk nie…want dis baie bitter. Drink 3 maal per dag hiervan.
HART…Trek 1 koppie wynruit in 1 bottel brandewyn soos tee. Drink elke
aand 1 kelkie hiervan na ete…dis baie goeie raad.
HART…Vir ‘n lekhart….Koop by die apteek sikspens se klipsweet en sny
fyn en gooi in 1 bottel port wyn. Dit moet port wyn wees …nie ander wyn
nie. Skud goed en laat 3 dae trek…maar skud die bottel in die 3 dae ‘n
paar keer per dag. Drink 1 eetlepelvol 3 keer per dag. Die raad is self
wonderlike vir klein kindertjies.
HART…Vir iemand met ‘n lekhart…skroei 3 eetlepels koljander tot bruin
en gooi in 1 bottel brandewyn en skud goed. Laat trek en neem 3 keer
per dag 1 teelepelvol in ‘n bietjie water. Vir kinders kan jy ½ teelepelvol
in water gee.
HART…Vir water op die hart drink 14 druppels harlemensies en daarna
drink jy elke aand 20 druppels tot daar verbetering is. Verminder die
dosis geleidelik tot jy net 10 druppels drink. Hou so rukkie aan met 10
druppels en verminder dan weer tot jy kan ophou daarmee…moet nie
sommer ophou nie…dit moet geleidelik wees
HART…Voeg 1 botteltjie hoffmansdruppels..1 botteltjie rooi laventel…1
botteltjie versterkdruppels…1 botteltjie endresdruppels…1 botteltjie
balsemvita…1 eetlepel sal volatile en 1 teelepel rooi poeier in 1 bottel
water wat vooraf gekook en afgekoel is. Skud die bottel goed om te
meng…en drink 3 maal per dag 1 desertlepelvol.
HART…Werk mosterd in ‘n ou flennielap in en sit op die hart. Dit sal die
Boererate - H
hart versterk.
HEESHEID… As iemand hees is, neem 'n telepel rou heuning, 'n lepel
gestampte tésuiker, 'n telepel gestampte gemmer, dri lepels boegoe
brandewyn, dit deurmakaar gemeng en dikwils gebruik.
HEGPLEISTER…Neem 2 onse meelblom en ‘n bietjie aluin en meng tot ‘n
stywe pap met ‘n ½ pint koue water. Die water moet bietjies gewys
bygevoeg word om te verhoed dat klonte vorm. Roer aanhoudend en sit
dan op die vuur en kook totdat die mengsel goed dik is. Laat koud word
en gooi ‘n paar druppels naeltjieolie by. Gooi in flesse met digte
deksels.
HIK...Gooi asyn oor 1 teelepel suiker sodat dit net nat is...en eet dit..die
hik sal dadelik stop.
HIK… Maak die persoon skrik en die hik gaan weg.
HIK…7 handevol water sonder om asem te haal stop hik onmiddelik
HIK…As jy hik drink een teelepeltjie asyn en die hik verdwyn dadelik.
HIK…Drup so 20 druppels wit dulcies in 1 eetlepel suiker en eet dit.
HIK…Gooi 1 teelepel koeksoda in ‘n ½ glas water en roer..drink dit….
herhaal elke 2 uur solank jy nog hik.
HIK…Laat die persoon wat hik sy vingers in sy ore sit teryl jy vir hom ‘n
glas water ingee om te drink…die hik sal weg wees.
HIK…Meng 1 groot eetlepel koffie en 1 eetlepels wit teesuiker in ‘n
koppie en gooi dan kookwater op en laat trek. Neem 1 eetlepelvol elke 2
ure tot die hik gestop het…dit kan so 12 ure neem.
HIK…Neem ‘n paar druppels terpentyn op suiker en die hik sal verdwyn.
HIK…Neem ‘n swart hoenderveer en stop dit in papier en rook dit. Sluk
bietjie van die rook en die hik sal weg wees.
HIK…Neem 9 slukkies water agtermekaar sonder om asem te haal en die
hik sal weg wees.
HIK…Neem een eetlepel wit asyn en hik sal ophou
Boererate - H
HIK…Neem sagte…groen koringblare en sit in ‘n skoon lap en stamp baie
goed. Druk die sap goed uit en drink daarvan.
HIK…Rook hoendervere
HIK…Se die rympie op terwyl jy jou asem inhou. Se dit 7 keer…so vinnig
as jy kan. Ek en die hik gaan oor die see…Die hik bly daar…En ek kom
weer.
HIK…Sit ‘n groot teelepel wonderkroonessens in ‘n ¼ koppie warm water
en roer en drink elke 1 ½ uur.
HIK…Sit 1 teelepel heuning in ‘n ½ glas water en drink dit sonder om
asem te haal.
HIK…Sit so ‘n ¼ teelepeltjie fyn neut op jou tong en suig dit as jy hik.
HIK…Stamp ‘n knoffelhuisie fyn en suig die sap deur ‘n skoon lappie en
drink dan 1 teelepelvol. Dir hik sal weg wees.
Hoë BLOEDDRUK …Hogere Bloeddruk: - Neen elke oggend op 'n nugter
maag een vars knoffelhuisie en kerf dit fyn. Laat dit vir 'n paar minute
net so staan om lug te skep. Sluk dit af met 'n glas lou-warm water.
Jy sal net vir 'n baie klein rukkie effens 'n reukie op jou asem he, en dan
niks meer nie.
Hoë BLOEDDRUK...Drink drie maal per dag 1 teelepel heuning in 1/2 glas
warm water
Hoë BLOEDDRUK…Die asyn sous van gebottelde beet werk wonders! So
lepel elke dag
Hoë BLOEDDRUK…Eet rou aartappel,net so, sonder sout. Dis vrek
sleg, maar dit werk.
Hoë BLOEDDRUK…Kook blare van 'n lukwartboom, gooi sap in 'n bottel
en drink 3 maal per dag
Hoë BLOEDDRUK…Pomelosap is goed vir hoë bloeddruk.
Boererate - H
HOES…Hoes medisyne….Meng 6 onse heuning…2 onse gliserien en die sap
van 2 suurlemoene. Meng goed en bottel en maak dig toe. Gebruik soos
nodig wanneer die hoes pla.
HOES…Vyf druppels Turlington op 'n eetlepel suiker 3 maal per dag
HOESMEDISYNE…1 Bottel Witdulsies, ¾ Bottel Borsdruppels, 2
Teelepel Paragorie, 1 Bottel Roulyn olie, 1 Bottel Turlington, 1 Eetlepel
Asyn, 500g Heuning, Pepperment druppels na smaak.
HOESMEDISYNE…As jy ’n hoesmiddel nodig het, probeer heuning in
water met suurlemoensap of appelasyn
HOESMEDISYNE…Hoesmedisyne resep…1 bottel heuning. Die res is
alles Lennons…so die mate vir almal is dieselfde. 1 bottel
Peppermentdruppels.. 1 bottel Borsdruppels... 1 bottel Jamaika
Gemmer...1 bottel Turlington... 1 bottel Paragora... 1 bottel Epejuana
Tinktuur... 1 klein botteltjie roulynolie. Gooi alles saam…kook vir 5
minute en gooi in 'n bottel. Vat so twee groot slukke, of 2 groot
desertlepelsvol op 'n slag.
HOESMEDISYNE…Neem 2 botteltjies borsdruppels, 1/2 koppie vars
suurlemoen sapen 1/2 bottel heuning. Meng bestandele saam in 'n
houer. neem een eetlepel daarvan 3 maal per dag. Moet nie in yskas
plaas bere nie.
HOESMEDISYNE…Resep. 1 bottel heuning Die res is alles Lennons,
so die mate vir almal is dieselfde 1 bottel Peppermentdruppels 1 bottel
Borsdruppels 1 bottel Jamaika Gemmer 1 bottel Turlington 1 bottel
Paragorie 1 bottel Epejuana Tinktuur 1 klein botteltjie roulynolie. Gooi
alles saam, kook vir 5 minute en gooi in 'n bottel. Vat so twee groot
slukke, of 2 groot desertlepels vol op 'n slag
HONDBYT…As ‘n hond jou gebyt het moet jy van sy hare afsny en op die
bytplek sit…dit sal dat die kwaad uittrek
HONDBYT…Meng die geel van 1 eier…1 eetlepel heuning en 1
dessertlepel terpentyn baie goed…en smeer aan die bytplek om die
kwaad uit te trek.
HONDBYT…Pluk van die hond se hare uit en verbind op bytplek
Boererate - H
HOOFPYN…Drink 1 teelepel heuning in 1 koppie swart koffie.
HOOFPYN…Drup net 5 druppels terpentyn op die kroontjie en vryf ook
terpentyn op die slape en langs die nek in.
HOOFPYN…Gooi ‘n paar boegoeblare op ‘n ½ bottel brandewyn en laat dit
trek. Suig deur en gooi dan van die brandewyn op die kop. Bind die kop
nou toe met ‘n doek en gaan le vir ‘n rukkie…pak die kop maar toe met
kussings.
HOOFPYN…Gooi 1 lepel fyn sout en ‘n handvol bloekomblare in ‘n ¾ bottel
brandewyn en skud goed. Laat dit trek en maak dan ‘n flennielappie nat
daar mee en sit op die voorkop. Herhaal sodra die lappie droog word.
HOOFPYN…Gooi een KPP-poeier in 'n teelepel, vul lepel met witdulsies,
sluk weg en drink bietjie water agterna.
HOOFPYN…Hier is ‘n ou..ou raat. As jy in die veld stap en hoofpyn kry..
dan soek jy net ‘n wildetwaksboom en pluk van die blare. Pak jou hoed
se bol vol en sit dit op jou kop…gou sal die hoofpyn verdwyn.
HOOFPYN…Klyn mosterdplyster agter op di nek
HOOFPYN…Maak ‘n lappie nat met asyn en strooi fyn kaneel oor…sit dit
dan op die voorkop.
HOOFPYN…Maak pluisies en steek in balsemvita en sit in die ore…smeer
ook balsemvita op die slape.
HOOFPYN…Maak pluisies nat met brandewyn en steek in die ore…en sit
dan ‘n koue nat lap op die voorkop.
HOOFPYN…Meng 1 eetlepel kasterolie en 1 eetlepel paraffien en smeer
dit bo-op die kop. Gaan lê ‘n rukkie…dit werk gou.
HOOFPYN…Meng 1 pakkie engelse sout …fyn gerol…1 botteltjie rooi
poeier en 1 dessertlepel fyngemaakte aluin. Neem 3 maal per dag 1
mespuntvol op die tong gegooi.
HOOFPYN…Meng die geel van 1 eier…’n ½ botteltjie kasterolie en 1
pakkie kerrie goed en smeer op ‘n lappie en sit op die voorkop.
HOOFPYN…Meng mosterd en asyn tot sagte pasta en smeer op ‘n lappie
en sit op die voorkop.
Boererate - H
HOOFPYN…Neem 1 eetlepel salpeter…1 pakkie engelse sout…1 pakkie
kremetart en 1 klein rabarberpoeier en meng goed. Gooi in 1 wynbottel
kookwater en skud goed. Laat afkoel en drink 3 maal per dag ‘n
mondvol.
HOOFPYN…Neem een asperien pil…sit ‘n koolblaar op jou kop en dan ga
leg jy.
HOOFPYN…Smeer blouseep op 2 lappies en sit op jou slape.
HOOFPYN…Smeer die geel van 1 eier op ‘n lappie en strooi dan
mosterdpoeier daaroor. Maak ‘n koppie tee en gooi ‘n paar
kruienaeltjies in. Sit nou die lappie op die koppie tee om dit warm te
maak en sit dan op die voorkop.
HOOFPYN…Sny 1 aartappel in dun skyfies en gaan le en pak dan die
skyfies op die voorkop. Vervang sodra die skyfies swart word.
HOOFPYN…Sny aartappelskyfie en sit op slape
HOOFPYN…Syn 1 aartappel in skyfies en sit in ‘n pan met bietjie asyn en
maak warm. Dit dit net so warm op die voorkop en die slape en bind ‘n
doek om.
HOOFPYN…Trek roosmaryn soos 'n sterk tee en versoet met heuning.
HOOFPYN…Vir kroniese hoofpyn moet jy elke dag drie Dolomietpille
drink…asook Vitemoen B Kompleks pille. Dolomietpille is by
gesonheidswinkels beskikbaar.
HOOFPYN…Vir spanningshoofpyn voeg een dessertlepel heuning in ‘n
halwe glas warm water….sodra jy voel dat die hoofpyn oppad is…drink
stadig …en indien nodig herhaal na twintig minute. Dit is baie effectief
aanngesien spanningshoofpayn (Migraine) deur spanning verooksaak
word…en heuning kalmerend werk.
HOOFPYN…Wanner die hoofpyn toeslaan …neem Dolmiet pille…kan ook
deur kinders gebruik word
HOOIKOORS…Jy kan broodheuning toppe kou so vyf tot ses maal per
dag gedurende die season as jy hooikoors kry..dit help deur die
immuunstelsel te stimuleer. Kou so een telepelvol op ‘n slag.
HOOIKOORS…Meng bloed met dieselfde hoeveelheid bitterappelsap en
ruik daaraan.
Boererate - H
HOOIKOORS…Plaas titseltjie Vaseline (Nie Vicks nie) in hoekies van
neusgate, dit help om die stof en ander irriterende stowwe op te vang.
HOOIKOORS…Smeer vaseline in die neus.
HOOIKOORS…Snuif 'n bietjie tafelsout soos gewone snuif























Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
BABA…As daar aanpaksel op baba se tong is…dan vee jy die tong so 3 keer per
dag met ‘n lanferlappie en flou tee.
BABA…As jy so vier teelepels heuning in baba se waterbottel byvoeg dan help
dit om baba meer rustig en kalm te hou…en dit bevat baie multivitamiene. As
baba se magie te sag werk…verminder die heuning met so halwe teelepel…as die
magie hard is…vermeerder met so halwe teelepel.
BABA…Smeer heuning op baba se tandvleisies as dit tandekry tyd is…dit help
om die seer te doof en hou die baba kalm.
BABA…Suur….Vir suur by baba’s of kinders moet jy net ‘n klompie wildealsblare…
so 9 of 10 neem…asook ‘n hele paar takkies wynruit en dit in ‘n kastrol sit en
kookwater oorgooi en dit laat trek. Suig deur en sit ‘n groot mespuntvol janlap
en ‘n mespuntvol rubarberpoeier en gooi by en meng deur. Laat opkook en voeg
suiker by tot effens dikkerige stroop vorm. Gee elke oggend 1 teelepelvol in.
BABA…Suur…Gee elke oggend ‘n teelepel soetolie…of olyfolie waarby 3 druppels
kasterolie gevoeg is in. Dit sal die kind baie soet maak.
BABA…Suur…Kook ‘n bietjie seringblare en ‘n stukkie gemmer op…suig deur en
voeg dan 1 eetlepel heuning en 1 eetlepel kasterolie by. Meng goed en gee 1
teelepelvol 3 maal per dag in.
BABA…Vir aanpaksel op die tong…moet jy hotnotsvyranke pluk en dit in ‘n mooi
skoon lap toebind. Stamp dan goed sodat die sap uitkom. Smeer die tong met
die sap..en binne ‘n japtrap is die tong weer mooi skoon.
BABBELAAS….Drink bietjie koeksoda in gekookte water.
BABELAAS…Maak gerus vir jou ‘n piesang melkskommel as jy kwaai babelaas
het.
BABELAAS…Neem die volgende oggend 2 Bayer aspirine, los op in 'n glas water
saam met 'n eetlepel suiker, en eet daarna 'n hardgekookte eier. Binne 30
minute is jy goed soos nuut!
BAD…Om badwater sag te maak…gooi handvol growwe sout in die bad terwyl die
water inloop…dit help ook vir klein seertjies of snytjies.
Boererate - B
BAD…Pluk die blomme van laventalplant en gooi in bad terwyl water inloop…dis
baie kalmerend. Jy kan ook katoenlap neem en laventalblare en blomme daarin
toemaak…en die lap goed seep smeer en daarmee bad. Jy sal lekker ruik en dit
is ook kalmerend.
BADOLIE…Neem 1 koppie amandel olie of ligte olyf olie…½ koppie heuning…½
koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in n
mengbak en sit dit dan in n bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos
nodig. Skud die bottel voor gebruik.
BEDNATMAAK…Maak 'n doodgewone garetolletjie om die kind se lyf vas sodat
die tol op die ruggie sit…stuur die kind bed toe en siedaar…die bed bly droog.
BEDNATMAAK…Vang 'n streepmuis, slag af en braai hom, gee vir die kind om te
eet, moenie vir hom se dis 'n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie.
BEDSERE…Gooi bietjie brandewyn op kweperpitte en laat ‘n rukkie staan tot dit
‘n jellie vorm. Smeer die pasient met die jellie.
BEDSERE…Klits die wit van 1 eier en sit brandewyn by en smeer die plekke.
BEDSERE…Laat die persoon op ‘n gelooide vel le.
BEDSERE…Neem Prep en een botteltjie turlington. Meng goed en smeer aan
die seerplekke.
BENE…As jy gepla is van bene wat swel kan die volgende dalk van hulp wees.
Neem 2 lepels kanferbrandewyn…2 lepels asyn…2 lepels terpentyn…2 lepels
soetolie…2 lepels sout. Skud goed en smeer aan pynlike plekke.
BENE…Krampe in die nag…gooi blomswael voor in die skoene voor jy dit aantrek…
loop gedurende die dag op die blomswael.
BEROERTE…As iemand sy spraak verloor deur ‘n beroerte-aanval….of half
verlam is daarvan…dan neem u net ‘n bietjie droe mosterd soveel as wat op die
dik plek van ‘n teelepel se steel sal pas en sit op die tong. Laat dit met klein
bietjies water afspoel in die keel in. Die pasient sal dan self begin slug en
algaande beter kan sluk. Herhaal elke uur of twee tot die pasient weer self
normaal kan sluk. Dit is baie goeie raad.
Boererate - B
BEROERTE…Brand lanfer…die swart materiaal wat die ou mense vroeer mee
gerou het tot as. Neem ‘n mespunt van die as en gooi daarby 3 druppels
hoffmansdruppels en ‘n bietjie water. Gee vir die persoon wat beroerte gehad
het 3 maal per dag so ‘n dosis.
BEROERTE…Deur gereeld piesangs as deel van jou daaglikse kosinname te hê
verminder jy die risieko van beroerte met soveel as 40%.
BEROERTE…Di sike mak dagga laat rook, en as hy ni self kan rook ni, dan kan 'n
ander di rook in zijn mond inblaas tot syn tong los gaan, dan kan hy self rook.
BEROERTE…Gooi ‘n mespunt droe mosterd in ‘n glas water en meng. Laat die
pasient 2 mondevol drink en gebruik die res om die kop nat te maak.
BEROERTE…Gooi 2 koppies kookwater op 1 koppie rou koffiepitte. Laat dit
stadig prut tot sterk of vir 15 minute lank. Gee dadelik vir die pasient die
helfte om te drink..and dan na 4 ure weer die ander helfte. Herhaal daagliks
tot die aanvalle stop.
BEROERTE…Grawe ‘n dooie soetdoringboom se wortels wat na sonop kyk uit.
Kneus die wortels en kook goed in water. Drink 3 keer per dag ‘n ½ koppie van
die water.
BEROERTE…Meng 1 mespunt engelse sout en 1 mespunt rooi poeier…en sit op
die pasient se tong…en gee bietjie water om mee weg te sluk. Hou die voete in
‘n mosterdbad. Trek rou koffiepitte en gee 3 maal per dag daarvan om te drink.
BEROERTE…Neem ‘n mespunt kryt op ‘n glas water.
BEROERTE…Neem 11 rou koffie pitte in beetje water en sit op lou plek van die
stoof. Binne uur het dit ‘n uitloopseltie en dan is dit goed om te drink.
BEROERTE…Neem dadelik 'n bottel asyn en maak sy kop nat met die asyn…gee
ook 'n lepel asyn in.
BEROERTE…Trek 7 rou koffiepitte in kookwater tot mooi groen en gee vir die
pasient om te drink.
BEROERTE…Trek dagga in water soos tee en drink.
Boererate - B
BEROERTE…Vat ‘n nuwe stuk lamfer en steek dit in ‘n bak aan die brand…en gooi
‘n handoek oor die persoon se kop sodat hy die rook kan inasam. Wanneer dit
klaar gebrand het dan neem jy ‘n teelepelvol elke oggend en gee vir die pasient
in.
BLAAR…Om gebreekte blaar te ontsmeet…tik net ‘n paar druppels Listerine
daarop..dis ‘n sterk ontsmetmiddel.
BLAAS….Vir blaasprobleme….drink boegoetee
BLAAS…Blaasontsteking…n Bietjie koeksoda in gekookte water help vir
blaasontstekening.
BLAAS…Vir blaas infeksies neem jy twee eetlepels kaneel en een teelepel
heuning in ‘n glas louwarm water en drink dit. Dit vernietig die kieme in die
blaas.
BLAAS…Vir blaaspyn…trek kruisement soos tee…en drink 'n warm koppie vol.
BLINDEDERM…Drink ‘n mespunt rooi poeier.
BLINDEDERM…Drink elke oggend op jou nugtermaag 1 teelepel kasterolie. Hou
aan vir 3 weke.
BLINDEDERM…Drink op 1 dag 2 botteltjie wit dulcies uit. Drink ‘n ½ bottel op
‘n slag. Dit sal laat die blindederm uitdroog.
BLINDEDERM…Gooi 1 bottel aptekersparaffien…1 middelslag botteltjie 47qq en
1 botteltjie wit dulcies in ‘n vrugtefles en skud goed om te meng. Neem
soggens en saans 1 dessertlepelvol.
BLINDEDERM…Gooi 3 bottels water in ‘n kastrol en laat opkook tot net 1 bottel
oorbly. Gooi nou 1 lepel suiwer kalk en 1 lepel salpeter in. Skud die bottel goed
en drink 1 eetlepelvol 3 keer per dag.
BLINDEDERM…Kneus 7 knoffelhuisies goed en gooi op 1 bottel soetolie. Meng
goed en laat staan om te trek. Neem 1 eetlepelvol 3 maal per dag.
BLINDEDERM…Kook ‘n handvol kakiebos in ‘n bietjie water tot daar 1 koppievol
oorbly…maar moet nie langer as 15 minute kook nie. Haal van vuur af en gooi
deur ‘n skoon doek….laat nou afkoel. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol …net
so…moenie iets bygooi nie.
Boererate - B
BLINDEDERM…Maak ‘n pasta van 1 eetlepel mosterd en kasterolie. Smeer dan
die pasta op ‘n flennielap en sit nog een oor en sit dit dan op. Hou so aan totdat
die pleister nie meer uitdroog nie. Dan is die inflammasie in die blindederm
gebreek.
BLINDEDERM…Maak 1 koppie melk warm…en roer dan 1 teelepel borrie in.
Drink elke oggend en aand totdat die blindederm gesond is.
BLINDEDERM…Meng 1 eetlepel bitter kaskara en 8 onse aptekersparaffien.
Drink 3 keer per dag 1 eetlepelvol op 1 koppie kookwater. Dit moet so warm
moontlik gedrink word.
BLINDEDERM…Skroei rys tot bruin…rol fyn en sit in kookwater en laat trek.
Drink dan 1 kelkievol 3 keer per dag.
BLOED...Hoë bloeddruk…Knoffel op jin. Sit 4 dae lank in die son om te trek.
Drink 1 eetlepel smorens en saans.
BLOED...Hoë bloeddruk…Sit 2 eetlepels heuning….1 eetlepel salpeter…1 pakkie
engelse sout en die sap van 1 suurlemoen in ‘n glas bak. Gooi nou 1 pint
kookwater oor en meng tot alles mooi opgelos is. Sit in houer met deksel sodra
dit afgekoel het. Drink elke oggend vir 10 dae op jou nugtermaag 1 wynkelkie
hiervan. Slaan 10 dae oor en begin weer van voor af.
BLOED…As jy aan bloedarmoede ly kan jy gerus piesangs eet. Piesangs is ‘n
Tropiese Vrug wat baie hoog in potassium maar tog laag in soutinhoud is en dit
help baie in gevalle van bloedarmode. Maak melkskommel van piesang met melk
en voeg heuning by…die piesang sal die maag kalmeer en reguleer om sodoende
die gevaar van beroerte teen te werk…tesame met die heuning bou dit die
bloedsuiker weer op terwyl die melk die maag streel en die sisteem re-hidreer
van bloedarmoede.
BLOED…As jy slegte bloed sirkulasie het…drink elke dag knoffel. Kneus die
knoffel en trek in kookwater…laat afkoel en drink soggens en saans hiervan.
BLOED…Bloedarmoede…Drink ‘n koppie suikerwater as jy aan bloedarmoede ly.
BLOED…Bloedarmoede…Eet rou lewer …dit help as jy bloedarmoede het.
BLOED…Bloedarmoede…Rasper 4 rou bete en sit in konfytfles en gooi 1 bottel
wyn oor en roer goed. Laat dit vir 4 dae staan om te trek en suig dan deur.
Neem 1 eetlepelvol voor etes.
Boererate - B
BLOED…Bloedarmoede…Rasper rou beet en eet dit.
BLOED…Bloedarmoede…Twee groot rou beet…grof gerasper in 'n glasbak. Giet
'n bottel Port wyn daaroor. Voeg een botteltjie Lennon’s Versterkdruppels
daarby en laat staan oornag om te trek. Gooi deur doek en bêre vloeistof in
yskas. Drink 3 keer per dag 'n ¼ koppie vol. Party resepte gebruik Milk Stout
(bier) in plaas van Port. Ander gebruik Lennon’s Staaldruppels in plaas van
Versterkdruppels.
BLOED…Deur gereeld piesangs te eet wat laag is in sout kan dit help om jou
bloeddruk te reguleer.
BLOED…Drink elke dag Lesitien vir slegte bloedsirkulasie.
BLOED…Drink pomelosap as jy aan hoë bloeddruk ly.
BLOED…Gooi 1 vingerhoedvol buskruit in 1 glas water. Roer goed en drink op
jou nugtermaag om die bloed suiwer te maak.
BLOED…Hoë bloeddruk….Neem 7 rissiepitte op jou nugtermaag…elke oggend vir
3 maande.
BLOED…Hoë bloeddruk….Rasper 1 groot beet en gooi dit op ‘n bottel goeie wyn
en laat trek vir ‘n week. Drink ‘n kelkievol voor etes.
BLOED…Hoë bloeddruk…Drink elke oggend op jou nugtermaag 1 teelepel heuning
in 1 koppie kookwater vir 21 dae lank. Slaan 7 dae oor. Rasper nou 1 matige
grootte aartappel en druk die sap goed uit en sif. Drink 1 eetlepelvol elke 2de
dag vir 14 dae. Begin weer by die heuning. Herhaal paar maal en dan hoort jy
nie meer las van hoe bloeddruk te he nie.
BLOED…Hoë bloeddruk…Drink op jou nugtermaag 1 eetlepel heuning in 1 koppie
kookwater. Drink elke oggend vir 14 dae en slaan dan 8 dae oor en herhaal die
dosis. Doen dit vir 3 maande.
BLOED…Hoë bloeddruk…druk die sap van ‘n suurlemoen uit en sit in ‘n glas
water…en voeg by 1 teelepel koeksoda by. Klits goed en drink.
BLOED…Hoë bloeddruk…Gooi 1 bottel lewertraan in melk en meng goed. Neem
3 maal per dag.
BLOED…Hoë bloeddruk…Gooi 1 pakkie engelse sout en 3 eetlepels heuning in 1
bottel kookwater en skud tot dit goed gemeng is. Drink 3 maal per dag ‘n
wynkelkievol.
Boererate - B
BLOED…Hoë bloeddruk…Gooi 2 eetlepels heuning en 2 eetlepels suurlemoensap
in 1 koppie kookwater en meng goed deur. Drink op jou nugtermaag. Jy kan dit
2 keer per week drink.
BLOED…Hoë bloeddruk…Gooi in ‘n glasbak… ½ pond vars heuning… ½ botteltjie
wit dulsies… ½ botteltjie kamellaessens en ½ botteltjie rooi laventel. Meng
baie deeglik en neem ½ teelepelvol 3 maal per dag.
BLOED…Hoë bloeddruk…Kook water en gooi 1 bottel vol daarvan. Voeg nou by
3 eetlepels heuning en 1 pakkie engelse sout. Skud goed tot alles opgelos is…en
drink elke oggend op jou nugtermaag ½ glas daarvan. Onthou om die bottel elke
keer goed te skud voor gebruik. Drink elke oggend vir 3 weke lank hiervan en
slaan dan 1 week oor. Dan drink jy weer vir 3 weke en slaan 1 week oor. Hou
maar vir ‘n tyd lank aan hiermee en jy sal lekker voel en die bloeddruk sal nie
meer pla nie.
BLOED…Hoë bloeddruk…Maak 6 pakkies engelse sout fyn soos poeier en meng
dan by 1 botteltjie rooi poeier. Dit moet baie goed gemeng word. Neem dan
elke oggend op jou nugtermaag ‘n mespuntvol.
BLOED…Hoë bloeddruk…Maak vir jou ‘n toebroodjie van knoffel en eet dit as jy
voel jou bloeddruk is te hoog.
BLOED…Hoë bloeddruk…Maak vir jou so 2 keer per week ‘n toebroodjie van
knoffel en vleis en eet.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng ‘n ½ pond wit versiersuiker..1 pakkie koeksoda en
1 pakkie engelse sout goed deurmekaar en neem dan 1 teelepelvol en sit op die
tong en sluk weg met water. Neem dit na elke ete.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng 1 bottel jenewer…1 botteltjie wit dulsies…en die
sap van 1 suurlemoen in ‘n glas of erdebak. Dit sal so 1 ½ bottelsvol wees.
Drink 3 maal per dag ‘n mondvol hiervan.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng 1 botteltjie rooi poeier…1 pakkie engelse sout…1
pakkie wynsteensuur en 1 koppie wit versiersuiker baie goed saam en plaas in
vrugtefles met skroefdeksel. Dit moet spierwit versiersuiker wees vir
suiwerheid. 10 Minute voor elke ete moet jy 1 teelepel van die mengsel so
droog eet.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng 1 eetlepel koekmeel en 1 teelepel rooipeper goed…
maak dan aan met ‘n klein bietjie water tot dit ‘n stywe deeg vorm. Rol nou
klein pilletjies van die deeg en laat goed droog word. Drink elke aand 1 van die
pilletjies voor jy gaan slaap. Hou aan vir 1 week…slaan nou 1 week oor en
herhaal die dosis.
Boererate - B
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng 1 pakkie engelse sout…1 pakkie rooi peper en 1
pakkie salpeter baie goed saam. Dit moet gelyke hoeveelhede wees. Sit elke
oggend op jou nugtermaag ‘n mespuntvol op jou tong en sluk weg met water.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng 2 eetlepels heuning en 1 gelykvol teelepel
salpeter in ‘n ½ koppie water. Maak seker dat dit goed gemeng is en gebruik dit
dan 2 keer per week.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng goed saam…2 eetlepels heuning…7 rissiepitte…1
pakkie engelse sout en 1 botteltjie rooi peper. Neem deur die loop van die dag
‘n par keer 1 teelepelvol.
BLOED…Hoë bloeddruk…Meng in ‘n glasbak 3 pakkies kremetart…3 pakkies
engelse sout…1 bottel rooi poeier …1 eetlepel wit versiersuiker…3 pakkies
koeksoda en 1 teelepel fyn salpeter. Soggens en saans moet U ‘n teelepelvol in
‘n glas water oplos en drink.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem ‘n matige aartappel…was mooi skoon en rasper
met skil en al. Druk deur sif. Drink 1 eetlepelvol elke tweede week…dan voel
jy weer lekker.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem ‘n mespunt rooi poeier en sit op die tong…en sluk
dit weg met ‘n glasie water.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem 1 bottel kookwater en laat afkoel. Neem 1 pakje
Engelse sout…1 botteltjie rooi poeder…1 teelepel peperment druppels en 1
teelepel kremetart. Neem dan 1 eetlepel iedere more op die nugtermaag.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem 1 bottel reënwater en sit daarin 1 pakkie engelse
sout …1 pakkie kremetart en 1 gelyk eetlepel salpeter. Skud baie goed tot alles
opgelos het. Drink 3 keer per dag 1 eetlepelvol. Dit help ook baie vir daai
dronk in die kop gevoel wat deur hoe bloeddruk veroorsaak word.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem 1 botteltjie rooi poeier en gooi ‘n derde daarvan
uit en maak dan die bottel vol met salpeter…skud goed om te meng..of meng in
bak en gooi terug in die bottel. Neem nou elke oggend op jou nugtermaag ‘n
mespuntvol in ‘n ½ glas water en ook saans voor bedtyd.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem 1 eetlepel salpeter…1 eetlepel swael…1 eetlepel
suiker…1 pakkie koeksoda en 1 pakkie kremtart en meng baie goed saam. Sit in
wyenek fles. Soggens op jou nugtermaag dan neem jy ‘n ¼ teelepelvol. Dis
uitstekende raad.
Boererate - B
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem 1 pond epson sout en gooi daarby 1 hoog eetlepel
vyn gemmer en 1 hoog eetlepel vyn salpeter. Maak goed deur mekaar en neem
in die aand ‘n teelepel hoog vol van die mengsel en gooi dit in ‘n glas water en sit
dit voor die bed. Die ander dag oggend drink jy dit op die nugter maag. Hou
so an tot jy voel die bloeddruk is beter. Voel jy later weer sleg and drink mar
weer ‘n maal…dit sal jou seker geheel en al genees.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem een bottel kookwater en voeg daarby 1 pakkie
engelse sout en 1 pakkie koeksoda. Drink elke oggend op jou nugtermaag ‘n
wynkelkievol waarby jy ½ teelepel kremetart gevoeg het. Dit is ‘n heel
aangename drankie.
BLOED…Hoë bloeddruk…Neem saans voor jy bed toe gaan 1 teelepel wit dulsies
en ‘n knippie sout in ‘n ½ glas water.
BLOED…Hoë Bloeddruk…Pluk 18 moresterblommetjies en sit in ‘n kastrol en
voeg 2 koppies water by. Laat kook vir 10 minute en haal dan van stoof af om
af te koel. Gooi in bottel…en drink 1 eetlepelvol elke oggend op jou
nugtermaag.
BLOED…Hoë bloeddruk…Rasper ‘n middelmatige rou aartappel fyn en druk dan
deur draad teesiffie. Sit 1 eetlepelvol in ‘n koppie en sit by 3 eetlepels water.
Drink dit op jou nugtermaag. Indien jou bloeddruk baie hoog is…kan jy dit 3
maal per dag drink vir 1 week…dan 2 maal per dag die tweede week en dan vir
twee weke net 1 keer per dag. Die sap bring die bloeddruk baie gou af…so
moet nie te veel of onnodig daarvan drink nie.
BLOED…Hoë bloeddruk…Rasper 1 aartappel…suig deur en drink elke derde dag 1
eetlepelvol sap vir 3 weke…en daarna 1 eetlepelepvol 1 keer per week.
BLOED…Hoë bloeddruk…Rasper wortels en pynappels en sit in lemoensap en
drink op jou nugtermaag.
BLOED…Hoë bloeddruk…Trek ‘n klompie tiemieblare soos tee…en drink 3 maal
per dag ½ koppie daarvan.
BLOED…Hoë bloeddruk…Trek pietersielie soos tee en drink 3 keer per dag
daarvan.
BLOED…Hoë bloeddruk…Trek wynruit en drink 3 maal per dag ‘n groot mondvol.
BLOED…Hoë bloeddruk…Trek wynruit soos tee en drink deur die dag ‘n
mondjievol daarvan.
Boererate - B
BLOED…Hoë bloeddruk…Vat sommer so ‘n klompie ryp koljander en kou dit as
die bloeddruk pla.
BLOED…Lae Bloeddruk…1 deel whisky…3 dele heuning…meng en neem een
kelkievol elke aand voor slaaptyd
BLOED…Lae Bloeddruk…Die wortels van licorice plant getrek vir 'n half uur in
warm water.... AAAAAAKLIG maar dit is baie baie baie goed vir lae bloeddruk
en suiker. Twee koppies 'n dag!
BLOED…Lae bloeddruk…Rasper 3 rou bete en sit in ‘n bak. Gooi nou 1 bottel
wyn by en meng goed deur. Laat staan in die son vir 3 dae. Drink 1 eetlepelvol
3 maal per dag.
BLOED…Lae bloeddruk…Soggens op jou nugtermaag..en saans voor jy gaan slaap
dan neem jy ‘n mespunt rooi poeier en sit dit op jou tong….sluk weg met ‘n
bietjie water. Hou aan hiermee tot jy beter voel en hou dan op.
BLOED…Lae Bloeddruk…Swart stringe liquorice. Dit werk beter as enige
medisyne! Eet soveel daarvan as jy wil…maar dit moet die plein swart wees…die
ander het te veel suiker in…en suiker verlaag jou bloeddruk.
BLOED…Maal 3 suurlemoene met skil en pitte en al…en 3 koffelhuisies saam en
gooi in ‘n bottel warm water. Laat oornag staan om te trek en gooi dan die
water af en drink elke more op jou nugtermaag 1 eetlepelvol.
BLOED…Neem 1 pakkie engelse sout…1 pakkie kremetart en 1 groot bottel
water. Gooi alles bymekaar en skud goed tot dit opgelos is. Drink elke oggend
op jou nugtrrmaag 1 eetlepelvol. Dit sal die bloed versuiwer.
BLOED…Om bloed te stol…staaldrupples op die wond
BLOED…Om bloed te suiwer moet jy wynruitblare pluk en in kookwater trek
soos tee. Drink 3 of 4 maal per dag daarvan.
BLOED…Om bloeden uit neus te stoppen…1 teelepel kremetart in een glas water
te drinken.
BLOED…Trek dagga in kookwater en drink soos tee as jy hoë bloeddruk het.
BLOED…Vir bloedklonte…'n KLEIN bietjie cinnamon in warm water elke dag
werk wonders. Cinnamon is soos die natuur se disprin. Dit verdun die bloed.
BLOED…Vir hoë bloeddruk moet jy ‘n stukkie steenkool ‘n ‘n vrugteflessie sit en
Boererate - B
BLOEDVERGIFTIGING…Week ‘n paar blare van roltwak in water en sit dit op
die seerplek. Dit moet goed warm wees. Gebruik die water om die seer plek
mee te was…vernaamlik as dit eers oopgegaan het…dan sal dit gou genees.
BLOEDVERGIFTING…Gooi 3 pakkies koeksoda in warm water en hou die
sweerplek daarin. Jy moet aanhoudend kookwater bygooi sodat die water altyd
baie warm is.
BLOEDVINT…Sit tomatiepasta op watte en sit op die bloedvint…en bind toe of
sit pleister op om in plek te hou…die suur in die tomatiepasta streel die pyn weg
en bring die bloedvint tot rypheid sodat dit verwyder kan word.
BLOEDVINTE…Bak eierdoppe in die oond tot goed bruin. Maak baie fyn en sit
tussen 2 snye brood en eet dit.
BLOEDVINTE…Drink op jou nugtermaag 5 druppels staaldruppels op 1 teelepel
suiker…of in ‘n bietjie melk. Herhaal vir 1 week elke oggend.
BLOEDVINTE…Druk die pit en etter uit ‘n bloedvint op ‘n stukkie watte. Sny
nou ‘n diep sny in ‘n turksvyblaar en druk die watte daarin. Jy sal nie weer
bloedvinte kry nie.
BLOEDVINTE…Druk die pit van die bloedvint uit op ‘n klein stukkie lap of
watte…sny nou ‘n diep sny in ‘n jong boompie. Lig die bas effens en druk die lap
of watte onder die bas in. Bind die bas vas met lyn of ‘n verband. Sodra jy
sien die ent groei…sal jy nie weer bloedvinte kry nie. Dit neem sowat 1 week vir
die ent om te vat.
BLOEDVINTE…Eet 2 neute op.
BLOEDVINTE…Gooi 5 druppels jodium in 1 glas water en drink op jou
nugtermaag. Dit sal die bloedvint sommer laat opdroog.
BLOEDVINTE…Gooi klein bietjie suiker in 1 eetlepel mieliemeel en meng met
bietjie water tot pasta. Smeer op ‘n lappie en sit op die sweer of bloedvint en
maak toe sodat dit kan trek.
BLOEDVINTE…Hierdie is uitstekende raat vir ‘n bloedvint of pitsweer wat nie
wil ryp word nie. Neem 1 sny growwe brood en verkrummel. Sit bietjie
kastertolie by en so 1 druppel warm water. Meng goed deur sodat die brood
goed nat is en pap. Smeer op ‘n ou flennielappie en sit nog een oor om dit toe
Boererate - B
te maak. Dit moet baie warm op die bloedvint of sweer gesit word. Vervang
elke 2 uur totdat dit rypgetrek is. Dit werk goed en baie gou. Onthou net om
dit warm te hou.
BLOEDVINTE…Kerf malvablare baie fyn…en meng met mieliemeel en kookwater
tot ‘n smeerbare pap. Sit baie warm op die bloedvint.
BLOEDVINTE…Klits 1 eierwit en sit bietjie aluin by en klits saam. Smeer op ‘n
stukkie watter of skoon lappie en sit op die bloedvint.
BLOEDVINTE…Kneus en kook ‘n paar knoffelhuisies tot sag in bietjie water.
Gooi nou ‘n knippie sout en rogmeel by…en meng goed totdat dit ‘n pap vorm.
Smeer daarvan op ‘n lappie en sit baie warm op die bloedvint…en sit nou ‘n lappie
bo-oor. Vervang sodra dit koud is.
BLOEDVINTE…Kook 1 hoendereier tot baie hard. Slaan en rol nou die eier tot
dit goed fyn is…met dop en al. Sit tussen 2 snye brood en gee vir die persoon
met die bloedvint om te eet. Maak so ‘n toebroodjie 3 maal in 1 week.
BLOEDVINTE…Kook 1 sny ou brood in 1 koppie melk tot sag en breibaar. Brei
dit nou en sit so warm moontlik op die bloedvint en maak toe met ‘n lappie.
BLOEDVINTE…Krap sunlight seep om 1 eetlepel vol te maak…sit nou bietjie
suiker by en laat die een wat die bloedvint het bietjie spoeg bysit. Meng goed
en sit op die bloedvint en sit pleister oor om dit vas te hou. Laat dit net daar…
dit trek taamlik kwaai…maar die bloedvint is gou ryp en oop.
BLOEDVINTE…Maak ‘n gaaitjie in ‘n neut en dra dit op ‘n bandjie om die nek.
Hou dit om die nek vir ‘n paar maande.
BLOEDVINTE…Maak ‘n stukkie slangvel nat met water of brandewyn en sit op
die bloedvint.
BLOEDVINTE…Maak 1 pennie….wat eers mooi skoon gewas is…warm op die
stoof. Sodra dit witwarm is…dan gooi jy dit in 1 eetlepel koue water. Gee vir
die een met die bloedvinte om te drink.
BLOEDVINTE…Maak 1 teelepel wit teesuiker fyn en meng met genoeg gliserine
om dit smeerbaar te maak. Sit op die bloedvint en maak toe. Herhaal 3 keer
en die bloedvint sal ryp getrek wees.
Boererate - B
BLOEDVINTE…Maak bietjie verdwynpleister warm en sit op die bloedvint. Hoe
vroeer jy dit opsit hoe gouer is die bloedvint iets van die verlede.
BLOEDVINTE…Maak engelse sout aan met klein bietjie water tot ‘n pap. Sit op
die bloedvint om te trek.
BLOEDVINTE…Maak enige bottel vol kookwater. Gooi die water dadelik weer
uit en sit dan die warm bottel op die bloedvint om dit te trek.
BLOEDVINTE…Maak koolblare goed warm en sit op die bloedvint of sweerplek….
dit help ook vir die pyn.
BLOEDVINTE…Maak stinkolieblare warm en gooi so bietjie kasterolie by. Sit
dan sterk warm op die bloedvint en maak toe. Dit trek kwaai…maar dan is die
bloedvint gou ryp.
BLOEDVINTE…Maak vir jou 7 pilletjies van pik… twee maal so groot soos ‘n
speld se kop. Sodra jy voel ‘n bloedvint is op pad dan drink jy die aan 4 van die
pilletjies en die volgende oggend op jou nugtermaag dan drink jy die ander 3.
Die bloedvint sal binne ‘n paar dae gesond wees.
BLOEDVINTE…Meng 1 eetlepel bok of varkvet met 1 teelepel Little’s Dip baie
goed saam. Smeer op ‘n lappie en sit op die bloedvint en bind toe. Dit sal gou
ryptrek.
BLOEDVINTE…Meng 1 eetlepel heuning en 1 eiergeel baie goed saam. Sit op
die bloedvint en maak goed toe. Die mengsel wat oorbly kan in ‘n klam doekie in
die yskas gebere word. Sodra die bloedvint ryp is…en die pit uitgedruk…dan
haal jy die mengsel uit die yskas uit en sit op die oopplek waar die pit uitgekom
het. Dit sal gou toetrek en gesond word.
BLOEDVINTE…Meng 1 eiergeel…1 eetlepel fyn sout en 1 eetlepel heuning
deurmekaar en smeer daarvan op ‘n lappie en sit op die bloedvint en maak toe.
Die bloedvint sal gou ryp word sodat jy die pit kan uittrek.
BLOEDVINTE…Meng 1 teelepel rou lynolie…1 teelepel borrie…1 teelepel vernis
en 1 teelepel ghries goed saam en smeer op ‘n ou flennielap en sit op die
bloedvint en maak toe. Dit sal die bloedvint baie gou ryp trek.
BLOEDVINTE…Meng bietjie houtas…ou suurdeeg…blouseep en ‘n bietjie suiker
en sit dan op die bloedvint of pitsweer.
Boererate - B
BLOEDVINTE…Neem 2 klein ronde neute en sy 1 middeldeur. Rasper die die
een helfte fyn en gooi in ‘n glas warm melk en drink. Gooi die ander helfte van
die neut weg. Na 2 dae dan doen jy dieselfde met die ander neut.
BLOEDVINTE…Neem bywerk en smeer op ‘n lappie en sit op die bloedvint.
BLOEDVINTE…Om bloedvinte te laat verdwyn…dra vir 'n paar maande 'n neut
aan 'n toutjie op die bors.
BLOEDVINTE…Pluk ‘n handvol malvablare en stamp goed. Gooi bietjie warm
water oor en los dat dit goed week. Neem nou daarvan en sit op ‘n lappie… en
sit op die bloedvint of plek wat sweer.
BLOEDVINTE…Pluk viooltjie blare en stamp dit fyn. Sit in ‘n erdekastrol en sit
die deksel op. Dit moet agter op die stoof gesit word om baie stadig warm te
word. Geen water moet bygegooi word nie. Sny ‘n stukkie brood…so groot
omtrent soos jou duim en week dit in ‘n bietjie melk. Haal uit en meng met die
viooltjie blare en sit so warm moontlik op die bloedvint en maak toe met ’n ou
flennielappie. Herhaal elke uur totdat die bloedvint ryp is.
BLOEDVINTE…Rasper bietjie blou seep en sit daarby ‘n bietjie suiker en ‘n paar
druppels water. Meng goed tot pasta en sit op die bloedvint en maak toe.
BLOEDVINTE…Rol waar jou hond gerol het. Sodra die hond opstaan… dan rol
jy op dieselfde plek. Die aanraking met die grond doen wondere.
BLOEDVINTE…Sit ‘n paar stukkies lood in 2 koppies melk en kook tot dit tot 1
koppievol verminder het. Syg deur en gee dan die melk om te drink.
BLOEDVINTE…Sit 1 eetlepel heuningwas… 1 eetlepel rou lynolie en 1 eetlepel
fyngerasperde sunlight seep in ‘n kastrol…en sit op die stoof. Die plaat moet
net louwarm wees en jy moet dit gedurig roer sodat dit kan smelt. Haal van
stoof af en meng goed en smeer op ‘n stukkie watte of ou lappie en sit op die
bloedvint en bind toe.
BLOEDVINTE…Sit 1 koekie suurdeeg in 1 glas water en los tot dit mooi opgelos
het. Roer goed en drink dit alles uit.
BLOEDVINTE…Sit bietjie vars beesmis in ‘n blikkie en gooi effens asyn by.
Maak warm en meng. Sit op ‘n lappie en sit op die bloedvint. Dit sal die
Boererate - B
bloedvint gou ryp trek.
BLOEDVINTE…Sit pleister gemaak van eiergeel en sout wat opgeklits is aan…
vervang elke oggend en aand.
BLOEDVINTE…Skil 1 rou aartappel en sny in dun skuifies. Eet dit net so rou.
Doen so vir 7 dae…sodat jy 7 aartappels opgeeet het.
BLOEDVINTE…Smeer ou suurdeeg op ‘n lappie en sit op die bloedvint…en eet
ook soveel ou suurdeeg moontlik.
BLOEDVINTE…Smeer staaldruppels op ‘n bloedvint.
BLOEDVINTE…Sny ‘n boerpampoen stukkend…en vat van die sagte geel deel
waar die pitte is en maak dit warm in die oond. Sit so warm as die persoon kan
uithou op die bloedvint…en maak toe. Daar sal sommer gou verligting wees.
BLOEDVINTE…Sny ‘n stuk boerpampoen..4 vingers breed skil en sny in klein
stukkies. Gooi ‘n klein bietjie water op en laat kook tot sag en gaar en droog.
Rasper 2 groot geelwortels en 2 groot wit uie fyn en gooi by. Laat kook die
mengsel nou op lae hitte en roer aanhoudend om te verhoed dat dit aanbrand.
Skep van die mengsel op ‘n skoon flennie of linne doek en sit so warm as
moontlik op die bloedvint. Dit sal baie gou ryp trek…en sal ook verligting van
die pyn gee. Herhaal tot jy al die mengsel opgebruik het. Dit moet net elke
keer so warm as moontlik opgesit word.
BLOEDVINTE…Sny ‘n stuk turksvyblaar in 2 en sit die 2 stukke weer
teenmekaar en druk onder die as van die vuur om gaar te word. Maak daarvan
‘n pap en sit op die bloedvint. Dit sal die pit uittrek en die pyn ook laat bedaar.
BLOEDVINTE…Sny 1 groot wit ui in skyfies en sit in ‘n kastrolletjie. Skraap 1
eetlepel boereseep en 1 eetlepel heuning by. Meng en laat smelt op baie lou
hitte….hou maar aan roer sodat dit nie aanbrand nie. Smeer op ‘n stukkie watte
of ou flennielappie en sit op die bloedvint so warm as moontlik. Die wat oor is
kan in ‘n blikkie gebere word en sommer weer so op die stoof warm gemaak word.
BLOEDVINTE…Sny 1 koekie sunlight seep in die helfte en sit dan 1 helfte in
melk en kook baie stadig tot dit gesmelt is. Roer nou bietjie boermeel in en
meng baie goed. Moenie dat dit brand nie. Haal van die stoof af en rasper 1
rou aartappel by en meng goed. Neem ‘n ou stukkie flennielappie en smeer van
die mengsel dik aan. Sit warm op die bloedvint en plak toe.
Boererate - B
BLOEDVINTE…Sny 1 middelmatige aartappel oop en sit die pit op 1 gesnyde
kant. Sit die 2 stukke bymekaar en plant. Sodra die aartappel begin uitskiet
dan is die bloedvinte gesond.
BLOEDVINTE…Sny 1 witwortel in stukkies en kook tot lekker sag is in ‘n bietjie
water. Gooi die water af in ‘n houertjie….moenie weggooi nie. Maak nou die
witwortel goed fyn. Was die bloedvint met die water…en smeer van die
witwortel op ‘n lappie…en sit op die bloedvint. Dit moet baie warm wees as jy
dit opsit….en jy moet dit met ‘n lappie toemaak.
BLOEDVINTE…Stamp kiesieblare en meng met brood en melk om ‘n sagte pasta
te maak. Maak dan sterk warm en sit op die bloedvint so warm as die persoon
kan verdra. Maak toe met ‘n flennielappie en vervang sodra dit koud geword
het met ander warm een.
BLOEDVINTE…Stamp rooibossie…gooi boermeel by en sit dit op die bloedvint…
dit sal gou ryp trek. Rooibossie groei in die vlakte. Dit is ‘n plat rankplant…die
blaar is bo-op groen en onder rooi.
BLOEDVINTE…Trek van die blare van ‘n gifbol af en sit in ‘n erdebord met
melk. Moet nie kook nie…dit moet net warm word sodat dit goed kan trek. Sit
dan op die bloedvint. Gifbol is ‘n plant wat wild groei en ‘n groot bol onder die
grond vorm.
BLOEDVINTE…Vat 1 groot eetlepel vaseline en sit engelse sout by tot dit ‘n
lekker salfie vorm. Smeer op die bloedvint en maak dan toe. Hierdie is ‘n baie
goeie trekmiddel vir bloedvinte.
BLOEDVINTE…Vat 1 groot rosyn en sny oop en sit dit op die bloedvint voor jy
in die aand gaan slaap. Die volgende oggend dan eet jy die rosyn…en die
bloedvint is sommer gesond.
BLOEDVINTE…Wanneer die bloedvinte ryp is..dan moet jy die pitte uitdruk en
na ‘n miershoop neem. Sit dit waar die miere werk…en soos die miere die pitte
wegdra…dan word die bloedvint gesond.
BLOEDVINTE…Was lemoenblare mooi skoon en pak op die bloedvint en bind
toe. Dit sal gou ryptrek.
BLOEDVINTE…Week ‘n lappie in lou harpuis en sit op die bloedvint….dit werk
gou en sal die bloedvint in ‘n japtrap ryptrek.
Boererate - B
BLOUBLASIES…Strooi Meat tenderizer op
BORS… As jou bors toe en benoud is smeer Samboksalf aan die bors…of op ‘n
lappie en sit op bors en hou warm…dit help om bors oop te maak.
BORS…Borskwale…Hierdie mengsel help vir algemene borskwale soos hoes,
kroep, brongitis en so meer. Dit maak slym los maar verlig ook 'n droë hoes. Dit
verminder ook die sinus slym en beheer dus die slym wat agter in die keel afloop
(Post Nasal Drip) Sinus-lyers vind grootliks verligting met die gereelde gebruik
van hierdie mengsel.
Voordat jy begin, moet jy bewus wees dat baie mense die smaak van hierdie
mengsel onaangenaam vind. As jy dus iemand is wat te kere gaan vir die reuk en
smaak van medisyne, moet jy liewer los, want jy sal net jou geld mors. Ek glo
egter die reuk/smaak weersin is maklik beheerbaar, dit verg net 'n bietjie
selfbeheersing("it is all in the mind ! ")
Meng die volgende in 'n groterige glas bottel met 'n digte skroefdeksel:
1 botteltjie LENNON Paragora
1 botteltjie LENNON Turlington
1 botteltjie LENNON Ipekakuanawyn
1 botteltjie LENNON Borsdruppels
1 botteltjie roulyn olie
½ bottel heuning
Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is.
Neem een desertlepel vol soggens en saans.
Sodra jou toestand verbeter het kan jy net een keer per dag 'n desertlepel vol
neem.
Kinders van so drie tot agt jaar moet net 'n halwe desertlepel op 'n slag neem.
Raadpleeg eers jou geneesheer voordat jy dit vir babatjies gee.
BORS…Klont…As ‘n moeder wat borsvoed ‘n klont kry moet jy koolblare in
kookwater sit om goed warm te word…en dan die blare op die bors pak terwyl
hulle nog warm is. Die klont sal dan sommer weg wees.
BORS…Klont…Sit ‘n stukkie oliekleedjie in ‘n ronde pan en gooi melk daaroor.
Laat dit kook en dan uit en sit so warm as moontlik op die bors…met die blink
kant teen die bors.
BORS…Klont…Smeer die bors warm met klapperolie en sit nou ‘n kam op die
klont en sit dan watte bo-op die kam en maak dan warm toe. Hou aan tot die
klont weg is.
BORS…Klont…Smeer heuning op ‘n stukkie wit flennielap en sit dan die lappie op
Boererate - B
die bors…met die heuning teen die bors..en maak toe met nog ‘n lappie om die
onderklere te beskerm en maak dan warm toe.
BORS…Klont…Vir wanneer ‘n borsvoedende moeder ‘n klont in die bors kry dan
moet sy die bors eers met lou water was. Meng dan 1 eiergeel…2 dessertlepels
kanferolie…1 teelepel terpentyn wn 1 teelepels spiritus baie goed deurmekaar.
Smeer op die bors…altyd in ‘n afwaartse rigting met die mengsel en sit dan
koolblare wat in kookwater gehou is tot warm om die bors en maak toe met ‘n
kombers. Trekke moet vermy word. Dit sal net 1 of 2 keer nodig wees om die
bors te behandel en die vreeslike pyn is weg.
BORS…Maak klein sakkie so groot soos voorste lid van duim en sit daarin een
mespunt kerriepoeier en 3 naeltjies…werk dit toe en sit ‘n band aan sodat die
sakkie voor op die bors hang. Dis uitstekend vir veral slym op die bors.
BORS…Neem 1 ½ eetlepels kerrie en meng deeglik met ½ koppie beesvet.
Smeer die mengsel op ‘n flennielap en sit op bors. Herhaal soos nodig.
BORS…Neem 1 blikkie Samboksalf en 2 onse klapperolie en smelt saam oor
laehitte. Neem elke oggend en saans 1 teelepelvol tot bors beter is.
BORS…Neem 9 teelepels skoonteer en sit in emalje skottel met 4 bottels water
wat voorafgekook en afgekoel het. Moet nie geroer of gemeng word nie. Laat
die skottel een nag buite in die dou staan en gooi dit die volgende oggend deur ‘n
lappie. Bottel dit en drink elke oggend op jou nugtermaag een kelkievol.
BORS…Neem sommer 2 ou flennielappe en smeer hulle baie goed met rooi
skoenwaks..onthou…dit moet rooi waks wees. Vou dit nou mooi toe en steek aan
onderhemp vas dat dit tussen die skouer is. Moet nie voor op bors nie …maar
net op rug. Baie goed vir gebruik met kinders. Hou vir hele tydjie op die rug.
BORS…Ouma het ook vir 'n slegte bors tussen jou skouerblaaie kamfer gevryf…
skoenpoelitoer op 'n flennielap gesmeer en op die blaaie gesit.
BORS…Ouma het sommer skoenpolitoer op ‘n flennielap gesmeer en tussen die
blaaie gesit as jy gepla is van ‘n slegte bors.
BORS…Sprinkel paraffien op ‘n lap en sit dit tussen 2 ander lappe en sit op
bors en agter op rug tussen die blaaie…maak egter seker dat die paraffien nie
met die kaal liggaam in aanraking kom nie.
BORS…Toe bors met slegte hoes. Meng gelyke dele heuning…asyn of
Boererate - B
BRAND… Smeer die sap van aalwynblare aan, dit sal voorkom dat blase vorm
BRAND…1 Klein botteltjie klapperolie…2 eetlepels blomswael…..1 teelepel
sinkpoeier en 1 teelepel boorsuurpoeier. Meng baie goed en smeer 2 maal
daagliks aan die brandwonde. Drink saans 10 druppels staaldruppels in water.
BRAND…As iemand met kookwater of vuur gebrand het …neem sunlight seep en
maak skuim…sit dan die skuim op die brandwond…en strooi bietjie fyn tafelsout
op. Die brand sal dadelik afkoel en daar sal nie merke oorbly nie. Dis ‘n baie
goeie raad en kan self vir babas gebruik word.
BRAND…As jy by die stoof gebrand het …smeer net tandepasta aan..daar sal
nie ‘n merk oorbly nie…en die seer sal verdwyn.
BRAND…As jy gebrand het…smeer Colgate Tandepasta aan die wond.
BRAND…As jy met seepsoda gebrand het moet jy dadelik met asyn was en dan
lappies wat in roulynolie… kasterolie of soetolie gedoop is omdraai.
BRAND…As jy met seepsoda gebrand het, sit dadelik asyn op die brandplek.
BRAND…Brand 1 koppie rys tot bruin en maal fyn. Braai nou die fyngemaakte
rys met 1 pond uitgebraaide bokvet en sif. Voeg nou 1 eetlepel soetolie…1
teelepel borrie en 30 druppels balsemsulfuris by en meng baie goed en gooi in
houertjie. Laat koud word en smeer op lappies en sit op die brandwonde en
draai toe.
BRAND…Brand ongebruikte kurkproppe tot ligbruin en krap dan die brandsel af
met ‘n mes en sit dan die poeier op die brandplekke.
BRAND…Brandwonde - sit gansmis op die brandplek
BRAND…Dit is raadsaam om altyd ‘n bottel bitter bier in die huis te hou vir
noodgevalle. As iemand gebrand het….op die voete of hande kan jy dan net van
die bier in ‘n glasbak gooi en die gebrande ledemaat daarin hou vir so 15
minute. As dit elders op die lyf is…dan week jy net watter of lint in die bier en
sit dit dan op die brandplek. Indien dit dadelik gedoen word sal daar nie eens
‘n blasie wees nie.
BRAND…Doop lint in roulynolie en draai om die brandwonde vas en hou daar tot
die brand uittrek…dan kan U spykerbalsem 2 maal per dag aansmeer om
genesing te bevorder. Hou die wonde toe om te verhoed dat lug inkom.
BRAND…Draai lappe wat in roulynolie gedoop is om die wonde om die brand uit
Boererate - B
te trek. Meng 1 bottel balsemsulfuris…1 bottel balsemkopiva…en 1 bottel
haarlemensies goed deur…en voeg by 1 eetlepel roulynolie….1 eetlepel
kasterolie…1 eetlepel soetololie en ¾ eetlepel byewas. Meng baie goed en sit in
wyenek houertjie. Dit is ‘n sagte salf wat dan aan die brandwonde gesmeer
word.
BRAND…Gooi 1 eetlepel kalk in 1 bottel kokende water en roer goed. Laat dit
staan tot die kalk afgesak het..en vat dan van die water en meng 1 koppie
roulynolie by. Klits nou die mengsel goed totdat dit dik word en soos room lyk
en sit in houer met deksel. Smeer van die mengsel op skoon flennie lappie en
sit op die brandwond en draai toe om te verhoed dat lug bykom. Herhaal
totdat al die brand uitgetrek het.
BRAND…Gooi 2 eetlepels sout in ‘n bottel brandewyn en skud goed om op te los…
en gooi daarvan op lappies en sit op die brandplekke.
BRAND…Gooi met die hand asyn op die wond. Moet nie op lappe sit …of dit
smeer nie.
BRAND…Indien jy met wasen of kookwater gebrand het moet jy net fyn aluin in
koue water sit. Doop lappies hierin en le dit dan op die brandmerke. Vervang
sodra die lappies droog word.
BRAND…Klits eiergele baie goed en sit bietjie asyn in …meng goed saam en
smeer dan op lappie of verband en sit op die brandplek. Vervang sodra dit
droog is ….hou aan tot dit nie meer uitdroog nie…dan weet jy die brand is
uitgetrek. Smeer nou salf aan.
BRAND…Kook water en sit 2 eetlepels aluin by een bottel kookwater. Skud
goed en kurk toe. Dis goed om altyd so ‘n bottel klaar aangemaak in die huis te
he..veral as jy klein kinders in die huis het. Gooi van die mengsel op lappies en
sit op die brandwond. Dit sal gou die brand uittrek.
BRAND…Maak ‘n groot kastrol rooibostee sommer baie sterk aan en gooi in
badwater en laat die persoon wat gebrand het daarin lê om al die brand uit te
trek. As jy nie rooibos het nie…gebruik maar gewone tee…maar rooibos is die
beste.
BRAND…Maak ‘n ingelegde perske fyn en sit op die brandplek en draai toe.
BRAND…Maak ‘n pap van koeksoda en water en sit dadelik op die brandwonde…
herhaal tot die brand uitgetrek is..en smeer dan die wit van ‘n hoendereier op…
sodra dit droog is…smeer nog ‘n laag bo-oor…en los dit so aan.
BRAND…Meng 1 stukkie heuningwas en 1 eiergeel tot pasta en smeer aan die
Boererate - B
brandwonde.
BRAND…Meng balsemsulfuris en sinksalf goed deurmekaar en smeer aan die
brandwonde en maak toe.
BRAND…Meng blomswael en klapperolie tot pasta en smeer aan die brandplek so
3 of 4 keer per dag. Jy kan ook so 2 keer bietjie blomswael en suiker gemeng
drink.
BRAND…Meng klapperolie en swael aan tot pasta en smeer aan die brandwonde
en verbind goed om lug uit te hou. Drink dan vir so 3 dae in die oggend op die
nugtermaag 1 teelepel gesmelte klapperolie.
BRAND…Meng roulynolie en kasterolie in bietjie kamferbrandewyn en sit 8
druppels harlemensies by. Meng goed en sit nou genoeg byewas by om dit
smeerbaar soos salf te maak. Smeer op lappies en sit op die brandplek. Dit is
goeie raad vir kleiner brandwonde.
BRAND…Meng swael en heuning goed en gee in die oggend om te eet en smeer
dan smeer dan swael en vaseline aan die brandwonde.
BRAND…Neem ‘n stukkie watte en maak die brandplek effens klam…strooi nou
wit teesuiker dik op die plek om die brand uit te trek. Smeer nou vaselien
waarby ‘n mespunt aluin gevoeg is op die brandplek en draai toe.
BRAND…Neem 1 botteltjie balsemsulfuris…1 botteltjie balsemkopiva…1
botteltjie haarlemensies…1 eetlepel rou lynolie…1 eetlepel kasterolie…1 eetlepel
soetolie en 1 botteltjie byewas en sit in ‘n glas of erde bakkie en smelt oor lae
hitte. Meng baie goed deur en sit in houertjie om koud te word. Smeer 2 maal
daagliks op brandwonde…dis uitstekende raad.
BRAND…Neem bywas en smelt…voeg nou dieselfde hoeveelheid soetolie en
roulynie by en meng goed tot sagte salf. Gooi in wyebek houer en maak toe.
Smeer van die salf op ‘n stukkie flennielappie en sit aan die brandwonde al is
hulle al ver gevorder en septies…dit sal gou al die kwaad uittrek en die wonde
sal pragtig en vinnig genees. Die raad is vêr oor die 100 jaar oud..en werk
steeds vandag.
BRAND…Neem gewone blouseep en week bietjie in water en smeer dan oor die
brandplek…dit help sommer dadelik om die brand uit te trek.
BRAND…Neem ongesoute…uitgebraaide varkvet en sit bietjie kerrie by en
smeer op ‘n lappie en sit op die brandwond.
Boererate - B
BRAND…Sit gansmis op die brandplek.
BRAND…Sit groot eetlepel kalk in koue water en week lappies daarin en sit op
die brandplekke. Sodra die lappies droog word vervang jy dit met ander…tot al
die brand uitgetrek is.
BRAND…Smeer elke oggend nugter spoeg op die brandwonde…dit is wonderlike
raad en dit neem die merke weg.
BRAND…Smeer heuning aan brandwonde..dit trek sommer gou die brand uit.
BRAND…Smeer kondensmelk op ‘n lappie en sit op brandwonde en vervang sodra
die lappie droog is. Hou aan tot die kondensmelk nie meer droog word nie. Dit
trek die brand uit en verhoed ook dat blase vorm.
BRAND…Smeer sommer gou bietjie moskonfyt op die brandplekke.
BRAND…Smeer sunlight seep op brandwonde…dis werk baie goed en trek die
brand uit en help genesing.
BRAND…Smeer varkvet op ‘n flennie lappie en smeer bietjie balsemkopiva oopr
en sit op die brandwond. Herhaal 3 maal per dag.
BRAND…Smelt ‘n botteltjie vaseline en 1 botteltjie swawelbalsem oor lae hitte
en meng goed. Smeer aan die brandwonde.
BRAND…Stamp perskepitte goed fyn en braai dan met kasterolie. Laat afkoel
en smeer aan die brandwonde nadat dit eers met koeksoda water gewas is.
BRAND…Stoom of kookwater. Maak 'n pap aan van koeksoda en water, en
smeer dadelik dik aan, dit trek dadelik die brand uit
BRAND…Strooi kalk baie dik oor die brandwonde….dit sal verhoed dat blase
vorm en sal genesing help.
BRAND…Strooi meel dadelik op die plek wat gebrand…sommer dik…dit verseel
die brand en verhoed dat daar lug inkom.
BRAND…Vat bietjie beesmis en voeg bietjie asyn by en meng deurmekaar en sit
op ou lappie en sit op brandplek. Dit trek die brand uit en verhoed dat blasies
vorm.
BRAND…Vir die van U wat windpompe het of windpompolie kan kry is die ‘n
uitstekende raad. Neem net 1 bottel pompolie en 2 dosyn eiers en kliks baie
Boererate - B
good en sit in ‘n houer. Smeer op flennielappie en sit op die brandwond. Dit
trek die kwaad uit en maak dat die wond genees sonder om blasies of merke te
laat.
BRAND…Vir iemand wat met vet of vuur gebrand het…moet jy die wit van ‘n
paar eiers so effentjies klits en dit dan aansmeer op die brandwonde. Dit trek
die kwaad gou uit en die wond genees pragtig.
BRAND…Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie eet,
kan jy brood of seldery eet…of drink melk…moet glad nie water drink nie.
BRAND…Week ‘n lappie in warm karringmelk en sit so warm as moontlik op die
brandplekke.
BRANDBOUDJIES….Smeer roulynolie aan boudjies wat brand.
BRANDBOUDJIES….Smeer wildeals op baba’s se brandboutjies.
BRANDBOUDJIES…As baba se boutjies brand of ‘n rooi uitslag het dan smeer
jy elke keer wat jy die doeke omdraai die boutjies met magnesia.
BRANDBOUDJIES…Gooi ‘n paar druppels Kerol in water en was jou baba se
boutjies daarmee. Smeer dan mum aan die boutjies.
BRANDBOUDJIES…In plaas van baba se lyfpoeier smeer Maizena dik aan die
boudjies. Hou aan tot dit gesond is.
BRANDBOUDJIES…Klits die wit van ‘n eier en smeer liggies aan die boutjies en
gooi dan meelblom oor.
BRANDBOUDJIES…Maak ‘n oplossing van 1 teelepel koeksoda in 1 koppie water
en vee die boudjies met ‘n watte wat in die oplossing gedoop is.
BREUK…Breuk by kind, klowe 'n wilgerboom en trek kind daardeur.
BREUK…Die kind moet so gou moontlik in ‘n warm bad gesit word. Lig sy bene
hoër as sy kop en druk die breuk dan terug. Draai ‘n pennie of halfkroon toe
met watte en sit op die breukplek en bind baie styf vas. Moenie dat die kind
huil nie…ander spring die breuk weer uit.
BREUK…Kook 2 dosyn eiers tot kliphard. Dop af en haal die gele uit. Sit net
Boererate - B
die gele in ‘n pan en sit op die stoof. Moet geen olie of vloeistof bygooi nie.
Die gele moet pikswart brand…dan sal daar ‘n olie uitkom…neem nou van daardie
olie en smeer aan die breuk.
BREUK…Laat die persoon met die breuk wanneer dit groeityd is… onder ‘n
perskeboom sit. Maak nou ‘n driekantige winkelhaak in die stam en skeur ‘n
stuk bas los. Neem ‘n stukkie skoon watte en vryf die breuk warm…en sit nou
die watte tussen die bas en die stam en bind stewig vas. Die breuk sal nou aan
die boom vorm.
BREUK…Sit 20 erdwurms in ‘n klein botteltjie soetolie en laat staan totdat hulle
amper verteer het. Smeer die breuk met die olie.
BREUK…Skei 1 hoendereier…en bind die geel in ‘n stukkie linne…of linne sakkie
vas. Smeer die eier op die breuk…maar seker dat van die geel aan die breuk
bly. Slaan nou die sakkie of lappie in die skoorsteen vas sodat die rook en nie
die vlammer nie dit kan verteer. Jy moet nooit daarna gaan kyk nie. Na 3 of
4 maande sal die breuk verdwyn. Maak seker dat die rook goed deur die
skoorsteen kan trek.
BREUK…Smelt aluin met ‘n bietjie eau-de-cologne en smeer op die breek.
BREUK…Vat die persoon na ‘n soetdoringboom en skeur ‘n mik oor en trek die
persoon 3 maal deur die geskeurde stam op sy sy. Bind die tak dan styf vas
sodat dit weer kan toegroei. Sodra die tak begin toegroei…dan groei die breuk
ook toe.
BRONGITIS…As baba brongitis het moet jy vir hom ‘n mespunt koeksoda ingee
en dan bitter koffie gee om agterna te drink. Smeer ghries op ‘n lappie en
sprinkel goed met fyn steenkool en vou toe of sit nog ‘n lappie bo-oor..sit dit nou
op die baba se bors.
BRONGITIS…Braai 1 eetlepel olyfolie op ‘n stoof tesame met ‘n stukkie kamfer
omtrent so groot as ‘n halwe vuurhoutjiekop…sit by 5 druppels
wonderkroonessens en meng…en drink.
BRONGITIS…Gooi ‘n klein botteltjie soetolie in ‘n ½ botteltjie jenewer in en
skud goed om te meng. Gee soggens en saans 1 dessertlepelvol vir die sieke in.
BRONGITIS…Gooi in ‘n glas of erdebak 2 onse soetolie…of olyfolie…1 botteltjie
borsdruppels…2 teelepels paragorie…2 teelepels ipecacuanhawyn…15 druppels
teerolie…3 groot eetlepels heuning…of soet gliserien. Meng goed…gooi in ‘n
Boererate - B
bottel en skud tot jy seker is dat alles baie deeglik gemeng is. Gee vir die siek
1 teelepelvol 4 keer per dag as dit ‘n volwassene is…as dit ‘n kind is net ‘n ½
teelepelvol.
BRONGITIS…Grawe ‘n gifbol uit en laat hom droog word…sit dan die blare in ‘n
klein sakkie en werk toe sodat dit soos ‘n sakkie is..en laat die sieke daarop
slaap.
BRONGITIS…Kap ‘n pynappel fyn…en neem dan 1 dessertlepelvol van die
pynappel en maak ‘n gaatjie in die middel. Gooi nou die gaatjie vol met soetolie
en gee dit vir die sieke 3 maal per dag in. Dit sal die slym losmaak.
BRONGITIS…Kou skoon knoffel, so drie keer per dag, een of twee huisies en
sluk in.
BRONGITIS…Kou so 3 keer per dag 1 of 2 knoffelhuisies net so en sluk in. Dit
help wonderlik.
BRONGITIS…Maak kanferolie so bietjie warm en smeer tussen die skouers en
op die bors baie goed in. Sit nou ‘n dubbele stuk rooi flennielap wat eers met
terpentyn gesprinkel is tussen die skouers en maak die sieke warm toe.
BRONGITIS…Meng 2 eetlepels heuning…1 eetlepel rou lynolie…1 teelepel
terpentyn en 1 botteltjie borsdruppels tot goed gemeng is. Gee nou vir kinders
so 3 druppels daarvan paar keer per dag in.
BRONGITIS…Meng jy die wit van 1 eier…1 eetlepel mosterdpoeier…bietjie meel
en ½ lepel klapperolie goed deurmekaar en smeer op ‘n rooi flennielap en maak
dit toe met ‘n tweede rooi flennielap. Smeer nou eers die sieke tussen die
blaaie en op die bors met waarmgemaakte kanferolie…sit dan die
mosterdpleister tussen die blaaie en maak die sieke mooi warm toe. Pas op vir
trekke.
BRONGITIS…Neem 1 teelepelvol klapperolie voor jy saans gaan slaap. As jy
dit gedurende die dag ook gebruik moet jy vir ten minste ‘n ½ uur na ingeneem
het niks eet of drink nie.
BRONGITIS…Neem he ½ kopie heuneng…’n ½ koppie brandewyn en damp dan
hotnotsye…druk dit dier doek en gooi dan alles in he wyn bottel tot dit vol is en
drink zoo 3 maal op he dag zoo en eetlepelvol.
BRONGITIS…Neem 'n halwe bottel jeneweren 'n klein botteltjie soetolie, meng
Boererate - B
deeglik en neem soggens en saans 'n dessertlepel vol
BRONGITIS…Sit klipbokhare in ‘n ysterbord en steek aan die brand en laat die
sieke die rook inasem…gee ook 1 teelepelvol gliserien in.
BRONGITIS…Smeer reuselvet op ‘n flennielap en strooi dan fyn tabak bo-oor.
Sit dan die lap op die bors en maak met ‘n ander lap mooi toe.
BRONGITIS…Smeer tussen die blaaie met soetolie en smeer dan Ruitersalf…ou
mense het dit bloubotter genoem en sit op ‘n lap en sit dan tussen die blaaie..dit
sal die bors laat ooptrek.
BRONGITIS…Trek kwarieblare…of eister bos blare of toppe soos dit genoem
word soos tee. Jy sal gou beter word…drink maar ‘n paar keer.
BRONGITIS…Vat 1 eetlepel druiweasyn…1 eetlepel rou plaasheuning…1 eiergeel
en 1 eetlepelvol borsdruppels en meng baie goed. Neem 1 teelepelvol soos
nodig…maar gee vir babas net ‘n ¼ teelepelvol in.
BYSTEEK …Verwyder die angel en smeer pypolie aan
BYSTEEK…As ‘n by jou steek moet jy die plek met pekelwater was en ook van
die pekelwater drink tot jy opgooi om al die gif uit te kry.
BYSTEEK…As ‘n by jou steek terwyl jy heuning uithaal…moet jy die angel afkrap
en van die vars heuning aan die plek sit.
BYSTEEK…As bye jou takel moet jy dadelik lampolie aansit. Maak watte met
lampolie nat en sit dit op die plekke…en drink aspirien en brandewyn…or asyn en
suikerwater…dit sal vir die skok help.
BYSTEEK…Drink eer’s ‘n sopie brandewyn voor jy gaan bye uithaal…en indien
hulle jou steek dan drink jy koeksoda en water. Dit sal verhoed dat jy sleg voel
van die steke.
BYSTEEK…Hou die plek waar die by jou gesteek het in petrol…dit is die beste
raad as jy deur ‘n by gesteek is….beter as enigiets wat mens kan koop.
BYSTEEK…Krap angel met mes af, neem koekie blousel, maak nat en smeer aan
BYSTEEK…Krap die angel uit die steekplek met ‘n mes…en smeer asyn aan om
verligting te bring.
Boererate - L
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
LEWER…Droog blare van die bitterkeurtjie en maak fyn tot ‘n poeier.
Neem 1 mespuntjievol 3 maal per dag…na elke ete.
LEWER…Maak ‘n stukkie kamfer fyn en meng met 2 teelepels soetolie…
of olyfolie en 2 teelepels terpentyn. Meng baie goed saam en gooi in
die hande en smeer die lewer en maag goed.
LEWER…Neem ‘n badborsel…of haarborsel en borsel die sy ten minste
1 maal per dag goed daarmee. Dit sal die buikspiere in werking bring
en sodoende die pyn laat bedaar.
LIDDORINGS…Draai ‘n lappie om die toon wat die liddoring het. Gooi
nou asyn…so warm as moontlik op die lappie. Doen dit elke aand vir 8
dae. Die liddoring sal na 8 dae heeltemal los wees en jy kan dit dan
uittrek.
LIDDORINGS…Druk aspirienpil stukkend en maak 'n salf met bietjie
Vaseline. Sit dit op die liddoring en plak toe. Herhaal as die
liddoring oud en hard is.
LIDDORINGS…Gaan grou vir jou ‘n vingerpol in die veld uit en plant dit
naby die huis. Jy breek dan 1 van die vingers af en sit dit melk op die
liddorings. Hou aan totdat dit droog is en jy dit maklik kan aftrek.
LIDDORINGS…Krap die liddoring goed en smeer dan balsemsulfuris
aan. Laat dit droog word…trek nou kouse en skoene aan. Doen dit
elke oggend en aand en die liddoring sal droog word en jy kan dit met
wortel en tak uitpluk.
LIDDORINGS…Kry vir jou ‘n pers potlood en week eers die voete in
warm water…droog goed af en smeer van die pers potlood aan die
liddorings.
Boererate - L
LIDDORINGS…Maak ‘n aspirienpil fyn en sit op ‘n stukkie watte en sit
op die liddoring. Sit pleister oor om dit vas te hou.
LIDDORINGS…Maak ‘n slang dood en trek die slang…terwyl dit nog
warm is oor die liddoring ‘n paar keer. Die liddoring sal dan weggaan.
LIDDORINGS…'n Teelepel sout op ‘n kelkie asyn. Meng goed en
smeer elke more en aand aan.
LIDDORINGS…Sit 6 perlemoenknope en 1 heel hoendereier…met dop
en al in 1 koppie asyn. Skud goed. Laat staan vir 1 week…maar skud
die bottel gereeld. Sodra die knope en eierdop goed verteer het dan
sit jy dit op die liddorings.
LIDDORINGS…Sit bietjie turlington op ‘n stukkie watte. Sit dit
watte op die liddoring en sit pleister ook en los dit daar. Na ‘n week
kan jy dit weer afhaal…die liddoring sal dan met wortel en al uitkom.
LIDDORINGS…Sit doringboomgom op die liddoring en bind met ‘n
lappie vas.
LIDDORINGS…Skil die liddorings met ‘n lemmetjie af en sit dan
perpentyn op. Hou aan om af te skil en terpentyn op te sit todat die
liddorings weg is.
LIDDORINGS…Smelt 1 eetlepel sagte bokvet en laat afkoel. Sit 15
druppels haarlemensies en ‘n paar skrapies kamfer by en meng goed.
Sit soggens en saans op.
LIDDORINGS…Sny ‘n stukkie suurlemoenskil en sit in ‘n koppie. Gooi
nou ‘n ½ koppie asyn by en laat dit trek vir 2 dae. Sit dan die skil op
die liddoring en bind styf vas. Herhaal elke dag met ‘n ander stukkie
skil.
LIDDORINGS…Sny ‘n stukkie typ papaja en sit op die liddoring. Draai
vas met ‘n lappie en los oornag. Haal af en smeer met soetolie.
LIDDORINGS…Week jou voet in warm water en droog goed af. Sny
die liddoring dun af met ‘n skeermeslemmetjie. Sit nou ‘n lappie met
vingerpol se melk op.
Boererate - L
LINTWURMS… Eet vir 'n dag niks om die wurms uit te honger, plaas
dan op jou nugter maag 'n stukkie brood op die tong om hule na bo te
lok, neem dan 'n sopie brandewyn om hulle dronk te maak en dan
pergasie om hulle uit te werk.
LINTWURMS…Vat 'n handvol drooggemaakte pampoenpitte, dop dit
uit en eet die vorige aand. Die volgende oggend drink jy 'n goeie
dosis Engelse sout
LONGE...Tering…Eet elke dag ‘n stukkie rou knoffel..so 3 of 4 maal per
dag..jy sal verbaas wees oor die verandering.
LONGE…As jy water op die long het moet jy goena neem..spoel dit
goed af en druk al die sap uit. Neem dan 1 eetlepel sap en 1 teelepel
heuning en meng dit goed en drink dit 3 maal per dag vir ‘n week of
twee.
LONGE…Tering…1 Eetlepel kompifa…1 eetlepel haarmisdrip… 1 eetlepel
terpintein…1 eetlepel soetolie…1 eetlepel fyngemaakte boege blaare…3
selaars poeiers…3 ventaals poeiers…1 pakie grouw vommetief…2 geel
van hoendereiers geklits en 1 ¼ lepels uitgeloopte heuning. Maak alles
goed deurmekaar…gebruik 3 maal per dag na eete desert lepel vol.
LONGE…Tering…Brande swawel op kole en asem dit in..soveel jy kan.
LONGE…Tering…Gooi 7 druppels skoonteer I 1 bottel water en skud
goed om te meng. Skud ook voor elke gebruik goed. Drink daarvan 3
keer per dag.
LONGE…Tering…Kook 1 koppie vye…1 koppie brandnetels…2 koppies
bromkors…2 koppies hottentotsvye…1 koppie karmedik…1 koppie
dassieboegoe...en 1 koppie bakbos in 4 bottels water tot dit na 2
koppies verminder het. Suig deur en gooi dan 3 pond bruin suiker en 2
koppies tee suiker by en roer goed. Kook stadig saam tot dit stroop
is. Neem dan so nou en dan 1 teelepelvol van die mengsel.
LONGE…Tering…Kook groen koring met wortel en tak en laat trek soos
tee. Drink 3 keer per dag ‘n kelkievol.
Boererate - L
LONGE…Tering…Maak jakkalslewer net lou warm en eet.
LONGE…Tering…Maak rou jakkalslewer droog en maak fyn tot ‘n
poeier. Neem 1 teelepelvol na etes.
LONGE…Tering…Neem ‘n ½ koppie vyn gesyde resintjies…’n ½ koppie
droe vyn gesnyde vyge…’n ½ koppie wynruit…’n ½ koppie timie…’n ½
koppie vaal teebossies…’n ½ koppie katdorings wortels…die klein soort
met die dik wortels…en ‘n ½ koppie boegoe. Gooi op 1 bottel goeie
brandewyn..en meng goed. Drink 1 kelkievol 3 maal per dag.
LONGE…Tering…Neem 1 eetlepel brandnetels…1 eetlepel bells…1
eetlepel boegoe en 1 eetlepel suiker en laat trek op 1 bottel kookwater
soos tee. Drink dan ½ koppie 3 keer per dag na etes.
LONGE…Tering…Neem 1 koppie kweekgras wortels…1 koppie vaal karo
en ‘n ½ koppie salie en kook alles tesame in 4 bottels water tot dit net
2 bottels is. Suig deur ‘n skoon lap. Roer nou 1 eetlepel gemmer…1
eetlepel fyn naeltjies…8 eetlepels asyn..8 eetlepels heuning en 8
eetlepels soetolie…of visolie by. Maak seker dat dit alles goed
gemeng is en neem 1 eetlepelvol 3 of 4 maal per dag.
LONGE…Tering…Vat ‘n bottel en gooi dit ½ vol met gekneusde koffel…
maar dit verder vol met olyfolie of soetolie. Skud goed en laat dit
trek. Skud maar so nou en dan terwyl dit trek. Drink 1 teelepelvol 3
maal per dag.
LONGE…Vir water op die longe moet jy ekstra sterk jodium neem en
die pasient om die bors en agter die blaaie goed verf. Laat net so
droog word en moenie dit afwas nie…wend net weer aan indien nodig.






















Boererate - I
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
IMMUNSTELSEL…Die daaglikse gebruik van heuning en kaneel
versterk die immunstelsel en verhoed aanvalle van virusse en
bakteriee…en heuning bevat groot hoeveelhede vitamiene en yster.
INFEKSIE…Vang die sug op met lappe en begrawe dit in 'n miershoop,
so gou soos die miere die lappe opvreet so word die swere gesond
INFLAMMASIE… Sit vernis (vir meubels) op 'n flennielap, vou lap
dubbel en sit op die pynplek. Sodra die pyn oor is val die lap self af,
anders sit dit nog vas.
INFLAMMASIE…1 eetlepel vol jenewer met een teelepelvol
kasterolie 3 maal per dag
INFLAMMASIE…Prik 'n hond se oor, neem 10 druppels bloed saam
met suiker om inflammasie te breek
INFLAMMASIE…Verbrand 'n bokhoring in die vuur, maal fyn en gee
vir die persoon 1/2 teelepelvol in.
INFLAMMASIE…Vir inflammasie in die longe gee 1 dessertlepel
jenewer met 1 lepel lynolie elke twee uur.
INFLAMMASIE…Rasper en stamp so 3 pond wit uie fyn en vat
flennielap en smeer dik aan…rasper een kamferblokkie bo-oor en sit
op die plek waar die inflammasie is. Soos die pleister droog word
moet jy dit met ‘n ander een vervang…en so hou jy aan tot die
inflammasie gebreek is.
INFLAMMASIE…Pluk vir jou ‘n klompie knapsekerels en kook so
rukkie dat dit soos tee kan trek…en drink 3 kker per dag ‘n halwe
koppievol daarvan…en die pyn van die inflammasie sal sommer gou
verdwyn.
Boererate - I
INFLAMMASIE…As jy toegang het tot vars heuning…kan jy ‘n koek
jong heuningbye uitneem en die melkerige vloeistof daaruit druk…en
vir die sieke een eetlepelvol gee om te drink. Sit sommer ook
daarvan op ‘n skoon flennielap en maak met nog een toe en sit dit
tussen die sieke se blaaie as die sieke inflammasie van die longe het.
Onthou net…dit moet vars…warm uit die byekorf kom.
INFLAMMASIE…Skroei so handvol rys en maal dit dan fyn en gee vir
die siek persoon net 1 teelepel daarvan in ‘n koppie water in om te
drink…dit werk sommer gou en na die tweede dosis hoort die koors
gebreek te wees.
INFLAMMASIE…As jy ‘n baie klein…jong pampoentjie in die hande
kan kry …moet jy dit met pitte en skil en al kook tot dit sag is…sny dit
dan oop en sit so warm as wat draagbaar is vir die pasient op die
pynplek en bedek met flennielap and dan ‘n handdoek…hou die pasiënt
warm en weg van enige trekke. Indien dit nodig is…kan die
behandeling herhaal word..maar dit breek die inflammasie sommer
baie gou.
INFLAMMASIE…Skroei 3 eetlepels kojandersaad in ‘n kastrol of pan
en gooi dan so een teelepelvol in ‘n koppie kookwater. Laat dit soos
tee trek en drink ‘n ¼ koppie daarvan elke 3 uur tot die inflammasie
gebreek is
INFLAMMASIE…Maak pap van mieliemeel en gooi fyn naeltjies in en
meng goed…tot dit bruin is van al die naeltjies. Meng roulynolie by
tot dit lekker smeerbaar is en sit so warm as moontlik op ‘n
flennielappie en sit dit op die inflammasieplek…dit sal die inflammasie
gou uittrek.
INFLAMMASIE…Laat wynruit blare droog word en maal tot dit ‘n fyn
poeier is en gee een teelepelvol op ‘n glas water vir die sieke in om te
drink…herhaal na 2 uur indien nodig.
INFLAMMASIE…Smelt ‘n tafellepelgroote stukkie alyn oor warm
kole…laat dit afkoel en meng met gelyke dele suiker..en gee vir die
sieke ‘n mespuntvol in…herhaal na 3 uur..dit werk baie vinnig …en
gewoonlike is net 2 dosisse nodig om die inflammasie te breek.
INFLAMMASIE…Vir inflammasie van die long moet jy 2 eiergele, 2
eetlepels fyn kalk en 2 eetlepels vooraf fyngemaakte lynsaad meng
Boererate - I
met bietjie ghries. Meng alles baie goed en voeg roulynolie by indien
nodig om dit goed glad en smeerbaar te maak. Smeer die mengsel dik
aan ‘n flennielappie en sit nog een bo-oor om die mengsel toe te maak..
en sit op die bors en tussen die blaaie van die persoon met die
inflammasie. Dit werk sommer gou mits dit vroeg toegepas word.
INFLAMMASIE…Neem 'n groot stuk bruinpapier en smeer heuning
egalig daarop en sit dit tussen die blaai van die sieke.
INFLAMMASIE…Vat 1 eetlepel mosterd en meng met 2 eetlepels
ghries…enige ghries sal werk…maar meng net baie goed en smeer op
stukkie bruin papier en sit dan flennie lappie bo-oor en sit tussen die
blaaie en maak jou baie goed toe om trekke te vermy.
INFLAMMASIE…Meng 5 telepels mieliemeel en 1 teelepel mosterd en
maak aan soos pap met roulynolie. Smeer egalig aan ‘n stuk
flennielappie en sit op die inflammasieplek en maak toe met handdoek…
hou die pasiënt warm en vermy trekke.
INFLAMMASIE…Meng kalk en roulynolie tot dik pasta en smeer op
lap en sit tussen die blaaie…soos dit droog word en krummels word
dan vervang jy dit met nuwe pleister….hou so aan tot die inflammasie
gebreek is.
INFLAMMASIE…Meng 1 eetlepel asyn met ½ teelepel soetolie en drie
druppels Kerol…meng baie goed en drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol
tot die inflammasie gebreek het.
INFLAMMASIE…Maak ‘n pleister van witkalk gemeng met roulynolie
en urine…meng goed en sit dik laag op flennielappie en sit nog ‘n
flennielappie bo-oor…sit tussen die blaaie en laat daar vir so drie ure…
of tot dit droog word en krummel Vervang met nuwe pleister.
Onthou om die pasiënt dig toe te maak en maak seker dat daar nie
trekke is nie.
INFLAMMASIE…Gooi 1 dessertlepel room in ‘n glas en voeg by 1
teelepel brandewyn..meng goed..en terwyl jy vinnig roer gooi die wit
van een eier by..meng vinnig en deeglik…maak dan die glas vol met
kookwater en roer aanhoudend tot als baie goed gemeng is. Neem
kort-kort ‘n mondvol maar roer elke keer eers goed.
INFLAMMASIE…Gooi bietjie roulynolie in emalje bord en sit op
11:00:43 AM
Boererate - I
stoof…bak so 6 eiers daarin…moenie die eiers hard bak nie…en vat van
stoof af. Gooi nou die eiers en olie op ‘n flennie lappie en maak toe
met ander een…of vou dubbel as lappie groot genoeg is. Sit die nou
tussen die blaaie van die sieke en sit ‘n handoek bo-oor om te verhoed
dat die olie en eiers die beddegoed bemors. Hou die sieke mooi
warm..en sodra die mengsel koud word moet dit herhaal word..tot die
inflammasie mooi gebreek is.
INFLAMMASIE…Smeer varkreusel dikkerig op lappie en strooi
gerasperde neut oor..en sprinkel dan bietjie balsem copiva oor. Maak
toe met ander lappie…sit dan in lou oond om bietjie warm te word en
sit dadelik tussen die blaaie van die pasient en maak met ‘n handoek
toe..en hou die pasient warm. Kan elke halfuur vervang word. Die
inflammasie is gebreek sodra die vet nie meer uitgedroog is wanneer
die lappie afgehaal word nie.
INFLAMMASIE…Braai een groot bottel soetolie in blikbord net tot
dit borreltjies maak…neem dan van stoof af en voeg by een teelepel
fyn neut, 80 druppels krampdruppels, 80 druppels kraamdruppels, 80
pynstillende druppels, 80 intrensdruppels en 15 druppels
haarlemensies. Smeer op lap en sit tussen die blaaie en maak die
sieke dig toe om te verhoed dat daar trekke kan kom.
INFLAMMASIE…Neem een gelykeetlepel peper en die geel van 2
eiers en meng goed..voeg 2 lepels meel by en maak aan met olyfolie…
of soetolie tot ‘n pasta. Smeer op ‘n flennielap en sit nog een bo-oor
en sit op die inflammasieplek…as die mengsel nie genoeg is nie kan dit
altyd verdubbel word..soos as die inflammasie in albei die longe is.
INFLAMMASIE…Neem een groterige bottel soetolie en voeg by 1
botteltjie witdulcies en ½ botteltjie haarlemensies. Skud baie goed
en gee elke 3 uur een dessertlepelvol vir grootmense…of helfte van
die dosis vir kinders.
INFLAMMASIE…Om inflammasie te breek drink 1 teleepel bakpoeier
in ‘n halwe glas water…drink maar na twee uur weer…hou so aan tot
inflammasie gebreek het.
INFLAMMASIE…Meng jenewer en soetolie in ‘n bottel…gebruik 4
dele jenewer en 5 dele soetolie…skud baie goed en gee een
desertlepelvol aan die pasient om te drink…herhaal kort-kort…dit
verlig die pyn en help die genesing.
Boererate - I
INFLAMMASIE…Meng 6 eetlepels roulynolie, 4 eetlepels Jeyes
fluid, 2 eetlepels asyn, 3 eetlepels naaltjiebrandewyn, 2 eetlepels
terpentyn en 2 eetlepels lampolie en voeg stukkie kamfer by wat fyn
gerasper is by. Meng baie goed en sit in bottel. Smeer op lappie of
bruinpapier en sit op die plek waar die inflammasie is…maak toe met
ander lap en dan handoek. Herhaal as dit nodig is na ‘n paar uur.
INFLAMMASIE…Neem 2 koppies broodkrummels, 2 eetlepels fyn
kruienaeltjies en 3 eetlepels witsuiker en maak aan tot ‘n pasta met
brandewyn. Smeer op die inflammasieplek en maak toe met ‘n
flennielappie en dan ‘n handoek…hou die pasient goed warm en vermy
enige trekke.
INFLAMMASIE…Meng ½ koppie boegoeasyn met ½ koppie roulynolie.
1 koppie kasterolie, ½ koppie kamferbrandewyn, 1 dessertlepel
bloekomolie, 1 dessertlepel lampolie en 1 dessertlepel terpentyn.
Gooi als bymekaar en meng en skud tot dit deeglik gemeng is. Gee
soggens en saans een dessertlepelvol aan die sieke..vir kinders kan
net so ½ teelepelvol gegee word.
INFLAMMASIE…Neem 1 groot bottle soet olie, 1 botteltjie kramp
druppels, 1 botteltjie pyndruppels, 1 bottletjie versterk druppels, 1
botteltjie hoffmans druppels, 1 botteltjie rooi lantel, 1 botteltjie
harlemensies, ½ jalappa poeier en 1 neut wat voorafgeskroei en
fyngemaak is…meng als deeglik en braai dan op stadige hitte. Laat
dit afkoel en sit in bottel. Gee 1 dessertlepelvol elke 3 of 4 uur tot
inflammasie gebreek is.
INFLAMMASIE…Vir inflammasie van die dikderm of maag moet jy
die kroon van ‘n miershoop met miere en grond en gras als neem en in
‘n houer sit. Gooi nou kookwater oor en laat rukkie trek. Drink elke
2 ure ‘n koppievol…die inflammasie breek sommer in ‘n paar minute.
INFLAMMASIE…Neem 2 botteltjies van elk van die volgende…rooi
laventel, krampdruppels, harlemensies, wonderkroon essens,
intrensdruppels en sit in ‘n bottel. Braai soetolie uit en laat afkoel.
Gooi genoeg soetolie by die mengsel om die bottel mooi vol te maak.
Gee elke 4 uur vir die pasient 1 eetlepel om te drink.
INFLAMMASIE…Vir inflammasie in die maag moet jy ‘n flennielappie
in kokende asyn sit en dan uitdroog en so warm as uithoudbaar om die
maag sit…herhaal sodra die lappie koud word…en hou die pasiënt warm.
Boererate - I
INFLAMMASIE…Meng ½ koppie soetolie, 1 dessertlepel pynstiller en
1 teelepel rooi poeier baie goed en neem 1 dessertlepelvol elke 4 uur
soos nodig.
INFLAMMASIE…Neem 1 botteltjie wonderkroonessens, 1 botteltjie
rooi laventel, 1 botteltjie botteltjie wit dulcies, 1 botteltjie
balsemvita, 1 botteltjie borsdruppels, 1 botteltjie paragora, 1
botteltjie versterkdruppels, ½ botteltjie jamaikagemmer en ½
botteltjie peppermentdruppels en 1 koppie heuning. Meng als baie
goed deurmekaar en voeg dan 1 teelepel terpentyn, ½ bottel
roulynolie en 1 klein botteltjie soetolie by en meng weer sommer baie
goed deur. Gee elke 2 uur hiervan ‘n teelepelvol om te drink.
INFLAMMASIE…Vat 1 dessertlepel kryt , klein bietjie melk, 1
eetlepel heuning, ½ Selares-poeier, 1 Vitales-poeier, die geel van 1
eier. 1 eetlepel soetolie en 15 druppels harlemensies en meng goed .
Gee 1 dessertlepelvol 3 maal per dag in. Dit is baie goed.
INFLAMMASIE…Meng 1 teelepel klapperolie, 10 druppels rooi
laventel en 10 druppels jenewer baie goed saam. Neem 1
desserlepelvol 3 maal per dag…vir grootmense…en vir kinders kan jy
net 1 teelepelvol op ‘n slag ingee.
INFLAMMASIE…As jy inflammasie in die kop het kan jy 1 teelepelvol
balsemkopiva op die kroontjie gooi en dit dan goed invryf…sit ook met
jou voete in ‘n skottel met sterk warm water waarin jy ‘n eetlepel
mosterd byvoeg.
INFLAMMASIE…Neem 1 teelepel Stockholm-teer en voeg by een
kelkie Franse brandewyn en meng goed. Sit op die kroontjie as jy
inflammasie op die brein het en maak dit toe met ‘n lap of handdoek
sodat geen trekke kan bykom nie. Jy kan ook daarvan drink.
INSEKBYTE…. Soos vir muskiete kan jy pasta van koeksoda aansmeer
om van die ergste swelling en jeuk ontslae te raak.
INSEKBYTE…Sit vogtige sout op bytplek
INSEKBYTE…Smeer pypolie aan.
Boererate - M
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
MAAG...Diaree…Meng twee teelepels vlapoeier met 'n kwart koppie water
en sluk weg. Herhaal elke 2 ure.
MAAG...Swak maag…Rasper geelwortels en eet op jou nugtermaag.
MAAG… (Swakke) 1 bottel jenewer, 1 lepel rubarber daarin, drie maal per
dag te drink, na di ete.
MAAG….Pyn of krampe op die maag…meng wit dulcies met wit droë
hoendermis en drink 1 dessertlepelvol wanneer nodig.
MAAG…Appelkoosmaag…Neem 1 lepel kasterolie…betje gebraai met
neut. Drink op nigter maag met swart tee. Als dit 2 of 3 maal goed
gewerk het….neem dan Collens Brownes Chlorodyne met betje lou water.
MAAG…As jy aan slegte spysvertering ly….eet grond.
MAAG…As jy krampe op die maag het..trek bietjie kaneel in kookwater en
drink kort-kort so ‘n bietjie…dit sal help.
MAAG…As jy pyn of krampe op die maag het …trek net bietjie naeltjies in
kookwater en drink so elke drie of vier uur ‘n bietjie sal dit verligting
bring.
MAAG…Braai 1 eetlepel kasterolie uit en gooi dan ½ botteltjie
swawelbalsem by. Gee 1 dessertlepelvol vir kinders.
MAAG…Diaree…Braai bietjie fyn neut in 1 teelepel kasterolie en 1
teelepel soetolie tot daar net 1 teelepelvol oor is. Laat afkoel en gee dan
vir die sieke in. Indien nodig…kan dit herhaal word na ‘n paar uur.
MAAG…Diaree…Drink 3 maal per dag 1 teelepel endresdruppels in ‘n ½
kelkie water .
MAAG…Diaree…Grou ‘n bitterbossie uit en trek soos tee. Drink die
water vir ‘n maag wat nie wil stil word nie.
Boererate - M
MAAG…Diaree…Kook semels tot so lymerig en drink so nou en dan
daarvan.
MAAG…Diaree…meng mielieblom in water en drink…dis baie goed.
MAAG…Diaree…Meng mielieblom met wit dulcies en drink.
MAAG…Diaree…Rasper 2 of 3 geelwortels en kook in 1 pint water en ¼
teelepel sout vir so 5 minute. Suig deur en drink kort-kort ‘n mondjievol
van die water. Jy kan weer water by die wortels gooi en dit kook en
deursuig om te drink.
MAAG…Diaree…Rasper 'n appel, laat effens bruin word en eet dit.
MAAG…Draag 'n sakki wilde als op di maag : is dit droog, neem dan weer
farse, hou daarmé an tot dat naderhand al wat jy eet of drink bitter
smaak, dan sal di maag wel hersteld wees.
MAAG…Drink elke oggend op nugtermaag een eetlepel engelsesout op glas
warm water om hardlywigheid teen te werk.
MAAG…Drink Jamaikagemmer: Dit werk vir 'n ongestelde maag.
MAAG…Ferstopping. Rou uie fyngesny, en met semels deurmakaar in 'n
pan lou gemaak en op di buik gesit.
MAAG…Hardlywigheid…Eet elke oggend vir ontbyt ‘n sny growwe bruin
brood en botter. Dit moet growwe bruin brood met semels wees.
MAAG…Hardlywigheid…Maal saam ½ pond gedroogte pruime…’n ½ pond
dadels en ‘n ¼ pond rosyntjies. Die vrugte moets alles rou gemaal word…
dan voeg jy by 1 sennapoeier…1 eetlepel gliserine en ‘n ½ koppie
brandewyn. Roer tot dit deeglik gemeng is en sit in ‘n vrugtebottel en
draai toe. Wanneer nodig dan eet jy 2 of 3 teelepelsvol saans met
bedtyd…en vir kinds net 1 of 2 teelepelsvol afhangende van die ouderdom
van die kind.
MAAG…Hardlywigheid…Neem granaatskil en laat trek in kookwater. Gee
vir die persoon 2 tot 3 eetlepels in as dit ‘n grootmens is…vir kinders of
babas vanaf 6 maande net ½ teelepelvol. Dit moet soggens en saans
ingegee word.
MAAG…Knoop in die derm…Gee die persoon ‘n ½ koppie lemoensap om te
file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/m.html (2 of 13)2006/06/27 11:00:48 AMBoererate - M
drink. Dan moet hy op sy kop staan of iemand moet hom so hou…met sy
bene omhoog.
MAAG…Kook 1 bottel water en laat goed afkoel. Gooi nou 1 bottel
pepermentessens en 1 pakkie koeksoda by en skud goed om te meng.
Drink na elke ete 1 lepelvol vir slegte spysvertering.
MAAG…Loopmaag …warm, "flat" lemonade
MAAG…My pa het my die volgende ingegee as ek enige maagaandoening
gehad het… en dit het altyd gewerk…beter as enige voorgeskrewe
medisyne. Neem 1 vlekvryestaal opskeplepel met so 5 - 10 heel naeltjies
in. Balanseer lepel se steel op vuurhoutjieboksie om lepel "gelyk" te laat
lê. Vul lepel met brandewyn en steek die brandewyn aan met `n ander
boksie vuurhoutjies. Brandewyn steek makliker aan as dit eers bietjie
verhit is in mikrogolfoond. Laat die vlammetjie uitbrand en laat staan
die lepel sodat naeltjies kan trek. Wanneer mengsel genoegsaam
afgekoel het…sluk die mengsel…suig die naeltjies skoon en spoeg die
naeltjies uit. Herhaal so 3 - 4 uurliks.
MAAG…'n Onfeilbaar middel. Maak pille fan kasteroli en heuning, sit in
fondament, maak di pil soos 'n rooi boontji.
MAAG…Pyn of krampe op die maag….Trek 1 teelepel kruienaaltjies in 1
koppie melk …en drink.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Bak ‘n hoendereier baie hard en sit
dan tussen twee lappe…sit dan so warm moontlik op die seer maag.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Drink ‘n ½ glas koue beesmelk so sluk-
sluk…net bietjie op ‘n slag.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Drink 1 koppie kookwater so warm as
moontlik en die pyn sal sommer bedaar.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Drink bietjie sterk suikerwater.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Gooi 1 druppel Little’s dop op ‘n ½
koppie water en drink.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Kook water en laat afkoel. Vul 1
bottel met die afgekoelde water en voeg daarby 1 koekie kamfer. Skud
die bottel goed…laat nou trek. Gee vir die persoon dan 1 kelkievol
wanneer nodig.
Boererate - M
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Meng 1 eetlepel asyn en 1 eetlepel
soetolie en drink.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Neem ½ bottel brandewyn en voeg by
1 teelepel kruienaeltjie…laat goed trek en drink kelkievol wanneer nodig.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Neem ½ koppie sterk swart koffie en
1 eetlepel soetolie en drink.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Trek wynruit en sit ‘n bietjie in melk
en gee vir kinders wat pyn of die maag het om te drink.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Vryf die maag in sirkelbewegings tot
die pyn bedaar..of sit ‘n rooi flennielap wat in terpentyn geweek is …op die
maag.
MAAG…Pyn of krampe op die maag…Week ‘n lap in koue water en sit op
die maag ….dit sal gou verliging bring.
MAAG…Slegte spysvertering…1 teelepelvol lewensessens na etes is uitstekend.
MAAG…Slegte spysvertering…Eet ‘n mespunt droe koffie..of neut.
MAAG…Slegte spysvertering…Eet ‘n paar lepels bruinsuiker.
MAAG…Sooibrand…As jy nou weer sooibrand kry kan jy sommer ‘n piesang
eet vir vinnige verligting.
MAAG…Sooibrand…Drink ½ eetlepel suurlemoensap in ‘n bietjie water.
MAAG…Sooibrand…Drink twee eetlepels asyn. Die probleem sal vir 'n
kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn.
MAAG…Sooibrand…Eet 4 of 5 amandels per dag of suig een teelepel
witsuiker.
MAAG…Sooibrand…Koeksoda is ideaal om oormaat suur teen te werk. In
plaas van sooibrandpilletjie. Drink biejie koeksoda in gekookte water.
MAAG…Sooibrand…Kook ‘n vars koolkop vir sowat 10 minute en gooi dan
die water af in ‘n beker. Moet nie sout byvoeg nie. Drink nou 3 keer
Boererate - M
per dag van die water. Jy kan die kool nou maar verder kook vir ete.
MAAG…Sooibrand…Suig een teelepel witsuiker.
MAAG…Stryk kamfer tussen twee stukkies flennielappies en sit op die
buik en bind vas met ‘n ander lap of verband om in plek te hou.
MAAG…Swak maag….Eet ‘n mespunt samboksalf 3 keer per dag totdat jy
3 blikkies opgebruik het.
MAAG…Swak maag….Sit rou bees of skaapvleis in ‘n skoon kastrol en gooi
genoeg afgekoelde kookwater oor om die vleis te bedek. Laat staan en
trek vir 1 of 2 uur…en druk dan die vleis uit met skoon hande. Die water
van die vleis is nou ‘n rou vleissop. Voeg bietjie sou by en drink so af en
toe daarvan deur die loop van die dag.
MAAG…Swak maag…As jy baie swak voel…kook ‘n koppie melk en roer 1
hoendereier in en klits goed. Kook ‘n rukkie en gooi genoeg gerasperde
neut in vir smaal asook 1 eetlepel brandewyn en bietjie wit teesuiker.
Drink dit bietjie terwyl dit warm is.
MAAG…Swak maag…Drink 2 of 3 maal per dag 1 teelepelvol wit dulcies.
MAAG…Swak maag…Gooi bietjie asyn op ‘n lappie en sit dan gekneusde
knoffel by en bind toe…en maak bietjie warm. Sit dit dan warm op die
maag.
MAAG…Swak maag…Maak vir jou alwynpille deur die sap te tap en meel by
te voeg en te roer en brei tot dit ‘n stywe deeg vorm. Rol nou vir jou
klein pilletjies en neem elke tweede aand 2 van die pille wanneer jy na bed
gaan.
MAAG…Swak maag…Trek ‘n handvol rooi wortels in 2 koppies kookwater in
‘n glas of erdebak. Sodra die water verkleur dan drink jy so 4 of 5 maal
per dag ‘n kelkievol.
MAAG…Tap die sap van ‘n ‘n kokerboom en gooi 2 eetlepels daarvan in 1
bottel water en skud goed. Drink elke aan ‘n ½ wynkelkie daarvan as jy ly
aan slegtespysvertering.
MAAG…Trek die maagvlies van ‘n korhaan af en laat dit goed droog word.
Sodra dit droog is…maal dit fyn en drink dit. Jy sal daarna nie meer
slegte spysvertering hê nie.
Boererate - M
MAAG…Trek gemmer in kookwater wanneer jy maagkrampe het en drink
elke vier uur bietjie hiervan.
MAAG…Trek wilde klipdagga soos tee en drink 3 maal per dag na etes ‘n
kelkievol.
MAAG…Vir hardlywigheid het die Ou mense geglo dat jy ‘n prop maak van
blouseep ..en dit het altyd gewerk.
MAAG…Vir maagkrampe kan jy Anys in kookwater trek en elke vier ure
bietjie daarvan drink.
MAAG…Vir omgekrapte maag…of vir pyn op die maag kan jy ‘n mengsel van
heuning en kaneel neem…dit bring vinnig verligting.
MAAG…Vir slegte spysvertering …meng heuning en appelasyn gelyke dele
en verdun met water…dit help as jy gepla word deur slegte spysvertering
of na ‘n te ryk maaltyd.
MAAG…Vir slegte spysvertering kan jy kaneel op twee eetlepels heuning
sprinkel en dit voor etes neem…dit verhoed daai opgeblaasde gevoel en
help om kosse te verteer.
MAAG…Vir slegte spysvertering kou die gom van ‘n soetdoringboom.
MAAG…Vir slegte spysvertering na ‘n te ryk ete…drink net een teelepel
koeksoda opgelos in water…dit werk en jy voel sommer gou beter.
MAAG…Vir water in die maag…of buikwater neem 20 groot doringappels
en kneus goed…asook ½ koppie kalmoes, 6 eetlepels heuning en 2 eetlepels
kerriepoeier en sit saam met 7 bottels water of wyn of wyn en water in ‘n
kastrol en kook in ‘n erdepot tot dit net 5 bottels vloeistof is. Drink 1
kelkievol 3 keer per dag.
MAAG…Winde…As jy oopgeblaas voel en gas in die maag het van slegte
spysvertering..neem heuning en kaneel om verligting te bring.
MAAG…Winde…Maal houtskool tot fyn en sif deur ‘n fyn siffie op ‘n skoon
lap. Neem 1 teelepelvol in ‘n ½ koppie sterk warm water. Dit sal sommer
dadelik werk …en jy sal beter voel.
MAAG…Winde…Meng saam…1/2 koppie water…6 eetlepels asyn…2
teelepels wit teesuiker…en ‘n ½ teelepel koeksoda. Sodra dit begin bruis
moet jy dit dadelik drink.
Boererate - M
MAAG…Winde…Trek kruienaeltjies in kookwater en drink daarvan.
MAAGKOORS…Kook water en gooi in 1 bottel en gooi 2 eetlepels
Stockholmteer in en skud goed. Laat dit op ‘n warm plek trek. Skud die
bottel weer en suig deur ‘n skoon doek. Drink 1 eetlepelvol 3 keer per
dag.
MAAGKOORS…Seeskilpadsop
MAAGKOORS…Sny aartappels en sit tussen 2 flennielappe. Stamp goed
fyn en laat die water in ‘n bak drup. Die water word dan vir die pasient
gegee om te drink en die fyngestampte aartappels word net so tussen die
lappe op die pasient se maag gele. Herhaal as dit droog word…en hou so
aan tot dit lappie nie meer uitdroog nie.
MAAGKOORS…Vir iemand met maagkoors wat begin bloei moet jy dadelik
koue asynlappe op die maag le. Herhaal sodra die lap droog word…en hou
so aan totdat die lappie nie meer uitdroog nie.
MAAGSERE…’n Mengsel van heuning en kaneel sal maagsere van die
wortels af laat verdyn.
MAAGSERE…As jy maagsere het dan is dit raadsaam om piesangs te eet
wat sag van teksuur is en derhalwe die enigste rou vrug wat met veiligheid
ge eet kan word omdat dit nie die maagwand irriteer nie en ook die suur in
die maag reguleer terwyl dit ‘n beskermende lagie in die maag vorm wat
help om irritasie te verminder.
MAAGSERE…Eet ‘n paar lepels heuning op jou nugtermaag.
MAAGSERE…Gooi 1 pakkie boegoe in 1 bottel asyn en meng en sit nou in
die lou oond om te trek. Gooi nou 1 koppie roulynolie by en meng goed.
Gooi in ‘n bottel met deksel. Skud goed voor elke gebruik. Neem nou
elke oggend op jou nugtermaag 1 eetlepelvol.
MAAGSERE…Koop 7 heel klein blikkies sambok salf. Deel elke blik in 4
sodat jy 28 het. Vir 28 dae MOET jy dit neem. Soggens op jou nugter
maag sluk jy 'n kwart blikkie se samboksalf...rol dit in a bolletjie en sluk
met water. Jy moet alles gebruik al 28...die samboksalf smeer die
maagseer en beskerm dit....en intussen maak die samboksalf die seer
gesond. Werk rerig.
MAAGSERE…Maagseer wat bloei….Neem 30 Viooltjieblare (Violets) - die
soort wat in die tuin groei, nie African Violets nie, kook op in 'n pint
Boererate - M
(450ml) water vir 30 minute. Dreineer en laat afkoel - hou in yskas, en
drink 2 eetlepelsvol elke oggend.
MAAGSERE…Meng 250g heuning met een blikkie Sambok salf. Neem ‘n
teelepel vol voor etes
MAAGSERE…Meng die volgende baie goed en neem een telepelvol drie
maal per dag . 1 blikkie kondensmelk….1 botteltjie balsem sulfira en 1
botteltjie balsem kopiva.
MAAGSERE…Neem drie druppels "Fryers Balsum" of "Staaldruppels" op
op 'n teelepel suiker en eet. Die Balsum seël die maag en stop die pyn in
10 tot 20 sekondes.
MAAGSERE…Neem so 10 minute voor elke ete 1 groot eetepel olyfolie
sodat dit die maag kan smeer en soedoende verhoed dat die kos die maag
verder krap.
MALARIA…Gooi vars…nat perdemis in die bad en gooi kookwater in die
bad. Die sieke moet in die bad klim en lê…die water moet so warm
draaglik wees. Gooi ‘n kombers of iets oor die bad sodat net die sieke se
kop uitsteek. Sodra die water begin afkoel…haal hom uit en droog goed
af en sit in die bed. Pak die sieke met komberse sodat hy goed kan
sweet. Pas op vir trekke.
MALARIA…Pluk wildedagga wat rooi blomme het en trek soos tee en drink
elke keer as jy dors voel.
MANGELONTSTEKING…Brand akkers soos koffiepitte en dan moet jy
hulle goed fyn maal. Sit in ‘n kastrol en gooi 1 bottel water oor. Laat
stadig kook vir 1 dag en suig dan deur en gorrel met die water.
MANGELONTSTEKING…Druk die sap van hotnotsvye uit en gorrel 2 of 3
maal per dag daarmee.
MANGELONTSTEKING…Gooi ‘n mespunt mosterd in ‘n ½ glas koue water
en gorrel daarmee voor jy gaan slaap. Doen dit elke aand vir ‘n paar
maande.
MANGELONTSTEKING…Gorrel soggens en saans met 1 dessertlepel
worcestersous.
MANGELONTSTEKING…Los 1 koekie kamfer in ‘n ½ bottel brandspiritus
op. Smeer kort kort aan die buitekant van die keel aan en smeer dan
Boererate - M
goed in.
MANGELONTSTEKING…Maak ‘n pypie van papier en gooi bietjie rooi
poeier op die hand. Skep bietjies op met die papierpypie en blaas dit
agter in die keel in met slapenstyd.
MANGELONTSTEKING…Maak 2 aspros goed fyn en meng met 1 teelepel
heuning. Gee vir die sieke om te eet tot dit klaar is.
MANGELONTSTEKING…Neem 1 glas water en gooi daarin 1 pakkie
koeksode…1 pakkie boraks en die selfde hoeveelheid sout. Meng goed.
Neem nou 1 teelpelvol in ‘n ½ glas water en gorrel daarmee 3 maal per dag.
MANGELONTSTEKING…Smeer ongesoute beesvet op ‘n ou flennielap en
strooi rooi poeier dik oor. Sit nou om die keel en laat so.
MANGELONTSTEKING…Trek akkerboombas soos tee en gorrel daarmee.
MANGELONTSTEKING…Vat van die vet om ‘n bok se hart en braai dit
uit. Laat afkoel en smeer dan op ‘n flennielappie. Smeer nou heuning oor
die vet en strooi dan fyngemaakte kamfer dik bo-oor. Sit nou op die keel
en sit nog ‘n lap bo-oor. Dit moet ten minste 12 uur net so gelos word…
dit bring gou verligting.
MANGELONTSTEKING…Wanneer jy mangels laat uithaal het en dit hou
aan bloei moet jy jou mond uitspoel met aluin en ook sommer daarmee
gorrel. Dit sal die wond toetrek en dit sal ophou bloei













Boererate - J
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
JEUK…Kry verligting van muskiet en ander insekbyte deur seep aan te
smeer. Dit help gou gou.
JEUK…Vir jeuk op vel. Meng koeksoda met vaseline en smeer aan
JIG…1 pakkie Engelse sout, 1 pakkie kremetart, 1 pakkie blomsawel. Drink
elke oggend 1/2 teelepel op nugter maag.
JIG…Bedel by iemand 3 klein aartappeltjies en dra dit in ‘n sakkie op jou
heup…manspersone dra dit sommer in die broeksak.
JIG…Drink op jou nugtermaag 1 koppie kookwater met 1 teelepel
suurlemoen en 1 teelepel heuning.
JIG…Gooi 1 blikkie duiwelsdrek…2 koekies kamfer en 1 botteltjie jodium
in ‘n wynbottel…maar nou die botel vol met spiritus. Kurk toe en skud om
te meng. Laat die nou 8 dae staan…maar onthou om dit elke dag
minstens 1 keer te skud. Maak ‘n stukkie lap nat met die mengsel en sit
op die seer plek en maak dit dan warm toe.
JIG…Gooi 1 koekie kamfer in ‘n ½ bottel brandewyn en laat staan om te
trek. Drink 1 eetlepelvol in ‘n kelkie water.
JIG…Gooi 2 koppies asyn…1 koppie terpentyn…4 eiers en 1 stukkie
kamger in ‘n vrugtefles en skud goed vir 1 uur. Smeer aan die plek wat
seer is.
JIG…Maak 2 koekies kamfer baie fyn en meng dan met ‘n ½ flessie
tinktuur van arnika en ‘n ½ bottel brandspiritus. Gebruik die mengse om
die jigplek goed en hard in te vryf. Sit ‘n stukkie watte op die pyn plek
en maak die person lekker warm toe.
Boererate - J
JIG…Meng 2 eiergele…2 lepels goeie asyn en 2 lepels skoon teer goed
saam. Dis ‘n goeie smeermiddel vir jig.
JIG…Neem 2 pond pomelo’s…3 suurlemoene en 3 lemoene en druk die sap
alles uit en hou eenkant. Maal die skille en pitte en alles wat oorgebly
het na die sap uit is en gooi in ‘n glas or derdebak. Gooi daarin 2 pinte
water en laat dit 24 uur trek. Suig dit deur. Gooi 1 pint kookwater
oor 2 pakkies engelse sout en 2 pakkies kremetart. Laat koud word.
Neem nou die sap wat jy deurgesyg het….asook die sap wat jy uitgedruk
het en gooi alles bymekaar. Meng baie goed…dit sal so dik soos vla
wees. In die oggend moet jy ‘n kelkievol drink op jou nugtermaag…maar
jy moet onthou om die bottel eers goed te skud. Gebruik die raat vir 3
maande aanmekaar en die kwaad sal heeltemal uit jou sisteem wees.
JIG…Neem handdoeke en sit op die aangetaste deel…stryk nou daaroor
met ‘n baie warm strykyster…moet net nie brand nie.
JIG…Sit koolblare op…vervang twee keer per dag vir omtrent 5 dae.
JIG…Smeer bloekomolie aan die plek waar die pyn is.
JIG…Smeer brasso aan.
JIG…Sny ‘n bandjie van ‘n likkewaanvel en sit ‘n gespe daaraan. Dra dit
waar die pyn is.
Boererate - K
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
KANKER… Die olie uit a daggapyp is baie goed vir kanker…krap dit uit
en smeer op die kankerplek…dit maak die kanker met wortel en al dood…
dan rys it so op en jy kan dit met ‘n tangetjie uittrek.
KANKER… Persone met maag of been kanker is al suksesvol met die
raad genees. Neem daagliks een eetlepel heuning en een teelepel
kaneel in water drie maal per dag vir drie maande.
KANKER…As jy kanker op die lip het kan jy elke oggend nugterspoeg
aansmeer.
KANKER…As jy ly aan kanker van die maag moet jy nie styselkos en
groente saam eet nie…eet byvoorbeeld groente saans…en styselkos in
die middag…nes jy lus het..moet net nie die twee soorte meng nie.
KANKER…Braai ‘n turksvyblad tot dit goed gaar is en smeer dit op ‘n ou
goedgewaste flennielap. Net die binneste van die turksvyblad moet
gebruik word. Sit die lap nou op die kanker plek en bind vas indien
nodig en los daar. Vervang 3 tot 4 maal per dag.
KANKER…Daar word vertel van ‘n dame wat kanker in haar bors gehad
het dat die kanker tot 8 gate al ingevreet het…en deur die raad te volg
het sy heeltemal genees en haar bors was weer soos voor die kanker
posgevat het. Jy neem net 8 paddas en sit hulle in ‘n neteldoekie en le
dit op die bors wat die kanker het. Die paddas begin sommer dadelik
op die bors vaskleef en suig die bloed uit…en sodra hulle volgesuig was
het hulle afgeval…sommiges sommer dood...en die dame het geen pyn
van al die gesuigery gevoel nie. Jy moet elke keer nuwe paddas opsit…
totdat jy 120 paddas gebruik het…dan sal die kanker genees wees.
KANKER…Kerf maaghoudjie baie fyn en sit in bak en gooi kookwater
oor om te bedek en laat trek goed. Drink elke oggend op jou
nugtermaag 2 koppiesvol van die getrekte water. Drink dit bietjies…
bietjies tot altwee die koppies klaar op is..elke oggend. Dit is ‘n goeie
raad vir iemand met maagkanker.
KANKER…Maak bietjie melk warm en sit bietjie boereseep in en laat
Boererate - K
dit smelt. Smeer die vel vir velkanker…sit op lappie en sit op die
kankerplek…en hou is plek met pleister.
KANKER…Meng 3 eetlepels fyn sout, 3 eetlepels alyn…afgetap…en die
geel van 3 eiers tot smeerbare pasta. Smeer op ‘n lappie en sit op die
kankerplek….elke dag ‘n vars een. Dit is baie goeie raad en dit maak
die kanker dood en dit trek met wortel en al uit.
KANKER…Meng die geel van 1 eier met soveel fyn tafelsout as wat dit
kan hou…todat dit lekker smeerbare pasta is. Roer aanhoudend terwyl
die sout bygevoeg word…anders word dit te droog. Smeer van die
mengsel aan die kanker…soggens en saans en sit stukkie lap oor en hou
vas met pleister.
KANKER…Meng pietersielieblare,melk, haasvet of bokvet, rogmeel en
teer tot dit goed gemeng is en soos dik salf is. Sit daarvan op
flennielappie en sit dan op die plek waar die kanker voorkom en sit
hegpleister op om dit in plek te hou. Herhaal soggens en saans tot die
kanker dood is.
KANKER…Raad as jy maagkanker het …is om narsgal te laat trek en
drink kort-kort bietjie daarvan.
KANKER…Slag ‘n slang af en sny die vel in repe en sit op die
kankerplek…vervang soos nodig tot die kanker gesond is.
KANKER…Trek renostertoppe of viooltjieblare in kookwater. Drink 1
glasvol 3 maal per dag. Dit is goeie raad vir maagkanker.
KANKER…Vat skilpadlewer..sny oop en sit net so op die kankerplek.
KANKER…Verkrummel of sny in stukkies 1 kamferblokkie en sit in 1
bottel spiritus. Laat mooi oplos en skud die bottel so elke nou en dan
om die smelt proses aan te spoedig. Smeer elke dag aan die vel as jy
velkanker het….kan 3 keer per dag aangewend word.
KANKER…Vir maagkanker moet jy elke oggend op jou nugtermaag die
sap van ¼ suurlemoen drink….en ook voor jy saans bed toe gaan…weer ¼
koppie suurlemoensap.
KARBONKELS...Negeoog…Neem 1 teelepel meel en meng met bietjie
asyn tot pap en smeer op ‘n lappie en sit op die sweer en bind toe.
Vervang tot dit ryp is en die sweersel uit is.
Boererate - K
KARBONKELS…Maak ‘n eetlepel engelse sout fyn en meng met 3 of 4
druppels gliserine. Sit op ‘n lappie en laat dit opbly vir 12 uur. Dit
trek baie sterk. As die karbonkel nog sit…sit ‘n tweede pleister op en
laat ook vir 12 uur aan.
KARBONKELS…Negeoog…Drink elke oggend op jou nugtermaag 1 lepel
heuning met ‘n mespunt swawel. Sit ook ‘n pap van heuning en
blomswawel gemeng met bietjie fyn meel om te bind op. Vervang 3
maal per dag.
KARBONKELS…Negeoog…Krummel brood in ‘n ½ koppie melk en laat
kook tot dit ‘n pap vorm. Gooi nou 1 teelepel engelse sout by en meng
goed. Smeer op ‘n lappie en sit op die sweer en draai dan goed toe.
Sit nou watte bo-op en sit dan ‘n warmwatersak op en hou warm vir 12
tot 24 uur.
KARBONKELS…Negeoog…Maak gebluste kalk met water aan tot ‘n pap
en sit op die sweer. Soos dit droog word moet jy dit weer vervang.
Dit sal die sweer gou uitdroog en doodmaak.
KARBONKELS…Negeoog…Vat ‘n stuk slangvel en lê dit vir ‘n paar
minute in brandewyn. Druk dan uit en sit die binnekant op die sweer
met ‘n lappie daaroor en dan ‘n kiesieblaarpap.
KARBONKELS…Sit 2 eetlepels heuning…2 eetlepels gerasperde wit ui
en 2 eetlepels gerasperde sunlight seep in ‘n kastrol en smelt saam op
lae hitte. Smeer op ‘n lappie of watte en sit op.
KARBONKELS…Sit stinkolieboomblare in kookwater en sit dit 3 of 4
maal per dag op. Dit is ‘n goeie trekpleister.
KATBYT…As 'n kat jou gebyt het, slag dadelik die kat af en sit die
warm vel op die bytplek om te voorkom dat verder kwaad veroorsaak
word
KEEL…As ‘n visgraat of beentjie in die keel vassit kan jy net watte
neem en smeer met botter of margarien en dit net so insluk…dit sal die
beentjie of graatjie saam neem en dan kan dit maklik deur die maag
passeer.
KEEL…As jy ‘n beentjie of visgraatjie het wat in die keel vassit kan jy
‘n rou eier klop tot die wit en geel net gemeng is en sluk dit dan in…dit
sal die graatjie of been saamneem maag toe…en die gevaar is verby.
Boererate - K
KEEL…Maak koeksoda en water aan…sommer baie koeksoda…gorrel
daarmee om die mangels te krimp en die graatjie of beentjie te laat
loskom.
KEEL…Om die keel te laat krimp en sodoende ‘n beentjie of visgraat
wat vassit te laat loskom moet jy met skoon suurlemoen of asyn gorrel.
KEEL…Seer keel??? Meng ¼ koppie asyn met ¼ koppie heuning..en
neem 1 eetlepel so ses keer per dag…dit sal die bakteriee doodmaak.
KEEL…Vir seer …geirriteerde keel..neem een teelepel heuning in die
mond en laat stadig in die keel afloop..dit verlig die rou …seer gevoel in
die keel….baie strelend.
KEEL…Vir wanneer jy ‘n beentjie of visgraat het wat in die keel vassit…
eet droë brood met korsie en al. Die brood sal die beentjie of graatjie
wat vassit losmaak en dit sal saam met die brood ingesluk word.
KLEM IN DIE KAAK…Vryf die kakebeen met kopiva.
KINKHOES…1 eiergeel…1 teelepel asyn…2 eetlepels heuning…2
eetlepels rou lynolie…1 teelepel klapperolie. Meng goed en gee as die
kind hoes…maar minstens 4 maal per dag 1 teelepelvol.
KINKHOES…Gee 1 eetlepel donkiemelk vir die kind om te drink…2 of 3
maal per dag.
KINKHOES…Gooi 1 koppie wildeals…bietjie boegoe…1 gekneusde
knoffelhuisie…wynruit…1 pond teesuiker…stukkie kamfer en bietjie
water in ‘n kastrol en laat stadig kook terwyl jy dit roer sodat dit nie
aanbrand nie. Dit sal ‘n stroop vorm wat jy dan kort-kort vir die kind 1
teelepelvol kan gee.
KINKHOES…Gooi 1 pond stroop…2 koppies kookwater…1 botteltjie
pepermentdruppens en 1 teelepel Pain Killer saam in ‘n glas of erdebak
en roer goed om te meng. Gooi in bottels. As die kind hoes dan gee
jy 1 teelepelvol in.
KINKHOES…Gooi 4 eetlepels soetolie…2 eetlepels rou lynolie…2
eetlepels paraffien…’n ½ eetlepel kamferbrandewyn en 15 druppels
bloekomolie in ‘n bottel en skud baie goed om te meng. Gee 1
teelepelvol as die kind baie hoes.
KINKHOES…Laat kinders in die more vroeg in 'n stal speel
Boererate - K
KINKHOES…Maak 2 bolle knoffel skoon en kneus goed. Gooi in ‘n
bottel en gooi asyn by tot die bottel so ¾ is…en skud goed. Laat dit
staan vir ‘n dag en aand. Onthou om so nou en dan te skud. Gooi van
die asyn uit en maak met heuning of suiker soet en gee 6 maal per dag 1
teelepelvol vir die sieke.
KINKHOES…meng 1 koppies heuning…1 eetlepel kasterolie…3 eetlepels
asyn…1 eetlepel soetolie of olyfolie…1 botteltjie braakwyn en 1 mespunt
neut goed saam. Gee elke 2 uur hiervan 1 teelepelvol.
KINKHOES…Meng 1 pond goue stroop…1 bottel wit dulsies…’n ½ bottel
borsdruppels en 1 gelykteelepel blomswael. Gee 1 teelepelvol 3 maal
KINKHOES…Meng 6 eetlepels versiersuiker en 2 dessertlepels
klapperolie en gee om te eet…dit sal die slyn losmaak en die benoude
trek breek.
KINKHOES…Meng bokmis en wildeals en laat in kookwater trek soos
tee. Gee vir die kind om te drink.
KINKHOES…Neem 1 bottel kookwater…1 eetlepel skoontee…1 eetlepel
naeltjies…1 bottel borsdruppels en 1 koppie suiker en meng baie goed
saam. Drink 1 teelepelvol 3 of 4 maal per dag. Indien die sieke baie
hoes kan jou nog daarvan ingee.
KINKHOES…Neem 1 botteltjie heuning…’n ½ botteltjie
jamaikagemmer…1 botteltjie borsdruppels…1 botteltjie paragora en 1
botteltjie ipecacuanhawyn en gooi in ‘n glas bakkie. Meng goed en gee
vir die sieke 1 teelepelvol as hy baie hoes. As die kind opgooi moet jy
nie skrik nie…hy sal dan gesond word.
KINKHOES…Neem 1 groot wit ui en sny in dun skywe en strooi suiker
daaroor. Sit dit in die aand buite sodat die dou daarop kan val. Die
volgende more moet jy dit inbring voor die son daarop val. Gee vir die
kinders kort-kort daarvan om te eet. Vir heel klein kinders kan jy
maar die stroop ingee.
KINKHOES…Neem 1 pond stroop of heuning…1 bottel borsdruppels…1
bottel paragorie…1 bottel rou lynolie…1 bottel balsemkopiva…1
eetelepel asy en die geel van 1 hoendereier en gooi alles in ‘n bak en
meng deeglik. Gee vir die kind 1 teelepelvol as hy hoes…dit sal die slym
alles uitbring.
KINKHOES…Neem 1/2 bottel olyfolie. Rasper daarin 'n stukkie kamfer
Boererate - K
so groot soos 'n trippens. Laat trek 'n dag en gee dan 3 tot 4 keer per
dag 'n teelepelvol in.
KINKHOES…Sit 1 eetlepel borrie…1 eetlepel foelie en 2 ½ koppies
water in ‘n kastrol en kook vir 5 minute. Syg deur en kook die
deurgesygde water met 1 ½ koppies suiker tot ‘n stroop. Gee vir die
kind 1 teelepelvol wanneer nodig.
KINKHOES…Skil 2 groot turksvyblare en sny in klein blokkies. Gooi 3
bottels water oor en kook tot dit na 1 bottel verminder het. Gooi nou
1 ½ pond suiker by en meng tot die suiker alles gesmelt het. Gooi nou 1
botteltjie borsdruppels…1 botteltjie wit dulsies…1 botteltjie paragorie
en 1 botteltjie hoffmansdruppels by. Roer goed tot dit alles gemeng
is. Gooi in bottels. Gee vir kinders onder 1 jaar 7 druppels in ‘n klein
bietjie water en elke 2 uur…en vir groter kinders 1 dessertlepelvol elke
uur.
KINKHOES…Stamp 2 eetlepels wynruit fyn soos poeier en druk deur ‘n
doek. Meng met 1 koppie heuning en gee vir die kind 4 maal per dag 1
teelepelvol.
KINKHOES…Trek wildeals en laat die kind dit drink.
KINKHOES…Was 1 hoendereier skoon en sit in ‘n vrugtefles. Gooi nou
1 bottel druiweasyn oor en laat dit so staan tot die eierdop verteer
het. Verwyder die wit vlies en gooi weg. Gooi genoeg suiker by dat
dit soet is…en gee vir die kind 1 eetlepelvol kort-kort om te drink.
KLEM IN DIE KAAK…Braai erdwurms in soetolie en smeer
KLEM IN DIE KAAK…Klem in de kaken…Timie met broodkruimels en
azijnpappen gemaakt en op de kaken gezet
KLEM IN DIE KAAK…Meng tiemie en broodkrummels met asyn of
brandewyn tot ‘n pap. Sit warm op die keel en kakebeen.
KNEUSPLEK…Smeer asyn aan die kneusplek
KNEUSPLEKKE…As jy kneusplekke opgedoen het …het Ouma sommer
gou-gou vir jou bloekomasynlappies opgesit.
KNEUSPLEKKE…Braai jong bloekomblare en sit op gekneusde plek.
KNEUSPLEKKE…Maak stysel en water aan tot ‘n pap en sit op die kneus
​
Boererate - K
of stampplek …dit verhoed dat die kneusplek verkleur.
KNEUSPLEKKE…Smeer samboksalf dik aan die kneusplek en maak toe
met ‘n lappie.
KNEUSPLEKKE…Stamp 3 stukkies gemmer en halwe wit ui. Voeg by
twee eetlepels growe meel en 2 eetlepels brandewyn om pap te maak…
en sit die mengsel op die kneusplek…dit help baie gou.
KNEUSPLEKKE…Vir kneusplekke het ouma boegoe of bloekomasynlappe
gebruik.
KNEUSPLEKKE…Vir kneusplekke kan jy net rou vleis opsit…dit help.
KNEUSPLEKKE…Week ‘n wattepluisie in asyn en sit op kneusplek en laat
dit daar vir omtrent een uur…die asyn verminder die bloukol en
verspoedig die genesingsproses.
KOLESTEROL…As jy kolesterol het…of wil voorkom dat jy dit kry…eet
elke dag Avokadopeer.
KOLESTEROL…Neem twee eetlepels heuning en drie teelepels kaneel
en meng in glas kookwater om te drink. As jy drie maal per dag
heuning inneem met jou kos dan verminder dit kolesterol met soveel
soos 10% binne 2 uur.
KOLIEK...1 eiergeel, 1 eetlepel wyn, 'n mespunt peper. Klits goed en
drink
KOLIEK… Drink ‘n glas kookwater…so warm as moontlik
KOORS...Baie geskik vir families met klein kindertjies of babas. Gooi
twee koppies bruin asyn in baie lou badwater en spons kind aanhoudend
af. Kan net so effektief wees om mee te sponsbad in die bed as kind
te siek is om in die bad te sit.
KOORS… Om koors in kinders of grootmense te breek…kan jy die blare
van Wynruit (kruie) fyn kap en dit om die polse en slape bind…asook tee
vand die blare trek en drink. Dit breek die koors soos geen moderne
medisyne kan nie.
KOORS…1 Koppie wynruit…1 koppie kruisement en 8 goed gekneusde
knoffelhuisies. Gooi in 1 bottel asyn en skud goed. Laat dit trek en
Boererate - K
drink dan 1 dessertlepelvol 3 maal per dag.
KOORS…2 Pakkies engelse sout…1 pakkie kremetart…1 rabarberpoeier…
1 teelepel salpeter…1 Vitalis-poeier en 1 wit kinapoeir. Maak die
engelse sout baie fyn en meng dan alles goed deurmekaar. Vir ‘n
grootmens wat koorsig is gee jy 1 teelepelvol…vir ‘n kind net ‘n
mespuntjievol.
KOORS…As jy koors het drink ¼ teelepel kremetart in ‘n glas water…
dit sal help om die koors te breek.
KOORS…Drink wonderkroonesssens.
KOORS…Gooi ‘n mespunt van elk van rooipoeier…swartpoeier en poeier
teen die skerpte in ‘n bietjie water en gee vir die pasient om te drink.
KOORS…Gooi in ‘n glas 1 eetlepel brandewyn…2 eetlepels kookwater en
‘n mespunt sout. Gee vir ‘n kind 1 teelepelvol elke 15 minute so warm as
moontlik en vir ‘n volwasse kan jy 1 dessertlepelvol ingee. Hou aan tot
die koors gebreek het.
KOORS…Kap wynruit blare fyn en bind om polse en slape vas…en trek
tee van blare. Dit breek koors (kinders en grootmense) soos geen
moderne medisyne kan nie.
KOORS…Maak 1 teelepel hoogvol met engelse sout en en dit ‘n ‘n kelkie
warm water en roer sodat dit kan smelt. Gooi nou 1 ½ teelepens
lewensessens in en roer en drink.
KOORS…Neem ‘n ½ koppie water en sit daarin ‘n mespunt rooipoeier en
gee vir die pasiënt soggens en saans om die koors te breek.
KOORS…Neem ‘n beeshoring en druk die punt in die vuur. Laat goed
brand …haal uit en krap al die vuilheid van die vuur af. Die horing sal
nou mooi bruin wees…dan rasper jy van die bruinerige poeier af. Neem
nou 1 eetlepel van die poeier en sit in ‘n ½ koppie kookwater. Roer goed
en laat afkoel. Gee dit dan vir ‘n kind wat baie koorsig is en dit sal die
koors sommer dadelik breek.
KOORS…Pluk ‘n klompie druiweblare…en bind dit op die kop vas met ‘n
warm lap.
Boererate - K
KOORS…Smeer suurdeeg onder die baba se voete om die koors te
breek.
KOORS…Spons die sieke met kouewater en maak dan toe.
KOORS…Stamp wynruit en sit dit in ou suurdeeg om goed te week.
Maak nou ‘n pap en smeer op 2 lappies. Sit 1 lappie om die linkerpols en
1 lappie onder die regtervoet. Trek ook wynruit en gee 1 teelpelvol
met 4 druppels wonderkoonessens vir die sieke. Die koors sal binne 1
uur gebreek wees.
KOORS…Trek koorsbossie in kookwater en drink 3 maal per dag.
KOORS…Vir ‘n baba wat baie hoe koors het neem ‘n bietjie kasterolie
en gooi in ‘n piering met 3 druppels rooi laventel. Sit dit op die stoof
en maak louwarm. Doop ‘n lappie daarin en sit op die baba…of kind…se
voorkom en sit dan ‘n droe lappie bo-oor. Dit sal die koors gou breek.
KOORS…Wanneer iemand ‘n baie hoë Koors doen soos volg: Rasper 'n
ui of 2. Plaas uie (met "soppe" en al) onder koorsige persoon se voete en
draai toe met lappe. Koors behoort binne 'n dag of 2 te breek.draai toe
met lappe.
KOORSBLARE…Gebruik gewone vanilla essens en plaas dit met 'n
oorstokkie op die koorsblaar. Herhaal so elke halfuur indien nodig, die
vanilla essens droog die koorsblaar op.
KOORSBLARE…Maak 1 aspirienpil klam en sit op die koorsblaar en hou
jou lippe opgekaar sodat die pil nie afval nie.
KOORSBLARE…Maak pasta van koeksoda en sit op koorsblare.
KOORSBLARE…Pluk ‘n klompie populierblare en was mooi skoon. Braai
uit in bokvet of varkvet en maak fyn totdat dit ‘n salf vorm. Smeer ‘n
paar keer per dag aan die koorsblaar.
KOORSBLARE…Sit is stukkie aluin op 'n koorsblaar of as jy seertjies in
jou mond het, suig 'n stukkie aluin.
Boererate - K
KOORSBLARE…Smeer 2 maal per dag oorwas aan.
KOORSBLARE…Smeer bietjie eau-de-cologne met jou vinger aan die
koorsblare…dit sal gou verdwyn.
KOORSBLARE…Smeer wit vaseline aan die koorsblaar en hou daarmee
aan tot die koorsblaar weg is.
KOORSBLARE…Vat die binnekanste deel van ‘n perskepit en stamp fyn
soos poeier…meng met ‘n druppel kasterolie en smeer op jou
nugtermaag op die koorsblaar. Doen dit elke oggend tot die koorsblaar
opgeklaar het.
KOORSBLARE…Vir koorsblare wat NET begin: Smeer vanilje essens
daarop.
KOPLUISE...Vryf mayonnaise in die hare en bedek vir 2 uur met
stortkappie. Was en spoel daarna goed af.
KOPLUISE…Die beste resep (is met groot welslae by talle skole
gebruik) 1 Koppie kookolie, 1 Koppie asyn, 1Koppie parafien. Skud die
mengsel goed. Wend kwistig aan droë hare. Laat staan vir ± 20 min.
Was daarna met sjampoe in lekker lou water.
KOUEKOORS…Drink warm suikerwater en sit ‘n skottel of emmer koue
water onder die bed.
KOUEKOORS…Maak fyn sout warm en sit in die kuiltjie.
KOUEKOORS…Neem wildeals en wynruit en gooi 2 koppies kookwater
oor en laat soos tee trek. Syg deur en gooi nou 1 eetlepel fyn gemmer
by en roer om te meng.
KOUEKOORS…Sit agter die sieke en hou aan blaas tussen die blaaie
met jou warm asem tot die koors gebreek het.
KOUEKOORS…Sit net ‘n emmer koue water onder die persoon se bed.
KOUEKOORS…Trek ‘n handvol wildeals en ‘n handvol sagte ronde
bloemkomblare soos tee. Gee vir die sieke ‘n koppievol om te drink en
maak dan baie warm toe sodat hy kan sweet. Dit sal die koors gou
breek. Dis ook goeie raad as iemand bewusteloos is.
Boererate - K
KOUEKOORS…Trek 7 toppe van wildeals soos tee. Neem ‘n ½ koppie
daarvan en gooi 1 teelepel jamaikagemmer in en roer en drink. Stoom
terselfdetyd met wildeals stoom.
KRAAMBEDKOORS…Meng 6 eetlepels terpentyn…6 eiergele en 6
eetlepels asyn. Neem mou ‘n nuwe flennielap en sit in kookwater en
droog goed uit. Smeer nou van die mengsel op die lap en sit die op die
pynplek…so warm as wat die persoon kan verdra.
KRAAMBEDKOORS…Sit ‘n ‘n kelkie 1 eetlepel brandewyn…1 eetlepel
baie warm water en ‘n mespunt fyn tafelsout…roer om op te los. Drink
die mengsel warm. Herhaal indien nodig.






















Boererate - N
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
​
NAARHEID...1 eetlepel appelasyn op een koppie water. Neem kort-kort
twee of 3 slukkies
NAARHEID...1/2 tot 1 teelepel suurlemoensap met 'n bietjie sterk warm
water
NAELS….Om te verhinder dat jou naels breek, gooi 1 eetlepel koeksoda in
´n koppie warm water en week jou naels vir 15 minute daarin, droog af en
vryf olyfolie in.
NAELS…Om naels te versterk, week vir 4 minute in louwarm spiritus en
daarna vir nog 4 minute in louwarm olyfolie, herhaal twee keer per week
NEUS…As iemand se neus bloei moet jy dat hy plat op sy ruk le met sy
hande bokant die kop reguit gestrek. Dan moet hy ‘n stukkie kladpapier
kou.
NEUS…As iemand se neus bloei…gooi bietjie brandewyn op ‘n lap en lê dit
op die persoon se nek…sodra dit droog is dan sit jy weer ‘n ander lap op
met brandewyn….tot die neus ophou bloei.
NEUS…As iemand se neus bloei…gooi skielike en onverwags koue water
teen die rug af…die bloeding sal dadelik stop.
NEUS…As jou kind iets soos ‘n boontjie in die neusgat ingedruk het en dit
sit vas…moet jy die oop neusgat toedruk en sommer hard in die kind se
mond inblaas…en die voorwerp hoort uit te spring
NEUS…As jou neus bloei dan neem jy net ‘n ½ glas water en gooi 1 gelyk
teelepel kremetart by …roer en drink vinnig en die bloed sal stop.
NEUS…As jou neus bloei dan vryf jy kasterolie bo op jou kroontjie in.
Boererate - N
NEUS…As jou neus kwaai bloei…dan druk jy tussen die oë langs die neus
styf vas vir ‘n paar minute en die bloeding sal stop.
NEUS…As jy aan bloeineus ly…gooi so 2 tot 5 druppels Lennon se
staaldruppels in ‘n glas met ‘n bietjie water en drink. Dit smaak sleg
maar dit werk.
NEUS…As jy met borrie snuif wanneer jou neus bloei dan stop dit sommer
dadelik…en sal ook vir ‘n lang tyd nie weer bloei nie.
NEUS…Bind ‘n rooi band of ‘n paar draadjies rooi sy of garing om die nek…
net nie styf nie. Laat dit maar om die nek bly…maar vervang so nou en dan
met ‘n skone. Die skoner geslag kan maar rooi krale om die nek hang.
NEUS…Draai ‘n band styf om die duim as jou neus bloei.
NEUS…Drink ‘n ¼ koppie skoon asyn as jou neus bloei en dit sal gou stop.
NEUS…Druk ‘n halfkroon in die middel van die voorkop vas en die bloed sal
ophou.
NEUS…Eet ‘n ongelyke getal rosyne…7…9…of meer…maar dit moet net ‘n
ongelyke getal wees.
NEUS…Gooi 1 koekie kamfer op ‘n ¼ bottel brandewyn en laat trek. As
jou neus bloei dan smeer jy van die mengsel op jou handpalms en ook die
holte van jou voete…dit sal die bloeding dadelik laat stop.
NEUS…Gooi elke aand as jy bed toe gaan ‘n paar druppels
aptekersparaffien in die neusgate.
NEUS…Hou ‘n silver muntstuk op jou tong en die bloeding sal stop.
NEUS…Meng 1 eetlepel brandewyn met ½ eetlepel sout en roer goed om
op te los. Maak die kop bo-op die kroontjie asook die nek goed nat met
die mengsel en die bloeding sal stop.
NEUS…Neem ‘n koekie blousel en maak effens klam…trek nou ‘n kruisie op
die voorkop reg tot op die neus en dwars op die voorkop.
​
​
Boererate - N
NEUS…Neem ‘n stukkie vaalpapier en skeur dit dat dit net pas op die
voortande onder die bolip die bloeding sal stop.
NEUS…Neem 7 rissiepitte 4 maal per dag vir 3 dae. As die persoon se
neus weer begin na so 2 of 3 maande dan herhaal jy die dosis…en
bloeineus is iets van die verlede.
NEUS…Pluk brandnekels en gooi daarvan op ‘n stukkie vaal papier. Sit in
‘n lou oond tot dit mooi droog is. Maak dit dan fyn tot ‘n poeier en sif
deur ‘n baie fyn sif…en sit in ‘n houertjie. Jy kan 3 maal per dag van die
poeier snuif…doen so vir ‘n paar dae. As jou neus weer bloei kan jy dit
weer vir ‘n paar dae doen…die poeier hou goed in houer met ‘n deksel.
NEUS…Stink neus…Lopende water opsnuiven.
NEUS…Stinkneus…Snuif lopende water in neus op.
NEUS…Stinkneus…Snuif soutwater in die neus in op….meng 1 teelepel sout
in ‘n glas warm water.
NEUS…Vat fyn sout en maak net klam…dan sit jy dit op jou polste.
NEUS…Vir ‘n neus wat bloei kan jy staaldruppels in die neus drup..moet
net nie dat dit in die keel afloop nie.
NEUS…Vir ‘n neus wat bloei moet jy bietjie blousel skraap en asyn
bygooi….en meng. Sit van die mengsel op jou kroontjie en die bloeding sal
dadelik stop.
NEUS…Vir ‘n toe neus sit een dessertlepel heuning in ‘n skottel kokende
water en maak jou kop toe met ‘n handdoek en haal die wasem diep in…dit
is baie effektief.
NEUS…Vir bloedneus moet jy ‘n koekie blousel en dieselfde hoeveelheid
aluin vat en braai tot dit ‘n poeier is. Nou kan jy elke aand ‘n knippie
snuif en jy sal nooit weer gepla word deur ‘n neus wat bloei nie.
NEUS…Vir bloedneus moet jy vaalpapier oprol en kou.
NEUS…Vir Bloedneus moet jy ‘n watteproppie maak en in suurlemoensap,
Boererate - N
druk en dit dan in die neus wat bloei sit tot dit ophou.
NEUS…Vir bloedneus moet jy net ‘n sikspens warm vryf en dit dan onder
jou tong sit.
NEUS…Vir bloedneus….Neem ‘n oorstokkie of bietjie watte om
vuurhoudjie gedraai and doop dit in Kloostersbalsem en druk in die
neusgate in op..dit sal die bloeding laat stop.
NEUS…Vir neusbloei moet jy ‘n watte proppie maak en in turlington doop
en in die neusgat steek.
NEUS…Vir neusbloei moet jy rooi poeier snuif.
NEUS…Vir toe neus kan jy gerus extra sterk pepperminte kou…dit hoort
jou toe neus sommer gou oop te maak.
NEUS…Vir wanneer jou neus bloei moet jy net ‘n dassie se vel wat klaar
gebrei is vat en die hare afbrand …dan snuif jy dit.
NEUS…Voorwerp in neus. Hou die gesonde neusgat toe en blaas hard in
die mond van die persoon.
NIERE…Drink soggens op jou nugtermaag 10 druppels balsemsulfuris en
10 druppels harlemensies in ‘n kelkie melk. Saans dan drink jy 10
druppels balsemsulfuris…10 druppels harlemensies en 5 druppels
balsemkopiva in 1 wynkelkie melk.
NIERE…Eet soveel vrugte en rou slaai as moontlik…en gebruik 2 tot 3
eetlepels olyfolie per dag.
NIERE…Koop 3 bottels Harlemensies. Die eerste bottel word drie keer
per dag gebruik word... 10 druppels op 'n bietjie melk...moenie roer nie...
drink net so. Die ander twee bottels word net soggens op jou
nugtermaag gedrink soos hierbo. Eet maar ‘n stukkie pietersielie om die
smaak weg te vat en asem te verfris.
NIERE…Neem klipdagga en trek soos tee. Drink 3 maal per dag ‘n kelkie
daarvan.
Boererate - N
NIERE…Nierstene…Neem ‘n mespunt salpeter op jou nugter maag en
moenie iets eet of drink vir ‘n ½ uur nie. Meng 1 botteltjie wit dulsies…1
botteltjie balsemsulfuris en 1 botteltjie balsemkopiva baie goed
deurmekaar. Neem 3 keer per dag…na etes… 15 druppels op 1
dessertlepel suiker…of ‘n bietjie melk.
NIERE…Pluk blare van ‘n geel perskeboom en trek soos tee. Drink ½
koppie van die water 3 keer per dag.
NIERE…Rooiwater…Grou die wortels van rooistorm uit…dit groei in die
berge..en kook dit tot dit sterk is. Drink 3 keer per dag 1 koppievol van
die water. Dit werk gou…en u is binnekort gesond.
NIERE…Trek bergboegoeblare in kookwater en drink 3 maal per dag ‘n
kelkievol.
NIERE…Trek tiemie en kruisement soos tee en drink.
NIERSTENE…1 teelepel olyfolie, 1 teelepel witdulsies, meng goed saam en
drink 2 keer per dag
​
Boererate - O
OUDERDOM…’n Tee gemaak van heuning en kaneel…as dit gereeld geneem
word kan die kenmerke van ouderdom verlig...en help dat jy ‘n ryp ouderdom
kan bereik. Neem 4 teelepels heuning en 1 teelepel kaneel en 3 koppies
kookwater…meng goed soos tee…en drink ¼ koppie 3 tot 4 maal daagliks…dit
hou ook die vel lieflik sag en vars.
OUMANSKLIER…Bak ‘n volstruiseierdop tot goudbruin en maal dan fyn.
Gooi kookwater oor en laat bietjie trek. Drink van die water paar keer per
dag.
OUMANSKLIER…Kook water en gooi dan in 1 bottel. Neem 1 teelepel
salpeter…1 teelepel aluin en 2 eetlepels heuning en sit by die water in die
bottel. Skud baie goed. Neem 3 keer per dag ‘n wynkelkievol. Onthou net
om die bottel goed te skud voor gebruik.
OUMANSKLIER…Roer 1 eetlepel skoon teer in 1 blik goue stroop baie goed
deurmekaar. Eet soggens en saans 1 eetlepelvol daarvan.
OUMANSKLIER…Rol ‘n pakkie engelse sout fyn tot poeier. Meng met 1
botteltjie rooi poeier. Sit ‘n ¼ teelepelvol droog op die tong en sluk weg met
water.
​
Boererate - P
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
PAMPOENTJIES…Om pampoentjies te laat wegdroog…bind net die kous
wat jy uittrek om die keel…terwyl dit nog warm is.
PERDEBYSTEEKPLEK…Week witbrood in kookwater, meng goed met een
teelepel Engelse sout, sit op die steekplek.
PES…Meng 2 eetlepel heuning…2 eetlepels asyn en 2 eetlepels wynruit en
drink.
PES…Sny ‘n paar groot wit uie in skyfies en pak onder die bed.
PITSWERE...Die volgende resep werk goed. Meng sunlightseep en wit
suiker ½ van elk. Voeg dit in 'n eetlepel en meng dit in die eetlepel met 'n
teelepel, sodat die vorms van die lepels inmekaar pas. As dit goed
gemeng is, plaas dit op die pitsweer en verbind met boracic, wat in
kookwater gedoop is. Draai dit toe met 'n warm verband. Vervang
gereeld.
PITSWERE…Maak 'n deel van 'n koekie Sunlightseep fyn, meng wassoda
by, plaas op sweer en bedek
PITSWERE…Maak 'n XXX-pepermentlekker effens nat, plaas op die
pitsweer en verbind. Binne 'n paar dae is dit genees.
PITSWERE…Neem 1 eiergeel en klits effens. Voeg by ‘n ½ teelepel sout
en meng goed. Sit op die pitsweer en laat tot die volgende oggend.
PLOOIE…Ouma se raat teen plooie…drink elke dag ‘n glas warm water
met ‘n teelepel gelatien in…jou plooie sal op ‘n later ouderdom eers begin
wys.
POLIO…Doop 2 lappe in brandewyn…sit nou 1 om die kind se kop en 1 op
die kind se rug. Sodra dit droog word dan maak jy dit weer met
brandewyn nat…tot die koors gebreek het.
Boererate - P
POLIO…Neem die murg uit ‘n murgbeen en sit dit in ‘n glasbotteltjie.
Gooi 1 dessertlepel fyn tafelsout daarby en genoeg brandewyn op dit
heeltemal te bedek. Meng goed. Smeer die sieke baie goed met die
mengsel…dit sal die koors breek. Smeer ook die verlamde deel elke dag
en jy sal verbaas wees om te sien die verandering.
POLIO…Stamp wynruit en gooi brandewyn oor. Laat dit goed trek en
smeer op die polste van die sieke. Smeer ‘n lap goed met kasterolie…
lank genoeg om van die nek van die sieke tot op die kruis te strek…sit die
lap op en sit nog een oor om die beddegoed te beskerm. Laat die sieke
die wynruit en brandewyn drink om die koors te breek.
PSORIASE… Psoriase op die kop. Gebruik 1 botteltjie gliserien
Dieselfde botteltjie met pers spirits. Dieselfde botteltjie met gewone
koei melk. Skud alles saam en smeer elke aand aan kopvel. Slaap
oornag met dit aan. Was hare met nie vetterige shampoo. Dit help
regtig baie as die kopvel erg is.
PUISES…Pasta gemaak van koeksoda en bietjie water kan opgesmeer
word.
PUISIES …Smeer tandepaste aan die puisie voor jy gaan slaap. Die puisie
droog gedurende die nag uit en sal geel (ryp) wees as jy opstaan. Maak
puisie skoon met alkohol - indien jy nie mediese alkohol het nie, gebruik
bv. whisky. MOENIE aan puisie druk nie - dit los merke.
PUISIES…Meng 1 pakkie kremetart en 2 pakkies engelse sout en gooi dit
in 1 groot bottel water. Skud goed sodat dit kan oplos. Drink elke
oggend 1 eetlepelvol op die nugtermaag.
PUISIES…Smeer vars suurlemoensap aan.
PYN…As jy pyn op die maag…of ‘n steek in die sy het…moet jy ‘n paar
druppels terpentyn…’n paar druppels lampolie en ‘n bietjie melk meng en
drink.
PYN…Gewrigpyne - maak watte met olyfolie nat en sit dit op die pynplek,
draai verband om. Dit help beslis
PYN…Gooi 1 eetlepel bloekomolie…1 eetlepel soetolie en 1 eetlepel
brandewyn in ‘n bottel en skud goed om te meng. Smeer aan die pynplek.
Boererate - P
PYN…Meng 1 teelepel engelse sout…1 teelepel magnesia en 1 teelepel
gemmer in 1 glas water roer dit goed drink dadelik alles op jou
nugtermaag.
PYN…Rasper ‘n klein stukkie blousel wat nog nie in water was nie en gooi
so ‘n ¼ teelepelvol in ‘n ½ glas water. Dit sal die pyn wegneem.
PYN…Spier, rug, inflammasie, Sit koolblare op die plek, vervang twee
keer daagliks.
PYN…Vir maagpyn moet jy ‘n paar druppels terpentyn in ‘n ½ koppie
kookmelk gooi en dit drink. Dit sal die pyn gou laat bedaar.
PYN…Vir pyn op die maag moet jy die persoon op sy rug op ‘n bed laat
lê. Sit dan ‘n kort stukkie kers op die naeltjie en steek aan die brand.
Sit dadelik ‘n glas bo-oor en druk dit vas. Die glas sal vassuig…en die
kers doodgaan. Sodra die glas vanself losgegaan het…dan is die pyn ook
weg.
PYN…Vir seer en pynlike spiere na griepaanval kan jy die volgende
gebruik. Meng 1 eetlepel peperwortels met olyfolie….laat die mengsel so
30 minute sit…smeer dan aan soos masseerolie…dit bring baie vinnige
verligting van seer spiere.
PYN…Vir sommer enige pyn of kwaal…gebruik Samboksalf.









Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
​
Oë... Perel en vliese op die oog…Gooi elke aand 1 druppel kasterolie in die oog
waar daar ‘n vlies oor groei.
Oë...Skei 1 hoendereier en neem die geel en sit dit tussen 2 lappies en sit op
die seer oog. Soos die kwaad uittrek sal die eier hard word…dan kan jy ‘n
ander een opsit as dit nodig is.
Oë… Perel en vliese op die oog…
Oë… Perel en vliese op die oog…Drup 2 druppels soetolie in die oog soggens
en saans.
Oë…’n goeie raad vir wanneer jou oë seer of rooi of geirriteerd is…is om
heuning in gelyke dele met warm water te meng…dit te laat afkoel en dan die
oë daarin bad…of om direk in die oë te sit…dit bring vinning verligting.
Oë…As iets in jou linkeroog inwaai moet jy jou regterneusgat toedruk en
hard snuit…en as dit in jou regteroog inwaai moet jy jou linkerneusgat
toedruk en hard snuit. Dit sal die vasgesteekte iets los maak as jy reg snuit.
Oë…As iets in jou oog ingewaai het dan trek jy net die boonste ooglid oor die
onderste ooglid..en dit sal die ding in jou oog losmaak.
Oë…As jou oë onder geswel is…smeer Preperation H baie versigtig onder die
oë….maar vermy kontak met die oë…dit verlig swelsel amper onmiddelik.
Oë…As jy iets in jou oog gekry het wat vassit moet jy wit teesuiker baie fyn
maak en dit met haarlemensies meng en die mengsel in die oog sit. Dit werk
baie goed.
Oë…As jy in iemand se vuis vasgeloop het en jou oë is blou dan neem jy warm
engelse sout water ….mengsel van 1 teelepel engelse sout in 1 koppie warm
water en gebruik ‘n stukkie watte om die oog te was met die engelse sout
water en week dan skoon watte in die water en gaan le en sit dit op die oog.
Boererate - O
Oë…Blindheid…As jy dit in die hande kan kry moet jy 1 lepel moedersmelk in
die oë gooi.
Oë…Blindheid…Rol wit teesuiker so fyn as moontlik sodat dit soos poeier
lyk. Die poeier moet dan in die oë gestrooi word.
Oë…Eet mosterd.
Oë…Gooi 1 druppel heuning in die oë van die persoon wat blind word…dit
brand nie maar help baie beslis.
Oë…Gooi 1 eetlepel borakskristalle op 1 bottel kookwater en laat dit afkoel.
Baai die oë 3 keer per dag daarmee. Dit is ook uitstekend vir swak oë.
Oë…Gooi 'n knippie koeksoda in koue…gekookte water en vryf oor oë om
swelling en jeuk te behandel.
Oë…Karkatjie…As die karkatjie oopgaan neem van die vuilgoed met ‘n
garingdraad en ent dit op ‘n boom…verkieslik een wat nie blare weggooi nie.
Oë…Karkatjie…Drink ‘n mespunt salpeter in ‘n ½ glas water 3 maal per dag vir
2 of 3 dae.
Oë…Karkatjie…Jy moet ‘n pennie vir 1 uur lank op die oog hou.
Oë…Karkatjie…Meng 3 eetlepels goue stroop en 3 teelepels fyn neut goed
deurmekaar. Neem 3 maal per dag 1 teelepelvol van die mengsel.
Oë…Karkatjie…Mens moet net dat ‘n verwagtende moeder 3 keer oor die
karkatjie vee met haar vinger en dit sal weggaan.
Oë…Karkatjie…Rasper ‘n ½ neut in ‘n glas warm melk en drink dit. Herhaal
na ‘n week.
Oë…Karkatjie…Smeer nugter spoeg aan indien jy voel dat ‘n karkatjie op pad
is.
Oë…Karkatjie…Sodra jy voel dat jy besig is om ‘n karkatjie te kry…moet jy ‘n
mespunt koeksoda in bietjie water gooi en drink. Herhaal elke 6 tot 8 uur.
Boererate - O
Oë…Karkatjie…Stamp ‘n stukkie rou vleis en sit op die oog…dit sal die
vurigheid uittrek.
Oë…Karkatjie…Vir karkatjie op oog, trek die stert van 'n klein katjie 7 keer
oor die oog
Oë…Karkatjie…Vryf ‘n goue ring warm en vryf dan die oog daarmee.
Oë…Klits die wit van ‘n eier baie droog en smeer op ‘n lappie en sit dit op die
oog. Sodra dit droog is kan jy dit vervang…tot die kwaad uitgetrek is.
Oë…Laat pietersielie in water trek en drink dan die water. As jy dit elke
dag drink dan sal jy mooi helder oë he.
Oë…Meng 1 gelyk eetlepel stysel en ‘n ¼ eetlepel boorpoeier baie goed
saam. Neem ‘n ¼ van die mengsel en los dit op in ‘n bietjie koue water. Gooi
nou ‘n paar lepels kookwater by tot dit ‘n pap vorm. Smeer die pap op ‘n
sagte skoon lap en sit so warm moontlik op die oë. Hou dit aan vir 20 minute
en sit weer ander aan as dit nodig is.
Oë…Ontsteking…Baai die oë eers goed met koue water en neem dan ‘n skoon
ou wit lappie en was die oë goed daarmee. Die lappie moet baie sag wees.
Sit nou ‘n ¼ teelepel engelse sout in ‘n kelkie yswater en meng. Was elke uur
die oë met die water. Saans wanneer jy gaan slaap dan week jy die lappie in
die engelse sout en sit dit op die oë.
Oë…Oog wat uitspring…Was mooi met lou water…moet nie die oog seermaak
nie. Druk die oog dan versigtig weer terug en sit koue kompressie op.
Oë…Perel en vliese op die oog…Neem ‘n seeskulp en krap die binneste uit en
sif deur lamfer en blaas dit deur ‘n strooi in die oog wat ‘n perel op het. Die
skulp word seetong genoem.
Oë…Seer oë…Baai die oë met suikerwater.
Oë…Seer oë…Gooi 1 druppel van die wit van ‘n eier wat altyd agterbly
wanneer jy ‘n eier oopbreek in die seer oog.
Oë…Seer oë…Kook blou salie en laat afkoel. Baai nou die oë in van die water.
Boererate - O
Oë…Seer oë…Meng ‘n klein mespunt aluin en ‘n klein mespunt wit teesuiker
saam en maak fyn. Gooi in ‘n koppie kookwater wat klaar afgekoel het. Gooi
in ‘n bottel en kurk toe. Gooi 2 of 3 druppels in die seer oog 3 maal per
dag. Die mengsel word mettertyd sterker en dan kan jy net bietjie water
bygooi. Dit sal bietjie brand in die begin…maar namate die oë beter word
sal dit nie meer brand nie.
Oë…Seer oë…Neem baba se eerste nat doek in die oggend en vee sy ogies
daarmee uit en ook dikwels deur die dag.
Oë…Seer oë…Sit slangvel in brandewyn vir 2 minute. Sit op die oë met die
binnekant op die seer oog en maak toe met ‘n ander lappie. Sit nou
kesieblaarpappie louwarm bo-op.
Oë…Seer oë…Trek ‘n paar kamelblomme of blare in water. Baai die oë met
die water.
Oë…Seer oë…Was die oë met flou louwarm tee.
Oë…Seer oë…Was jou oë met flou…louwarm tee en gooi 1 druppel
haarlemensies in.
Oë…Swak oë…Dra goue oorbelle as jy swak oë het…dit help.
Oë…Swak oë…Smeer ‘n bietjie harmansdrup in die buitehoekies van die oë.
Oë…Swak oë…Trek kemeel boom soos flou tee en laat afkoel. Baai die oë
soggens en saans daarmee…dit reinig die oë en versterk dit sodat jy jou bril
sal kan bere.
Oë…Vir enige oogbesering kan jy net ‘n stukkie rou vleis op die oog sit.
Oë…Voorwerp in oog - as daar iete in jou linkeroog is, trek die boonste ooglid
oor die onderste een en hou so stil, druk dan jou regterneusgat toe en snuit
hard deur jou linkerneusgat.
Oë…Was die oë met soutwater of engelse sout water en drup dan 2 of 3
druppels kasterolie in elke oog. Bind toe sodat daar nie lig inkom nie.
Boererate - O
OMLOPE…Maak ‘n ½ teelepel fitterjoel so fyn soos poeier en maak aan met
vars room en smeer rondom die omlope 3 of 4 maal per dag. Dit sal die
omlope heeltemal wegvat.
OMLOPE…Maak ‘n pasta van heuning en kaneel wat bestaande is uit gelyke
dele en smeer aan die omlope saans en soggens. Gebruik vir so twee weke
en alle tekens van die omlope sal weg wees.
OMLOPE…Maak 1 XXX extra strong peperment effens klam en sit op die
omloop. Sodra daar ‘n gat in is dan sit jy ‘n varse op.
OMLOPE…Maak 'n pleister van klapperolie en blomswael en smeer aan
OMLOPE…Meng bietjie varkvet en blomswael en smeer op.
OMLOPE…Pluk 1 bitterappel wat aan bome groei en sny middeldeur en smeer
aan die omlope.
OMLOPE…Vat gelyke dele bywerk en ongesmelte bokniervet. Braai saam en
sit op die omloop. Sit net klein bietjies op.
OMLOPE…Vir omlope wat jeuk, of waterpokkies, smeer as (uitgebrande hout)
aan, dit laat die gejeuk ophou!
ONTSTEKING….Nier en Blaas ontsteking - Koop ‘n pakkie Boegoeblare by
jou naaste apteek (ongeveer 50 gram) Plaas in ‘n medium grootte kastrol
met 1 liter koue water en verhit geleidelik tot kookpunt. Laat dit vir
ongeveer 5 minute kook en skakel dan die plaat af en laat afkoel. Gooi deur
‘n teesiffie of doek en verkoel in die yskas. Drink ‘n koppie vol sodra koud
en daarna ‘n halwe koppie tweemaal per dag. Hierdie raat kan aanhoudend
gebruik word om nier en blaas probleme weg te hou.
OOR…Bosluis in oor…Blaas pyprook in die oor
OORMIET…Sit so paar druppels soetolie in jou kat se ore en masseer in…
maak dan skoon met watte pluisie. Herhaal een keer per dag vir drie dae.
Die olie streel die kat se vel..smoor die miet en verspoedig die gesondword
proses.
OORPYN…3 druppels warm soetolie
Boererate - O
OORPYN…As ‘n kind steek in die ore het dan smeer jy voor en agter die oor
met samboksalf…en sit ook ‘n watte pluisie met samboksalf in die oor.
OORPYN…As jy las het van seer ore..of ore wat sweer…vat net ‘n stukkie
slangvel en doop dit in soetolie en maak daarvan ‘n pluisie wat jy dan in die
ore sit.
OORPYN…Blaas pyprook in die seer oor en steek dan ‘n watte pluisie in.
OORPYN…Braai ‘n krap goed uit sodat al die olie uitkom en gooi ‘n paar
druppels soggens en saans in die oor.
OORPYN…Braai ‘n krimpvarkie uit en suig die vet deur ‘n skoon lap. Gooi ‘n
paar druppels van die vet in die oor en sit ‘n pluisie in.
OORPYN…Braai ‘n stukkie boertebak in kasterolie en sodra dit tot louwarm
afgekoel het ..sit jy 3 druppels in die oor.
OORPYN…Braai 8 erdwurm lewendig in soetolie. Gooi ‘n paar druppels van
die olie in die oor as dit pyn.
OORPYN…Braai ystervarkvet uit en gooi dan in ‘n botteltjie. Gooi 2
druppels wat jy eers louwarm gemaak het in die oor en sit ‘n watte pluisie in.
OORPYN…Druk ‘n malvablaar fyn en steek dan in die seer oor. Sodra dit
droog is…vervang met ‘n ander blaar.
OORPYN…Gooi ‘n paar druppels warm haarlemensies in die seer oor en steek
dan watte pluisie in.
OORPYN…Gooi 2 druppels spesifiek in die seer oor 3 maal per dag.
OORPYN…Gooi skoon gliserien in die oor en sit pluisie in. Sit sal die oor gou
genees…al sweer dit.
OORPYN…Gooi so ‘n paar druppels brandewyn in ½ teelepel gliserien en maak
louwarm oor ‘n kers. Gooi in die oor en sit stukkie watte in. Herhaal indien
dit nodig is.
file:///C|/Documents%20and%20Settings/User/Desktop/Rate%20en%20Respte%20eboek%20files/o.html (6 of 8)2006/06/27 11:00:50 AM
Boererate - O
OORPYN…Meng 1 botteltjie groen amara met die olie van sardiens…net ‘n
klein blikkie is reg. Meng goed en gooi 3 druppels in die seer oor en sit ‘n
watte pluisie in om die olie in te hou.
OORPYN…Neem dassieswater…dit word ook klipsweet genoem en is in apteke
te koop…so ‘n sjieling grote stuk en stamp dit fyn en braai dan uit met 4
groot eetlepels kasterolie. Gooi 1 druppel elke dag in die seer oor.
OORPYN…Oorpyn/ ooronsteking. Neem een groot ui, warm dit op in die
mikrogolf oond, draai dit toe in 'n kombuislappie en hou dit vir 'n half uur so
naby aan jou oor as moontlik. Maak seker as jy gaan slaap om 'n lappie oor jou
kussing te gooi, want as daar opgeboude was in jou oor is sal dit uitloop!
Die 'aroma' van die ui is ook 'n antibacterial, en die hitte werk wonders vir
die pyn!
OORPYN…Sit ‘n paar druppels rooi laventel en gliserien in ‘n lepel en steek
aan die brand. Sodra dit net louwarm is word die vlam doodgeblaas en dan
word dit in die oor gegooi.
OORPYN…Sit ‘n stukkie roltwak in warm melk tot dit mooi bruin is. Laat
afkoel en gooi dan kort-kort bietjie in die oor.
OORPYN…Sit heuning op watte pluisies en steek dan in die seer oor…dit
werk vinnig en die pyn is gou weg.
OORPYN…Sit pypolie op ‘n stukkie watte en steek in die seer oor.
OORPYN…Steek net ‘n stukkie ou varkspek in die seer oor. Herhaal tot die
oor gesond is en nie meer pyn nie.
OORPYN…Trek ‘n handvol kruidjie-roer-my-niet blare in 3 koppies
kookwater. Laat ofkoel en spuit dan die ore met die water uit so 3 oggende
na mekaar. Dit is selfs goed vir mense wat doof is.
OPSIT…Vir opsit (vry) is die opsitkers gebruik en natuurlik het oupa kort
kort gekug en as kers amper klaar is moet jongman gaan.
OSTEOPOROSE…Vir mense ouderdom 50 en oor is dit raadsaam om elke dag
minstens een teelepel heuning in te neem..dit help op die kalsium opname te
stimuleer en help sodoende met beenverkalking









Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
REUKE…As jou hond op ‘n reëndag inkom droog die hond goed af en
smeer sommer so bietjie wasgoedversagmiddel oor die hond…dit sal die
nat honderuik verwyder en die hond sal skoon en vars ruik.
ROOK...As jy ophou rook eet gereeld piesangs…so elke twee uur een…
want piesangs is ryk aan B6 en B12 vitamiene sowel as kalium en
magnesium wat help om die liggaam die onttrekking van nikotien te help
verwerk.
ROOS...Maak blouseep klam en smeer dan op die roos en gooi dan
borsdruppels oor.
ROOS…Breek 1 eier mooi in die helfte en gooi die eiergeel in ‘n
botteltjie. Gebruik die 1 helfte van die eierdop om te meet en gooi nou
1 eierdopvol asyn en 1 eierdopvol terpentyn by en skud die bottel om
goed te meng. Smeer nou van die mengsel op die roos.
ROOS…Doop ‘n stukkie watte in suiwer spiritus en en smeer die roos om
die jeuk weg te neem.
ROOS…Druk skaap of bokbene in die kole en laat goed brand tot hulle
wit is. Laat afkoel en maal dan fyn soos poeier en gooi 1 teelepel
blomswawel in en meng goed. Sit ‘n mespunt op jou tong en sluk weg met
bietjie water elke aand voor jy bed toe gaan.
ROOS…Eet elke oggend op jou nugtermaag en elke aand voor jy gaan
slaap 1 teelepelvol jellie. Hou aan totdat die roos beter word…dan doen
jy dit elke tweede dag..en begin dan weer van voor met elke dag.
ROOS…Gooi 1 bottel kookwater op 1 groot eetlepel sarsaparillawortels
en laat goed trek. Drink 3 maal per dag ‘n groot mondvol.
ROOS…Gooi 1 bottel soetolie in ‘n pan en voeg dan 1 dessertlepel droë
kamfer en 1 dessertlepel boraks by en meng. Smelt saam oor lae hitte
Boererate - R
en voeg dan byewas by tot dit ‘n salf vorm. Smeer aan die roos…maar
moet die roos nie toemaak nie…en vermy om in water te werk so veel as
moontlik.
ROOS…Gooi 1 eetlepel kalk op 1 bottel water…skud goed en laat dan
oornag staan. Die volgende oggend syg jy dit deur ‘n skoon lap en gooi ‘n
½ pakkie engelse sout en 1 botteltjie wonderkroonessens by en skud om
te meng. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol.
ROOS…Gooi 1 koppievol brandewyn uit ‘n bottel en gooi dan 1 koppievol
klipdagga in die bottel. Skud baie goed en laat vir 3 dae trek. Drink 1
eetlepelvol 3 maal per dag.
ROOS…Gooi 1 teelepel sout in ‘n bottel en maak dan die bottel vol
brandspiritus. Skud goed sodat die sout kan oplos. Gebruik ‘n stukkie
watte om dit op die roosplekke te tik. Jy moet glad nie vleis of eiers
eet terwyl jy die roos het nie.
ROOS…Grou agterstevoor klits se wortels uit en kap in stukkies. Sit in
blik of ou kastrol en gooi 3 koppies water oor en laat goed kook vir ‘n ½
uur. Was die roos 3 of 4 maal per dag met die water.
ROOS…Haal bietjie vaselien uit ‘n botteltjie en gooi ‘n ½ teelepel
bloekomolie daarin. Meng goed en smeer aan die roos.
ROOS…Kook boontjies tot gaar en syg deur ‘n doek. Was die roos dan
met die water wat jy afgegooi het.
ROOS…Krummel 1 koekie droë kanfer en gooi dit in ‘n ½ bottel
brandewyn en skud goed. Laat dit 3 dae trek en skud gereeld. Smeer
met ‘n stukkie watte aan die roos 3 of 4 maal per dag…tot die roos
verdwyn het.
ROOS…Maak ‘n dik pap van stysel en smeer aan die roosplekke. Waar
dit moonlik is om toe te draai…dan kan jy…die ander los jy maar oop.
ROOS…Maak 1 koekie kamfer fyn en gooi in ‘n ½ pint spiritus. Skud
goed om op te los en smeer aan die roos…of wend met stukkie watte aan.
ROOS…Maak 1 koekie kamfer fyn en meng met 1 blik rooikruispoeier.
Strooi nou daarvan op die roosplekke.
Boererate - R
ROOS…Maak salf van kasterolie en blouseep en smeer op ‘n mooi skoon
lappie en sit op die roos en bind vas. Vat kasterolie en maak die roos
skoon daarmee met ‘n stukkie watte.
ROOS…Maak wildeals of makals droog. Vir 3 koppies als moet jy 1
koekie fyngemaakte kamfer gebruik. Gooi dan 3 koppies rogmeel of
koringsemels by en stamp alles tot ‘n fyn poeier. Sif deur ‘n fyn siffie
en strooi op die roosplekke. Dit is veral ook goed vir nat roos…maar is
geskik vir enige soort roos.
ROOS…Maal wit bone tot fyn poeier en sit dan 1 mespunt kanfer in en
meng. Sit op die roos soos poeier.
ROOS…Meng 1 botteltjie gliserien en 1 botteltjie turlington goed saam
en smeer aan die roosplekke elke oggend en aand.
ROOS…Meng 1 pakkie kremetart en 1 dessertlepel blomswael goed
deurmekaar en sit dan ‘n mespuntvol op jou tong en sluk weg met bietjie
water.
ROOS…Meng 2 eetlepels uitgebraaide…ongesoute botter…2 eetlepels
sterk kamferbrandewyn en 2 eetlepel heuning was. Braai saam en roer
om seker te maak dit is goed gemeng. Was eers die roos met louwater..
of water met bietjie spiritus in…en laat dit self droog word. Smeer dan
met die mengsel.
ROOS…Meng 2 eetlepels vars room en 1 eetlepel Stockholmteer en
smeer voor jy gaan slaap aan die plekke wat roos het. Die volgende
oggend dan was jy die roos met flou spiritus water en laat self droog
word.
ROOS…meng 2 onse sinkpoeier en 2 onse koekmeel en maak met wit
vaselien aan tot ‘n salf. Smeer aan…dit help baie wanneer die water
deur die vel uitbars.
ROOS…Meng saam 2 eetlepel blomswael…1 mespunt viterjol en ‘n ¼ pond
ongesoute botter. Was nou eers die plekke met roos met ou
karringmelk en laat self droog word…moet nie ‘n handdoek gebruik nie.
Smeer nou van die salf daarop.
ROOS…Neem 1 pond bossies en sit in kastrol…voeg nou 3 bottels
Boererate - R
kookwater oor…en laat kook tot net 1 ½ bottels water oorbly. Was die
roos met die water. Jy moet net afwaarts was…no op nie…en jy moet
die roos laat self droogword.
ROOS…Neem droë wildeals…droë kamfer en droë semels en maak goed
fyn. Sit in ‘n bedsakkie en sit op die roos.
ROOS…Om die jeuk van roos stop te sit moet jy 1 koekie kanfer fyn
maal en meng met 1 eetlepel stysel en 2 eetlepels mielieblom. Meng
goed en poeier die roos daarmee.
ROOS…Pak die plek waar die roos is goed toe met druiweblare en
vervang elke keer dat die blare droog word.
ROOS…Pluk blare van ‘n geelperskeboom en sit in ‘n kastrol en laat goed
kook. Was die roosplekke met die water.
ROOS…Smeer bietjie rou heuning op ‘n lap en sit op die roos. Dis baie
goed.
ROOS…Smelt sinksalf en meng met die selfde hoeveelheid turlington.
Maak seker dat dit goed gemeng is en smeer aan die roos.
ROOS…Sny ‘n dik seebamboes oop en vryf die roos daarmee. As dit nog
jeuk dan vryf jy weer so ‘n paar maal en die jeuk sal weggaan.
ROOS…Sny 1 suurlemoen in die helfte en braai in ‘n pan. Smeer die roos
met dit.
ROOS…Sny die kop van ‘n skilpad af en smeer die warm bloed op die roos
3 maal per dag en die roos sal weggaan.
ROOS…Stamp malvablare baie goed tot sappig en was dan die roos
daarin en smeer ook die roos met die sap.
ROOS…Stamp nastergalblare baie goed tot sappig en smeer die roos met
die sap.
ROOS…Trek klein tongblare soos tee en was die roos daarmee. Smeer
geel terpentynseep op die roos.
Boererate - R
ROOS…Trek perskeblare in kookwater soos tee en gebruik om die roos
te was.
ROOS…Was die roos liggies met louwarm water en los dat dit self droog
word. Moet nie seep gebruik nie. Maak dan 1 teelepel koeksoda…en 1
teelepel gliserien deurmekaar en gooi dan 12 eetlepels rooswater by en
meng goed. Smeer soggens en saans aan die roos.
ROOS…Was die roos met karmedik wat sterk getrek is met brandewyn.
Jy moet ook so nou en dan daarvan drink.
RUGMURGONTSTEKING…Maak stinkolieboomblare warm in die stoof se
oond. Pak die pasient van agter die kop al met die rug af tot onder uit in
warm blare wat jy 3 of 4 opmekaar pak. Maak die pasient warm toe.
Na ‘n uur dan haal jy die blare af en pak weer ander warm blare op. Hou
vir ‘n paar dae so aan…jy sal sommer na die eerste paar uur die
verbetering kan sien.
RUGMURGONTSTEKING…Neem menswater…(urien)… en sit kalk
daarin. Neem nou ‘n stukkie ongebleikte linne en doop dit in die water
en lê dit op die pasiënt se hoof. Vervang die lappie kort-kort tot
beterskap ingetree het.
RUGPYN…Drup 10 druppels sap van ‘n alwynblaar in 1 eetlepel melk en
drink op jou nugtermaag. Hou aan totdat die rug gesond is.
RUGPYN…Eet saam met ontbyt in die oggend 1 knoffelhuisie so rou.
RUGPYN…Gooi 2 eetlepels skoonteer in 1 bottel water en skud goed om
te meng. Laat die bottel op sy sy le in die son vir 2 of 3 dae. Skud
goed en drink elke oggend op jou nugtermaag ‘n ½ kelkievol.
RUGPYN…Maak alwyn fyn en meng met heuning. Rol vir jou pilletjies so
groot soos ‘n aspro en drink dan elke aand 1 pilletjie met ‘n glasie water
voor jy gaan slaap.
RUGPYN…Meng ‘n ¼ teelepel salpeter en ‘n ¼ teelepel rooi poeier en
drink saans voor jy gaan slaap en ook op jou nugtermaag in die oggend.
RUGPYN…Neem ‘n groen bottel en pak dit styf met jong…groen
Boererate - R
bloekomboomblare. Gooi dan lampolie in die bottel en sit dit vir 3 dae in
die son om te trek. Gebruik ‘n stukkie watte of sagte lappie om dit aan
te smeer…moet nie vryf nie. Jy kan dit sommer liggies aantik. Na elke
gebruik moet jy dit weer in die son sit…jy kan altyd weer lampolie bygooi.
RUGPYN…Sny al jou toonnaels en vingernaels af en ook ‘n stukkie van u
hare op die kroontjie. Bind nou alles toe in ‘n ou stukkie lap en maak ‘n
gat in ‘n boom en druk dit in. Maak die gat weer toe en dan sal die rug
beter word. Dit moet ‘n boom wees wat nie vrugte dra nie.
RUMATIEK…1 Koppie paraffien…2 eetlepels fyn sout…2 eetlepels
aptekers terpentyn en 2 koekies kamfer. Maak die kamfer en sout baie
fyn…soos poeier. Meng alles saam en sit in ‘n houer. Jy moet dit net
met ‘n wattetjie aansmeer…moet net nie vryf nie.
RUMATIEK…1 pint petrol…2 eetlepels lampolie en 1 blikkie droë
kamfer. Gooi alles bymekaar en skud goed totdat die kamfer opgelos
is. Smeer daarmee vir die pyne.
RUMATIEK…Braai ‘n likkewaan se vet op ‘n plaat in die son uit. Moet nie
op stoof sit nie. Smeer die plekke wat pyn met die vet…en sny dan repe
van die vel en draai om die arms of bene waar die pyn die ergste is.
RUMATIEK…Daar is niks beter vir rumatiek as haarlemsies nie. Drink
elke aand voor jy bed toe gaan 12 druppels op ‘n bietjie melk. Gebruik
ten minste 3 botteltjies klaar en die rumatiek sal iets van die verlede
wees.
RUMATIEK…Deur heuning om die helfte met appelasyn gereeld te drink
kan dit rumatiek help teewerk.
RUMATIEK…Dra ‘n koper-armband.
RUMATIEK…Dra koperringe of armbande.
RUMATIEK…Drink vir ‘n tydlank elke oggend op jou nugtermaag 1 glas
louwarm water met 1 dessertlepel heuning en die sap van 1 skyfie
suurlemoen.
RUMATIEK…Eet daagliks rou seldery.
​
Boererate - R
RUMATIEK…Eet die eerste oggend op jou nugtermaag 1 suurlemoen…die
tweede oggend 2 suurlemoene…dan 3…elke dag een meer tot jy 20 dae so
maak…en die 20ste oggend 20 suurlemoene eet. Dan eet jy agteruit…
19…dan 18 ens tot jy weer is by 1. Dit rumatiek is dan vir goed weg.
RUMATIEK…Eet elke aand 1 teelepelvol melasse en drink ‘n glas water
daarna.
RUMATIEK…Gooi 1 eetlepel apoteek kalk op 1 bottel kookwater en skud
goed. Suig deur en voeg nou 1/6 se pynkelder by. Drink 3 keer per dag
1 eetlepelvol.
RUMATIEK…Gooi 1 pakkie engelse sout en die sap van 6 suurlemoene…
ryp of groen…in 1 bottel kookwater. Neem elke oggend 1 kelkievol op
jou nugtermaag.
RUMATIEK…Jy kan bloekomolie by ‘n apteek koop en aansmeer.
RUMATIEK…Jy moet lukwartblare trek in kookwater en 3 keer per dag
‘n koppievol drink.
RUMATIEK…Kneus 12 huisies knoffel en gooi in 1 bottel jin en laat dit
vir 24 uur trek. Drink lepelvol 3 keer per dag….as dit te sterk is..kan jy
bietjie water bygooi.
RUMATIEK…Kneus 9 knoffelhuisies en gooi in 1 bottel brandewyn en
skud goed. Laat staan vir 8 dae om te trek…maar skud elke dag die
bottel ‘n paar keer. Drink 1 eetlepelvol in ‘n kelkie water 3 maal per dag.
RUMATIEK…Kneus koffel huisies…genoeg om ‘n bierbottel half-vol te
maak en maak dan die bottel verder met lampolie vol…skud goed. Laat
staan om te trek en smeer dan daarmee.
RUMATIEK…Kook 1 bottel water en laat afkoel. Voeg nou 2 pakkies
engelse sout en 1 pakkie kremetart by. Skud goed en drink elke oggend
op jou nugtermaag 2 eetlepelvol…sonder om water by te gooi…of iets vir
minstins ½ uur daarna te drink. Dit sal die rumatiek uit die bloed werk.
RUMATIEK…Kook 1 pond bloekomblare met 3 bottels water tot dit net 1
bottel water is. Syg deur en drink elke oggend op jou nugtermaag 1
groot eetlepelvol waarby jy 15 druppels painkiller .Perry Davis gevoeg
het.
Boererate - R
RUMATIEK…Kook 4 eetlepels heuning en die sap van 3 suurlemoene tot
‘n stroop. Laat afkoel en voeg by 1 pakkie engelse sout…1 pakkie
kremetart…1 dessertlepel salpeter en 1 botteltjie wit dulsies. Skud
goed om te meng en neem 1 eetlepel na etes.
RUMATIEK…Kook 8 suurlemoene met skille en al in 2 bottels water tot
dit die helfte minder is. Laat afkoel en voeg by een eetlepel blomswael, 1
pakkie Engelse sout. Syg deur en drink elke oggend een eetlepel vol.
RUMATIEK…Kook brandnekeltakkies en laat dan afkoel en suig deur ‘n
skoon linne lappie. Drink elke dag 3 maal per dag ‘n ½ glasvol
RUMATIEK…Laat ‘n paar bye jou op die rumatiekplekke steek en dit sal
verdwyn.
RUMATIEK…Maak 2 koekies kamfer goed fyn…so fyn soos poeier en
gooi saam met 1 koppie asyn…1 eier…1 groot eetlepel terpentyn en 2
dessertleps room in ‘n glasbak en meng baie goed saam. Gooi in ‘n houer
en kurk toe. Smeer goed as die pyne pla.
RUMATIEK…Maak 1 koekie kamfer en 1 blikkie duiwelsdrek so fyn as
moonlik…en sit dit in 1 koppie varkvet. Meng baie goed deurmekaar.
Sit dit in ‘n lugdigte houer en smeer die pynplekke wanneer nodig…dit
werk baie gou.
RUMATIEK…Maak 12 aspirienpille goed fyn en gooi in ‘n bottel spiritus
en voeg dan 1 botteltjie jamaikagemmer by. Skud goed sodat alles kan
oplos. Smeer enige tyd dat die pyne pla.
RUMATIEK…Maak 4 blokkies kamfer so fyn soos poeier en gooi in 1
bottel wit spiritus. Kurk die bottel en skud baie goed. Laat staan tot
die kamfer gesmelt het…maar skud darem so af en toe. Gooi van die
mengsel in jou hand en smeer die pynplek baie goed en hard in.
RUMATIEK…Maak jou bad vol water en gooi dan 1 pakkie engelse sout
daarin. Jy moet in die bad kan lê sodat die engelse sout water kan
werk. Bad elke aand vir 1 maand so en lê dan in die water vir minstens ‘n
½ uur op ‘n slag…langer as jy kan.
Boererate - R
1 eier baie goed saam. Gooi in ‘n fles en skud baie goed. Smeer die
seerplekke met die mengsel…maar onthou om die fles elke keer voor
gebruik goed te skud.
RUMATIEK…Meng 1 pakkie swawel en 1 pond goue stroop goed saam.
Eet elke aand 1 teelepelvol voor jy gaan slaap…en in die oggend…op jou
nugtermaag dan neem jy ‘n gelyke teelepel engelse sout.
RUMATIEK…Meng 3 dele swael en 1 deel kremetart goed saam. Neem
elke oggend op jou nugtermaag ‘n ½ teelepel van die mengsel so droog op
die tong. Wag 10 of 15 minute en drink dan maar jou koffie. Hou aan
vir so 3 maande lank. Doen so elke keer as jy die pyne voel…maar na ‘n
maand hoort als oor te wees.
RUMATIEK…Meng saam in ‘n glasbak 1 koppie asyn…1 eier…1 groot
eetlepel terpentyn1 goed fyngemaakte koekie kamfer en 2 eiergele.
Gooi in ‘n glas fles met ‘n deksel en skud weer baie goed. Sit nou die
houer in die son vir 1 dag om goed sterk te trek. Dis ‘n uitstekende
smeermiddel.
RUMATIEK…Moet vir 1 maand niks tee of koffie drink nie. Drink
soggens op jou nugtermaag ‘n glas sterk louwarm water….wag 15 minute
en drink dan 1 glas koue water met 1 teelepelvol engelse sout daarin.
Drink heel dag water…so veel as moonlik…jy kan 10 to 12 pinte per dag
drink. As die engelse sout jou te kwaai werk dan kan jy dit na ‘n week
verminder na ½ teelepelvol. Jy moet net baie water drink…elke dag…al
is jy nie dors nie…hoe meer hoe beter. Die pyne sal alles verdwyn.
RUMATIEK…Neem ‘n mespuntjie alwyn en gooi dit in 1 bottel jenewer en
skud goed. Drink na elke ete 1 kelkievol. Dit is bietjie sterk om te
drink maar moet nie water bygooi nie…drink dit in klein slukkies.
RUMATIEK…Neem ‘n stukkie magneet of selfs metaal en bind vas waar
die pyn is as jy saans gaan slaap.
RUMATIEK…Neem 1 eetlepel ligquid paraffien 3 maal per dag.
RUMATIEK…Neem 1 koppie kookwater en sit daarin 1 teelepelvol
koeksoda en roer goed. Laat staan om koud te word en drink dan heel
dag daarvan…drink bolangs…nie die afsaksel nie.
RUMATIEK…Neem 2 handevol wilgerblare en kook in 4 glase water tot
Boererate - R
dit verminder na 3 glase. Suig deur ‘n skoon lappie en drink na elke
maaltyd 1 kelkievol vir ‘n paar maande.
RUMATIEK…Neem net 3 klein aartappeltjies en steek in jou sak en dra
oral met jou saam. As hulle wegraak dan moet jy hulle nie soek nie. Die
rumatiek sal dan verdwyn.
RUMATIEK…Papgedrukte knoffel met heuning gemeng en aangesmeer.
RUMATIEK…Sit elke oggend op jou nugtermaag ‘n mespunt engelse sout
so skoon op die tong.
RUMATIEK…Smeer jamaikagemmer aan wanneer die rumatiek pla.
RUMATIEK…Smelt kersvet en meng met paraffien…dit moet heel sag
soos salf wees. Vryf elke aand die rumatiekplek om gou verligting te kry.
RUMATIEK…Sny 2 rissies oop en gooi dan in ‘n ½ bottel paraffien en laat
dit vir ‘n week in die son trek. Smeer soggens en saans daarvan aan die
seerplekke.
RUMATIEK…Stamp genoeg wilde-als om ‘n bottel ½ vol te maak. Gooi
nou die bottel verder vol lampolie en skud goed. Sit die bottel in die
son vir 3 dae om goed te trek. Smeer saggies met watte aan die
seerplek…moet nie vryf nie…dit werk vinnig en goed.
RUMATIEK…Trek pietersielie in water en drink elke oggend op jou
nugtermaag ‘n glasievol.
RUMATIEK…Vir 1 week moet jy elke aand 2 aspirienpille met 1 teelepel
koeksoda in water drink. Vir die tweede week dan drink jy 1 pil met ‘n ½
teelepel koeksoda. As jy voel dat daar nog pyne is…dan begin jy van
voor af weer.
RUMATIEK…Vir rumatiek gebruik koolblare en ook koper-armbande.
RUMATIEK…Vir rumatiek gebruik koolblare. Maak die blare warm en le
op die pynplekke.
RUMATIEK…Voor jy saans bed toe gaan dan meng jy 1 eiergeel met 1
Boererate - R
eetlepel asyn en smeer die pynplekke in. Dit sal in die vel intrek.
RUMATIEK…Vryf sommer droë blomswael op die seer plek.
RUMATIEKKOORS…Gooi ‘n viergellingbluk half met bloekomblare en
maak dan vol met water. Kook goed op die stoof en gooi dan die water
met blare en al in die bad. Die pasient moet daarin bad…so warm as
moonlik.
RUMATIEKKOORS…Gooi 1 gelyk eetlepel alwyn en 1 gelyk eetlepel
blomswael in 1 bottel jenewer en skud baie deeglik tot dit gemeng is.
Drink elke dag tot die bottel opgebruik is.
RUMATIEKKOORS…Grou ‘n gat in die grond…so diep en so lank as die
sieke. Die sieke moet daarin kan lê soos in ‘n bad. Indien moontlik
moet die gat in ‘n gebou gegrawe word sodat daar nie koue of trekke kan
inkom nie. Maak nou net van hout ‘n vuur in die gat en vat die warm…
gloeiende kole en gooi in die gat. Laat daar tot die gat baie warm is…en
haal dan die kole alles uit. Gooi nou fyngekapte kruisement en wildeals
wat goed met vars nat perdemis gemeng is in die gat…totdat dit so 6
duim dik gepak is. Laat die sieke nou daarin le en maak hom goed warm
toe met ‘n kombers sodat hy kan sweet. Hy moet in die gat bly tot dit
koud is…dan haal jy hom uit en sit hom in die bed… en draai hom baie
warm toe in komberse.
RUMATIEKKOORS…Kook 3 koppies gars in ‘n skottel water tot dit baie
sag is. Suig deur en drink 3 maal per dag ‘n ½ koppie van die water.
RUMATIEKKOORS…Suurlemoen help om weer die ledemate los te maak.
RUMATIEKKOORS…Vou ‘n paar lakens dubbel en sit onder die pasient.
Vryf die rug en bene elke oggend en aand goed met droë blomswael….hou
die pasient in die bed en sorg dat hy goed warm gehou word.
​
Boererate - S
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
SANDWURM…As jy die plek waar die sandwurm is stukkend gekrap
het van die jeuk, smeer pypolie aan die stukkende plek.
SANDWURM…Bitterappletjies of ook gifappeltjies (solanum
sodomaeum) vir sandwurms.
SANDWURM…Jy sal sien daar loop ‘n rooi strepie waar die wurm
loop. Gaan na die einde van die strepie en krap dit oop…die wurm se
kop is daar. Smeer nou kort-kort kalamynwater op en die wurm sal
gou doodgaan…dan kan jy dit uittrek.
SANDWURM…Laat 'n by jou steek op die plek waar die sandwurm is.
SANDWURM…Maak ‘n gaaitjie agter met ‘n naald en drup bietjie
suurlemoensap daarin. Die wurm sal dan doodgaan en jy kan dit met
‘n naald verwyder.
SANDWURM…Meng bietjie kookmelk en paraffien en smeer aan…
binne ‘n paar dae is die wurm dood.
SANDWURM…Smeer ghries op ‘n lappie en sit op die plek.
SANDWURM…Smeer kamferolie so ‘n paar keer aan en die
sandwurms sal verdwyn.
SANDWURM…Smeer kort-kort bietjie little dip aan en die wurm sal
verdwyn.
SEER KEEL...Neem ‘n pynappel en sny met skil en al in stukkies en
gooi in kastrol. Laat kook vir ‘n goeie ruk en syg dan deur en laat
afkoel. Neem nou van die water en gorrel kort-kort daarmee.
SEER KEEL…4 druppels TCP op 1 teelepel suiker. Laat stadig in die
Boererate - S
mond smelt en sluk in.
SEER KEEL…As jou keel seer is, gooi ’n bietjie sout in warm water en
gorrel.
SEER KEEL…As jou keel seer is…sny rou uie in ringe en sit in ‘n
flennie lappie en bind om die nek. Dis net die ding vir ‘n seer keel.
SEER KEEL…Braai ‘n tursvyblaar in die oond en sny oop. Sit dit op
die keel so warm as wat die persoon dit kan verdra.
SEER KEEL…Druk die sap van ‘n lemoen uit en meng met bietjie
warm water….drink elke keer dat jou keel seer is. Dit sal dat die
sweer in die keel oopbreek dan is jy weer gesond.
SEER KEEL…Gorrel met koeksoda water.
SEER KEEL…Gorrel met lou soutwater.
SEER KEEL…Gorrel met sterk sout en asynwater
SEER KEEL…Gorrel met twee dispirientablette wat in water opgelos
word om seer keel te genees.
SEER KEEL…Kneus ‘n paar knoffelhuisies en sit in bietjie asyn om te
trek. Gorrel so ‘n paar maal per dag daarmee.
SEER KEEL…Maal peperkorrels tot goed fyn en gooi in ‘n vrugtefles
en maak dan die fles vol met asyn. Kurk toe en skud goed…laat vir
24 uur trek en gorrel dan met die asyn.
SEER KEEL…Meng ‘n ½ koppie asyn en ‘n ½ koppie koue water. Neem
dan ‘n kool uit die vuur wat rooiwarm is en sit in die asynwater en sit
dadelik ‘n piering daarop. Sodra die kool dood is dan haal jy dit uit
en gorrel met die asynwater.
SEER KEEL…Meng ½ teelepel van elk van die volgende…rooi poeier…
wit teesuiker…aluin…salpeter…kerrie en koeksoda. Maak seker dat
dit baie goed gemeng is en sit dan kort-kort bietjie op die tong.
​
Boererate - S
SEER KEEL…Meng 1 teelepel bloemswael en 1 teelepel suiker. Sit
dan net so droog ‘n bietjie van die mengsel op die tong. Herhaal
maar kort-kort.
SEER KEEL…Meng die geel van 1 eier met 2 teelepels heuning en sit
elke nou en dan bietjie op die tong.
SEER KEEL…Meng die geel van 1 eier met sout en smeer op ‘n
flennielappie en sit op die keel.
SEER KEEL…Meng die wit van 1 eier wat effens geklits is met
gliserien en die sap van 1 suurlemoen. Dit maak die keel koel en die
stem helder.
SEER KEEL…Meng gelyke dele suiker…aluin…koeksoda en borrie.
Sit ‘n paar maal per dag ‘n mespunt daarvan net so droog op die tong.
SEER KEEL…Meng saam 4 eetlepels asyn…1 eetlepel blomswael…3
eetlepels heuning en 3 druppels bloekomolie. Gorrel ‘n paar keer per
dag daarmee.
SEER KEEL…Meng varkreusel en kamfer en smeer dan op ‘n
flennielap en sit dit op die keel.
SEER KEEL…Neem ‘n ½ bottel jenewer en gooi in 8 goed gekneusde
knoffelhuisies. Skud goed en laat trek vir ‘n paar dae. Meng 1
eetlepelvol in ‘n bietjie louwarm water en gorrel daarmee so 3 tot 4
maal per dag.
SEER KEEL…Neem ‘n ½ glas louwarm water en sit daarin 2 eetlepels
asyn en ‘n ½ teelepel sout. Roer goed en gorrel dan daarmee.
SEER KEEL…Neem doringboombas en stamp goed…dan word dit
gekook…dan kan jy daarmee gorrel wanneer jy seer keel het.
SEER KEEL…Rasper 1 pynappel en druk die sap goed uit. Voeg by
die sap 2 eetlepels kasterolie en 1 teelepel rooi poeier. Klits dit nou
baie goed en sit in ‘n fles. Neem 1 eetlepel van die mengsel en 2
eetlepels lou water en gorrel 3 keer per dag daarmee. Jy kan selfs
van die mengsel sluk…en dit is ook goed vir kinders om te gebruik.
​
Boererate - S
SEER KEEL…Sit ‘n knypie permanganaat van potas in ‘n glas louwarm
water. Die water moet ligpers wees. Gorrel hiermee paar keer per
dag.
SEER KEEL…Sit ‘n warm geswete kous se sool op die keel en draai
die res van die kous om die nek.
SEER KEEL…Sit 1 eetlepel woestersous in 2 eetlepels lou water en
meng. Gorrel 3 maal per dag daarmee en binne ‘n paar uur is die
keel nie meer seer nie.
SEER KEEL…Sit 1 teelepel sout en 1 teelepel koeksoda in 1 pint
kookwater. Laat afkoel en skud dan goed. Gorrel met die water as
jy seer keel het.
SEER KEEL…Sny granaatskille in stukkies en kook dan in water tot
die water ‘n liggroen kleur het. Laat afkoel…syg deur en gorrel
daarmee.
SEER KEEL…Steek ‘n klein handdoekie in yswater en draai om die
keel en sit dan ‘n droë handdoek oor om te verhoed dat jou klere nat
word. Herhaal elke 15 minute.
SEER KEEL…Vir meisies moet jy net gaaitjies in jou ore druk en
ronde goue oorringe dra. Jy sal nooit weer seer keel kry nie.
SEER KEEL…Vir 'n seer keel gebruik 'n rou uieskyf, wat met 'n
flennie lappie om die nek gebind word, net die ding vir 'n seer keel.
('n flennie lap is ongebleikte linne)
SEER KEEL…Voeg so twee druppels dettol in bietjie water en gorrel
daarmee om verligting van seer keel te bring.
SEER KEEL…Zere keel - doe 3/4 pint kokend azijn over een handvol
salieblaren. Giet door als koud is, gorgel dikwels.
SELLULIET…Meng een houer Aqueousroom met 'n halwe botteltjie
Cayenne peper en smeer aan as jy klaar gebad het. Meng baie baie
goed, anders kan die peper jou klere vlek as daar nog klonte in is.
SENUWEES…Klits 1 eiergeel goed en meng met 1 klein botteltjie
​
Boererate - S
bovril…dit sal baie dik wees. Gooi dit nou in 1 bottel portwyn en
skud vir 20 minute baie goed. Neem 3 maal per dag voor etes 1
kelkievol.
SENUWEES…As jy aan slegte senuwees ly kan jy gerus piesangs elke
dag eet…piesangs is ryk aan die B vitamiene was help om die
senustelsel te kalmeer.
SENUWEES…Gooi 1 bottel water in ‘n kastrol en voeg by ½ koppie
suiker..laat kook tot suiker gesmelt het…haal van stoof af en laat
afkoel. Gooi nou 1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie balsem vita
en 1 botteltjie wit dulcies in ‘n bottel en maak dan die bottel verder
vol met die water en suiker. Skud baie god. Drink in die oggend op
jou nugtermaag 1 eetlepel vol…en weer saans as jy bed toe gaan nog 1
eetlepelvol.
SENUWEES…Meng 1 eetlepel olyfolie met 1 koppie warm melk baie
deeglik…en drink voor jy saans gaan slaap.
SENUWEES…Neem 1 blikkie laat doepa en 1 blikkie duiwelsdrek en
gooi in 1 bottel kookwater. Skud goed en laat dan trek. Neem 1
eetlepelvol 3 maal per dag voor etes.
SENUWEES…Neem 1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie
versterkdruppels…1 botteltjie balsemvitae…1 botteltjie wit dulsies…
8 XXX extra strong pepermente en 1 teelepel salpeter en gooi in 1
bottel portwyn. Maak die pepermente eers fyn. Skud die bottel
baie goed en laat staan totdat dit alles mooi opgelos is. Skud weer
die bottel en drink 3 maal per dag na etes ‘n wynkelkievol.
SENUWEES…Neem 1 botteltjie rooi laventel…1 klein botteltjie
phosferine…1 botteltjie versterkdruppels…1 klein botteltjie
lewensessens…1 botteltjie wonderkroonessens en 1 klein botteltjie
bovril en gooi in 1 bottel marsala-wyn. Skud goed om dit te meng.
Neem 3 maal daagliks 1 eetlepelvol in ‘n bietjie water voor elke ete.
SENUWEES…Neem 3 keer per dag 5 druppels wit dulsies en 5
druppels versterkdruppels op 1 kelkie wyn.
SENUWEES…Sit ½ teelepel duiwelsdrek in 1 eetlepel melk en drink
3 maal per dag. Dit help baie goed.
​
Boererate - S
SENUWEES…Trek tiemie soos tee en drink as jy aan swak senuwees
ly.
SINUS…As jy sinus het kan jy so ¼ koppie asyn by die water voeg
waarmee jy stoom…dit help om sinusse oop te maak.
SINUS…Braai ‘n stukkie kamfer in ‘n pan uit tot dit net ‘n bol skuim
is. Maak fyn en snuif dan daarvan.
SINUS…Drup elke aand aptekersparaffien in elke neusgat as jy bed
toe gaan. Dit sal gou verligting bring…maar jy moet dit gereeld
gebruik.
SINUS…Meng 1 teelepel versiersuiker…1 teelepel koeksoda en 1
teelepel boraks goed saam. Snuif kort-kort daarvan.
SINUS…Sny rou uie in ringe en kou 'n handvol vir 'n paar minute
lank. Moet dit nie insluk nie. Spoeg uit as jy klaar gekou het. Jou
mond brand nogal, maar jy sal verbaas wees hoe die sinus loskom!
Herhaal 3 keer per dag.
SKARLAKENKOORS…Trek akkerbas soos tee…en drink.
SKEERUITSLAG…Gooi koeksoda in ‘n bakkie met kookwater en hou
dit teen die vel…so warm as jy kan.
SKEERUITSLAG…Jy moet nie dat water aan jou gesig raak tot die
uitslag weg is nie. Sny maar jou baard met ‘n sker. Jy kan ook wyn
of spiritus onverdun aansmeer…en dan babapoeier bo-oor.
SKERPIOENSTEEK…As jy deur ‘n skerpioen gesteek word en hom
kan vang…dan moet jy sy angel aftrek en en dan sy maag ‘n snytjie
gee. Hou hom dan op die steekplek en dit sal die gif als terugtrek en
die brand sal bedaar. As jy hom nie kan vang nie….moet jy
terpentyn wat jy by die apteek koop in ‘n houertjie sit en die bytplek
daarin hou.
SKERPIOENSTEEK…Maak ‘n XXX pepperment lekker fyn en sit dit
op die bytplek…dit sal die gif gou uittrek.
SKERPIOENSTEEK…Maak skoon stuk watte nat met brandspiritus
Boererate - S
en hou op die plek, as dit droogword, maak weer nat en hou aan tot al
die kwaad uitgetrek is.
SKERPIOENSTEEK…Week ‘n stukkie watte in brandspiritus en sit op
die bytplek…enherhaal elke keer as die watte droog word…tot die
kwaad alles uitgetrek het.
​
Boererate - T
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
TANDE…Vir witter tande en minder koorsblare in die mond gebruik
suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit in a pasta, en doop jou
tandeborsel in, en skrop jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer
lekker skoon, en dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom
dit werk beter as tandepasta!!
TANDESNY….Wanneer baba tandesny…laat baba aan stuk biltong kou.
TANDPYN….Spoel jou mond kort-kort uit met water en appel-asyn
(1 koppie water + 2 eetlepels appelasyn)… en smeer Icy-Hot op jou
wang aan die kant waar die tand pyn.
TANDPYN…As die tand ‘n gat in het moet jy ‘n stukkie watte vat en
skoonteer aansit en dit dan mooi rond maak. Druk dit dan in die gat in die
tand.
TANDPYN…As jy tand getrek het en dit wil nie ophou bloei nie…neem dan
‘n rosyntjie en sny oop en sit dit op die gat waar die tand getrek is.
TANDPYN…Bedel ‘n neut…steek ‘n gaatjie deur hom en ‘n garingdraad.
Hang om die nek …as hy wegraak…moenie hom soek nie.
TANDPYN…Breek ‘n hoendereier oop en haal die vlies uit. Bind die vlies
om die vingers van die hand aan die kant waar jy tandpyn het. Die vingers
sal opswel en pyn namate die pyn uit die tand trek. Sodra die pyn in die
tand ophou sal die vingers weer normaal wees…sonder swelsel of pyn.
TANDPYN…Byt ‘n heel kruienaeltjie van op die seer tand op verligting te
kry…die naeltjie verdoof die pyn.
TANDPYN…Byt 'n aspirien op die tand vas en smeer die wang waar die
tand is met bruin skoenpolitoer, of rook perdemis.
TANDPYN…In die ou dae het hulle droe perdemis gerook vir tandpyn.
Boererate - T
TANDPYN…Maak ‘n pasta van een teelepel kaneel en vyf teelepels heuning
en sit op die seer tand. Doen dit minstens drie keer per dag tot die tand
ophou pyn.
TANDPYN…Maak asyn warm tot kookpunt…en steek dan ‘n watte pluisie
daarin en vryf die tandvleis daarmee. Die asyn moet so warm moontlik
wees. Steek dan die pluisie met warm asyn in die tand. Indien dit nie die
eerste keer werk nie…herhaal nog ‘n keer…en die tandpyn sal iets van die
verlede wees.
TANDPYN…Plaas naeltjies op die tand (dis nou as tand 'n gat in het)
TANDPYN…Sit ‘n stukkie watte met haarlemensies op die seer tand.
TANDPYN…Sit ‘n vicks pluisie op die tand wat pyn.
TANDPYN…Sit ½ teelepel koeksode in ‘n ½ glas lou water en neem daarvan
in die mond en hou dit daar. Herhaal tot die tandpyn ophou.
TANDPYN…Sit kalk in die stukkende tand…of maak dit aan met water….so
1 teelepelvol in ‘n glas lou water…en hou dit in die mond so lank as
moontlik. Jy sal gou verligting ondervind.
TANDPYN…Sit naetjies op seer tand en byt dit vas …dit help vir tandpyn.
TANDPYN…Soda en asyn is goed om in ‘n tand wat pla te laat kook.
TANDPYN…Spoel jou mond kort-kort uit met water en appel-asyn (1
koppie water + 2 eetlepels apppelasyn), en smeer Icy-Hot op jou wang aan
die kant wat die tand pyn.
TANDPYN…Steek malvablaarpluisies in die ore as jy tandpyn het.
TANDPYN…Strooi ‘n bietjie peper op ‘n stuk vaal papier en sprinkel dan
met brandewyn. Vou die papier toe en maak lou warm. Sit dit op die wang
waar die tand seer is en gaan lê so ‘n paar minute.
TONG…Tong gebrand? Sit suiker op die brandplek
Boererate - V
Raadpleeg eers 'n dokter alvorens enige van die Boererate probeer word.
Samestellers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige nagevolge
VALLENDE SIEKTE..Die oumense het 13 rou koffiepitte en
kookwater oorgegooi en laat staan om te trek…dan word dit gereeld
gedrink tot die een gesond is.
VALLENDE SIEKTE…Gooi 2 pond tammeryn en 1 pond engelse sout en
3 bottels water in ‘n kastrol en kook tot dit net 1 ½ bottels is. Suig
deur ‘n skoon lap en gooi in bottels. Drink elke oggend op jou
nugtermaag ‘n ½ glas…tot alles opgedrink is.
VALLENDE SIEKTE…Gooi 21 rissiepitte in 1 bottel water. Laat dit
vir 1 uur staan om te trek en neem dan 1 eetlepelvol 3 maal per dag.
VALLENDE SIEKTE…Kook 2 bottels druiweasyn tot dit net 1 bottel
is…en gooi dan 1 bossie tiemie…1 bossie wynruit…1 gekneusde
knoffelhuisie en 1 stukkie duiwelsdrek so groot soos ‘n voëleier in die
asyn. Laat dit staan om baie goed te trek en drink dan 3 maal per
dag 3 eetlepelsvol waarby jy 10 druppels wonderessens gegooi het.
VALLENDE SIEKTE…Maak ‘n volstruiseierdop baie fyn en gooi dan in
1 bottel asyn. Laat dit vir 24 uur trek. Drink elke oggend op jou
nugtermaag 1 kelkievol.
VALLENDE SIEKTE…Maak wit droë hoendermis fyn en neem 1
mespunt op jou nugtermaag elke oggend.
VALLENDE SIEKTE…Maal nieshout fyn en neem dan 1 groot eetlepel
daarvan en 1 bottel rooilaventel en gooi in 1 bottel brandewyn en skud
goed om te meng. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol.
VALLENDE SIEKTE…Neem 3 maal per dag na elke ete 1 eetlepel
soetolie.
VALLENDE SIEKTE…Neem vir 3 Vrydae na mekaar vanjou toonnaels
en van jou vingernaels en ook van jou kroontjie se hare so ‘n paar en
sit dit in ‘n ½ botteltjie water. Die derde Vrydag dan gee jy dit vir ‘n
Boererate - V
maer varkie. Die varkie sal dan die siekte kry en vrek. Grawe ‘n gat
en begrawe die varkie en die siekte is gesond.
VALLENDE SIEKTE…Stamp 1 koppie wynruit fyn en gooi dit in 4
koppies water met 3 koppies suiker. Roer goed en kook tot dit ‘n
stroop is. Laat afkoel en suig deur. Gee 3 of 4 maal 1 eetlepelvol om
te drink.
VALLENDE SIEKTE…Trek duiwelsdrek in water…gebruik nou die
water om jou gesig te was.
VALLENDE SIEKTE…Trek klipdagga soos tee en drink.
VALLENDE SIEKTE…Vang 7 bye…maak dood en gooi dan in ‘n koppie.
Maak die koppie vol kookwater. Drink kort-kort van die water tot dit
op is. Die raad word glo gewaarborg.
VEL…Mooi gelaatskleur...Neem 1 ons spermastie…1 ons wit was…1
groot eetlepel waterstofperoksiede (dioxygen)…’n ¼ bottel
aptekersparaffien en 6d se burgmontolie om ‘n goeie gesigroom te
maak. Smelt eers die was en spermasetie op ‘n baie lae hitte en haal
dan van die vuur af. Hou aan met roer en voeg die paraffien eers by
en dan die waterstofperolsiede en dan die olie…jy moet aanhoudende
roer. Sit dit dan op ‘n koel plek om koud te word…en jy het jou gesig
room wat beter is as enige by ‘n apteek te koop.
VEL…Mooi gelaatskleur…Jy moet vroegoggend as die dou nog op die
gras le jou gesig met die dou gaan was.
VEL…Mooi gelaatskleur…Maak vir jou ‘n gesigmasker met 1
goedgeklopte eiergeel en 1 eetlepel asyn. Smeer aan die gesig en los
aan vir so 10 minute…en spoel dan met louwarm water af. Gebruik die
masker 1 maal per week om plooie weg te hou en die vel mooi glad te
maak.
VEL…Mooi gelaatskleur…Nadat jy jou gesig soggens en saans gewas
het…neem 1 teelepel beesmelk en vryf dit in jou gesig in. Na ‘n
maand sal jy besluit om nooit weer iets anders te gebruik nie.
VEL…Resep vir oliemasker vir die gesig. 2 teelepels olyfolie…1
teelepel kasterolie…1 teelepel amandelolie…1/2 teelepel gliserien.
Meng olies en verhit effens. Smeer aan gesig. Plak kleefplastiek
Boererate - V
bo-oor. Hou vir 15 min aan gesig terwyl jy lekker ontspan. Verrig
wondere. Jy kan dieselfde masker vir jou hare gebruik. Die dames
kan dit gerus probeer.
VEL…Seer na skeer. Een eetlepel brandspiritus op drie eetlepels
melk. Skud goed en gebruik as naskeermiddel
VEL…Twee eetlepels heuning, twee eetlepels amandel of olyfolie, 5
druppels roos olie en 1 druppel vitamiene olie. Meng alles goed en
smeer aan jou gesig en nek. Gaan lê en ontspan vir 15 minute. Was dan
die mengsel af van jou gesig met lou water. Jou vel sal gou jonger lyk
en baie verfrissend voel.
VEL…Vir enige velaandoenings kan jy heuning en kaneel gelyke dele
meng and aan die ge-affekteerde dele smeer elke aand voor jy gaan
slaap.
VEL…Vir 'n Droë vel. Meng 'n Eenvoudige mengsel van 15 ml
rooswater en 30 ml gliserien…en gebruik saans of gedurende die dag
wanneer jy by die huis doenig is. Omdat dit taaierig is is dit vir baie
dames nie so aanvaarbaar nie. Spoel af met water en druk gesig droog.
VEL…Vlekke of littekens…Neem 1 koppie soetolie en maak goed warm
en rasper 1 neut daarby. Roer goed terwyl dit oor lae hitte na
kookpunt geneem word. Haal van stoof af en laat goed afkoel en gooi
dan in ‘n houertjie. Doop ‘n lappie in engelse sout en was eers die
vlekke en smeer dan van die room oor.
VEL…Vlekke of littekens…Trek geelperskeboomblare in kookwater en
was die vlek of littekens gereeld met die water.
VERGIFTIGING…Neem 'n glas vol water so warm as moontlik, voeg
een teelepel vol mostert daarby en drink so warm as moontlik. Dit sal
uitkom, herhaal tot alles uit is.
VERKOUE….As jy toeneus het van verkoue kan jy dun kamfir opsnuif.
VERKOUE….Eet knoffel…dit maak toe neus en kop oop
VERKOUE….Saans as jy bed toe gaan kan jy mespunt koeksoda op
twee eetlepels kookwater sit…laat effens afkoel en drink. Jy kan
dieselfde mengsel gebruik om in die neusgate in te spuit…so 20
Boererate - V
druppels in elk.
VERKOUE….Sny ui in ringe…dunnerig…en sit suiker daarop en eet dit
as jy verkoue voel aankom.
VERKOUE….Vir drie dae moet jy driemaal daagliks mespunt koeksoda
op glas water drink.
VERKOUE…1 teelepel roulynolie…1 teelepel borsdruppels…2 druppels
gesuiwerde terpentyn. Voeg alles tesame, skud goed en bottel.
Drink een telepelvol drie keer per dag. Jy kan ook dubbel aanmaak
indien verkies.
VERKOUE…As baba verkoue het…smeer kasterolie oor baba se neus
en voorkop..dit help vir verkoue en toe neus.
VERKOUE…Kook moerbeikonfyt tot dit heel droog is en verpak..sodra
jy verkoue voel aankom…or borsverkoue het dan neem jy bietjie van
die konfyt en kook met bietjie water en neem kort-kort daarvan in.
VERKOUE…Kook salie en melk saam en laat afkoel…goed om mee te
gorrel
VERKOUE…Kook stroop van die volgende..wildeals, wynruit en
bloekomblare…dit help ook vir swaar hoes of toebors en is baie goed
vir verkoue of griep.
VERKOUE…Maak smeermiddel soos volg….neem een botteltjie
vaseline..klein blikkie kamfer, en klein bottetjie bloekomolie en klein
botteltjie kajapoetolie. Smelt vaseline en voeg kamfer by. Laat
effens afkoel en voeg dan die bloekomolie en kajapoetolie by…en
meng goed deur. Terwyl dit nog loperig is kan jy dit in blikkies of
botteltjies gooi…laat goed afkoel…en smeer dan agter en voor die
ore…die keel…bors en tussen die blaaie goed in.
VERKOUE…Meng 1 koppie kookwater met ½ teelepel gemmer en 1/m
teelepel kremetart en genoeg suiker om smaaklik te maak. Drink so
warm as moontlik en klim in bed en hou jou warm…dan sweet die
verkoue uit.
VERKOUE…Meng 1 teelepel heuning, 2 lepels soetolie, 10 druppels
Boererate - V
suiwer terpentyn en 2 mespunte kamferolie. Meng baie goed deur.
Neem kort-kort so bietjie.
VERKOUE…Meng een teelepel heuning, kelkie asyn en kelkie water…
gorrel daarmee soos nodig.
VERKOUE…Neem 1 groot lepel heuning. Die geel van 1 eier en 20
druppels borsdruppels en klits goed deur tot gemeng. Neem elke
drie ure ‘n teelepelvol.
VERKOUE…Neem een koppie kookwater en voeg die sap van een
suurlemoen by…drink as jy bed toe gaan…kan paar aande gebruik
word..en dit breek die verkoue.
VERKOUE…Neem een koppie wildeals en half koppie wynruit en trek
saam en gooi deur sif. Neem nou 1 teelepel jamaikagemmer en meng
goed in. Wanneer jy bedtoe gaan drink jy dan a teekoppievol van die
mengsel.
VERKOUE…Neem groot glas baie warm water en voeg sap van
suurlemoen by asook 1 groot lepel jamaikagemmer, twee teelepels
suiker en twee asperientablette. Meng baie goed en drink so warm
as moonlik. Klim in bed en maak warm toe…en die verkoue sal
uitsweet.
VERKOUE…Pluk bloekomblare en sit in bak en gooi kookwater oor…en
sit kombers oor die pasiënt se kop tot hy goed gestoom het..dan kan
jy 2 eetlelpels wildeals wat getrek is ingee om te sweet en slaap.
VERKOUE…Smeer klapperolie voor en agter die ore asook die keel,
bors en agter tussen die skouer goed in..eet ook klein bietjie…dit
genees enige verkoue…hoe erg ook al.
VERKOUE…Sny suurlemoen in dun skyfies en sprinkel suiker daaroor
en eet as jy voel dat jy verkoue onderlede het.
VERKOUE…Trek wildeals in water tot sterk stroop. Meng soos volg.
Neem 3 koppies van die wildealswater, ½ koppie wit suiker, ½ koppie
bruinsuiker, en ‘n dessertlepel gemmer en meng deeglik. Neem 1
teelepelvol elke 3 uur.
VERKOUE…Vir enige verkoue moet jy voor jy bed to gaan lekker warm
Boererate - V
mosterdbad vat..en daarna drink jy warm koppie getrekte wildeals
met suiker en gemmer of jamikagemmer daarin. Klim dadelike in die
bed en maak jou warm toe, en die verkoue sal uitsweet.
VERKOUE…Vir kop verkoues is dit goed om ¼ koppie asyn by die
water te voeg waarmee jy stoom. Buk oor skottel en gooi handdoek
of kombers oor kop en haal diep asem om die stoom in te neem…help
baie om kop verkoues te verlig en die toegevoel te laat hasepad kies.
VERKOUE…Wanneer jy saans gaan slaap gooi bietjie bloekomolie op
die kussing…jy asem dit heelnag in en dit maak kop en neus oop en
breek die verkoue.
VERKOUE…Warm melk met boegoebrandewyn
VERSTERKMIDDELS…1 botteltjie versterkdruppels…1 botteltjie rooi
laventel…1 botteltjie wonderkroonessens…1 botteltjie balsemvita…1
botteltjie krampdruppels…1 botteltjie wit dulsies en 1 botteltjie
hoffmansdruppels. Gooi alles in ‘n bottel en maak vol met port wyn.
Skud goed om te meng…en onthou om voor elke dosis die bottel goed
te skud. Drink ‘n ½ kelkievol 3 maal per dag.
VERSTERKMIDDELS…Gooi 1 botteltjie versterkdruppels in 1 bottel
port wyn en skud goed om te meng. Drink 3 maal per dag 1
teelepelvol.
VERSTERKMIDDELS…Klits 1 rou eier met ‘n bietjie sout en drink so
11 uur in die oggend.
VERSTUITING...Smeer boegoeasyn op ‘n verstuite enkel.
VERSTUITING…As iemand geglij en seergekrij het in die heup of
lijf...neem ½ bottel boegoeasijn en ‘n blinkkie deuwels-drek…meng
goed…laat staan een uur en smeer dan die seer plek daarmee.
VERSTUITING…Gooi ‘n groot handvol growwe sout in ‘n groot emmer
koue water en hou die verstuite enkel of arm daarin vir so ‘n halfuur.
Week dan ‘n ou flennie lap en bind om die verstuite deel. Vervang
kort-kort…soos die lap droog word. Week die ledemaat 3 maal per
dag in die pekel water.
Boererate - V
VERSTUITING…Maak ‘n gifbol warm en trek die buiteblare af. Trek
nou van die binneblare af en good ‘n paar druppels kasterolie daarop
en sit op die verstuite plek en draai toe met ‘n roo flennielap.
VERSTUITING…Meng 3 eetlepels terpentyn…3 eetlepels asyn en die
geel van 1 eier in ‘n bottel en skud baie goed tot die mengsel wit is.
Smeer aan die verstuite deel.
VERSTUITING…Meng vars beesmis en asyn en sit om die verstuiting…
en verbind.
VERSTUITING…Neem 1 koekie kamfer en los op in 1 koppie
terpentyn. Klop 2 eiergele in 1 koppie asyn. Sit die twee mengsels
bymekaar en meng baie goed. Sit in bottel en skud die bottel goed
voor gebruik. Smeer 3 of 4 keer daagliks van die mengsel op die
verstuite deel…onthou net om elke keer die bottel voor gebruik te
skud.
VERSTUITING…Pluk so 12 van die lang bloekomblare en sit in ‘n
bottel. Maak die bottel nou vol met asyn en los om ‘n paar dae trek.
As iemand sy gewrig of enkel verstuit het …dan smeer jy die deel met
die mengsel…net die water..nie die blare nie.
VERSTUITING…Sit ‘n handvol boegoeblare in ‘n ½ bottel asyn en
skud…laat trek vir ‘n dag. Gooi van die mengsel op ‘n verband of
flennielap en draai dan om die verstuite deel. Die blou merk sal
verdwyn en die swelsel sal sak.
VERSTUITING…Vat gewone asyn en smeer die verstuite ledemaat
goed.
VERSTUITING…Vat vars beesmis, meng met asyn en sit op die plek,
herhaal.
VERSTUITING…Verrekkingin of verstuikingen - vinden groote
baatby het uitwendig gebruik van azijn en water in gelijke delen, zo
warm als mens kan verdragen. Was hiermee en zet dan natte windsels
om.
VERSTUITINGS…Draai swart satyn of swart lint om die verstuite
deel…en gou sal die verstuiting iets van die verlede wees.
Boererate - V
VINGER…Vir bloedblaar hou in lampolie totdat die pyn bedaar en die
nael sal nie afval nie…en die vinger is binne ‘n paar dae gesond.
VINGER…As jy bloedblaar op jou vinger kry maak net ‘n
waskersdoppie en sit om die vinger.
VLOOIBYT…Indien jou kind deur vlooie gebyt word en allergies
daarvoor is moet jy net 10 teelepels suiker en 1 teelepel blomswael
meng en vir die kind so 3 keer per dag 1 teelepelvol van die mengsel
gee om te drink.
VLOOIBYT…Meng klapperolie en blomswael goed en smeer aan die
byt plekke.
VLOOIE…Knoffel in die hond se kos help om van vlooie ontslae te raak.
VLOOIE…'n Paar takke kakiebos tussen die hond se komberse sal van
vlooie ontslae raak.
VLOOIE…Voeg so ‘n paar druppels Sunlight Opwasmiddel by jou
honde se badwater en sjampoo die honde deeglik. Onthou om hulle
goed agterna af te spoel om vel irritasies te voorkom….totsiens vlooie
VOETE...As jou hakskene of voete seer is moet jy ‘n ½ bottel spiritus
vat en 1 koekie kamfer wat jy baie fyn gemaak het daarin gooi…en
goed skud sodat die kamfer kan oplos. Smeer die voete en hakskene
daarmee.
VOETE… Vir winters voete of hande. Gaan koop leë kapsules by
apteek en vul hulle met Cayenne Pepper…drink een daagliks
VOETE… Vir winters voete of hande. Maak wattetjie nat met Lennon
se Witdulsies...en smeer aan. Anvanklik lyk en voel dit of dit erger
word die eerste paar dae wat jy dit gebruik…maar dan word dit
beter…smeer so twee keer per dag aan. Dit is geneig om vreeslik te
jeuk vir die eerste rukkie na jy dit aangesmeer het…maar dan kalmeer
dit.
VOETE…As jou voete seer en geswel is moet jy warm water met ‘n
handvol wassoda daarin in ‘n skottel of emmer gooi en die voete
daarin hou tot die water begin koud word. Droog goed af en smeer
Boererate - V
spiritus goed in.
VOETE…Brandvoete…As jou voete baie brand dan moet jy hulle saans
goed was en afdroog…dan smeer jy ‘n koekie sunlight seep net so
droog aan die sole. Doen dit elke oggend en aand en na so 3 maande
sal die voete nie meer brand nie.
VOETE…Brei 2 lepels Bellghries en ‘n trippens se kamfer goed saam
tot die kamfer gesmelt is. Smeer aan die hande of voete. Sit is
baie goeie raad.
VOETE…Ek wil graag die volgende raad met julle deel vir seer
gebarste voete of hande. My vrou het dit probeer en dit werk regtig.
Wat sy doen is sy koop die volgende dinge: 'blue seal vaseline'
gliserien en Johnsons se babapoeier, sy meng alles saam in 'n
plastiekbak tot 'n room en smeer dit elke dag aan, dis meer koste
effektief as al die duur goed en werk fantasties.
VOETE…Gooi ‘n ½ koppie asyn in warm water in ‘n skottel en sit met
jou voete daarin.
VOETE…Ingroei toonnaels…Gooi lekker warm water in ‘n skottel en sit
met die voet daarin. Droog die voet af en krap die nael skoon aan die
kant wat ingroei. Sit staaldruppels op en maak toe met ‘n stukkie
watte. Herhaal as dit nodig is.
VOETE…Ingroei toonnaels…Neem ‘n plat vyltjie en vyl die nael so dun
moontlik sonder om dwarsdeur te vyl. Laat die nael groei en moenie
so kort knip nie.
VOETE…Ingroei toonnaels…Skraap van die wol van ‘n ou kombers met
‘n mes af. Druk dan die wol onder die hoek van die nael in. Herhaal
totdat die nael opgroei.
VOETE…Koop speensalf by enige ko-operasie en gebruik op skurwe
voete.
VOETE…Maak vir jou paraffiensalf aan en smeer die voete goed
hiermee…dra maar sokkies bo-oor. Smelt die was van twee nuwe
kerse in ‘n ou kastrol oor stadige hitte,,en voeg ‘n kwart koekie
fyngemaakte kamfer by. Roer totdat die kamfer heeltemaal
gesmelt het. Sodra die kamfer gesmelt het, verwyder van die stoof
​
Boererate - V
om te verhinder dat dit begin rook. Gooi genoeg paraffin by om ‘n
sagte salf te maak, en roer deeglik. Gooi oor in ‘n flessie en laat
afkoel voor gebruik. Kan ook vir skurwe hande gebruik word.
VOETE…Meng die volgende salf vir skurwe voete. 1 medium
botteltjie petroleumjellie (vaseline) 1 klein botteltjie gliserien 1 klein
botteltjie kloosterbalsem (Friars balm) Babapoeier. Meng alles
saam. Hoe meer poeier, hoe minder vetterig sal die salf wees. Wend
slaaptyd aan en trek 'n paar gewone sokkies aan. Dit werk ook goed
vir skurwe elmboë.
VOETE…Seer gebarste voete of hande. Koop die volgende: 'blue seal
vaseline' gliserien en Johnsons se babapoeier, meng alles saam in 'n
plastiekbak tot 'n room en smeer dit elke dag aan.dis meer koste
effektief as al die duur goed en werk fantasties.
VOETE…Skurwe of gebarste hakskene. Smeer Dubbin gereeld aan
VOETE…Skurwe of seer hakskene…Dra ‘n koperpennie in die skoen om
die pyn uit te trek.
VOETE…Skurwe voete of hande…Gooi ‘n handvol hawermeel in
kokende water en laat afkoel. Was die hande of voete in die water
en droog goed af. Smeer nou met soetolie.
VOETE…Skurwe voete of hande…Gooi bietjie hawermout in ‘n potjie
of bak en gooi dan ‘n klein bietjie asyn by en brei tot ‘n pap. Smeer
die hande of voet goed daarmee as jy gaan slaap. Dit sal jou voete
of hande baie sag maak.
VOETE…Skurwe voete of hande…Meng dubbin en lampolie en smeer
aan.
VOETE…Skurwe voete of hande…Meng gliserien en brandspiritus…
gelyke hoeveelhede…Smeer die hande of voete.
VOETE…Skurwe voete of hande…Smelt 1 kers en haal die pitte uit.
Gooi nou 6 eetlepels paraffien…1 eetlepel olyfolie…1 eetlepel spiritus…
1 eetlepel gliserien en 1 eetlepel wit vaselien in. Jy MOET dit
aanhoudend roer terwyl dit afkoel. Dit sal ‘n wit salf vorm. Jy kan
‘n paar druppels laventel insit vir die reuk. Smeer die voete of hande
soggens en saans baie goed.
Boererate - V
VOETE…Skurwe voete of hande…Smelt 2 kerse…en sit daar ‘n ¼
koekie fyngemaakte kamfer by en meng…gooi nou paraffien by en
meng weer. Dis uitstekend en die moeite werd om in die huis te hou.
VOETE…Skurwe voete of hande…Sny ‘n kers in stukkies en gooi in ‘n
blik of ou kastrol. Gooi bietjie paraffien by en sit eenkant op die
stoof…nie naby ‘n oop vlam nie. Laat so smelt en roer terwyl dit
smelt. Smeer soggens en saans aan die voete of hande en dra
sokkies of draai toe.
VOETE…Skurwe voete of hande…Was jou voete of hande in dikmelk…
hoe suurder die melk hoe beter. Na ‘n paar dae sal die voete of
hande mooi wit en glad wees.
VOETE…Smeer jou voete elke aand met spiritus.
VOETE…Smeer melksalf aan voete as jy winters voete het…dit help
om weer sag te maak.
VOETE…Sweetvoete, Gooi wildeals in skoene
VOETE…Sweetvoete…Gooi boorsuurpoeier in jou skoene elke oggend
en aand.
VOETE…Sweetvoete…Gooi fyn bloufieterjoel in jou skoen en trek so
aan. Waneer jou voete begin te sweet dan word die voete gelooi en
dit sal voorkom dat hulle sweet.
VOETE…Sweetvoete…Maak sterk mosterdwater aan en gooi in ‘n
skottel…week die voet daarin en droog dan goed af. Doen dit elke
aand.
VOETE…Sweetvoete…Meng teeblare met kerriepap en sit in die
skoene…dra sokkies sodat die pap tussen die skoen en sokkies is…so
onder die brug van die voet.
VOETE…Sweetvoete…Trek doringboombas in kookwater en was jou
voete soggens en saans vir ‘n paar dae en die voete sal nie meer sweet
nie.
Boererate - V
VOETE…Sweetvoete…Week jou voete in louwarm water met
koeksoda. Droog baie goed af en smeer dan droe koeksoda aan. As
jy dit gereeld doen sal die sweetreuk verdwyn.
VOETE…Trek wildeals en was die voete daarmee.
VOETE…Vat 12 geroeste stukkies yster en maak hulle rooiwarm in die
vuur en gooi hulle dan in ‘n ½ blik water. Sodra die ysters koud is
haal hulle uit en sit die seer voete in die water vir sowat 20 minute.
VOETE…Vir winter’s voete kan jy Dubbin skoen politoer koop en
aansmeer…dit help.
VOETE…Vir winter’s voete of hande. As dit wit geryp is in die
oggend moet jou kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die
gras vee waar dit geryp is en alles sal oor gaan.
VOETE…Vir winter’s voete……Smeer spiritus aan.
VOETE…Wintervoete of hande…Gooi ‘n ½ koppie melk…die sap van 1
suurlemoen…1 eetlepel spiritus en 1 teelepel gliserien in ‘n botteltjie
en skud goed om te meng. Smeer daarmee…dis help baie gou.
VOETE…Wintervoete of hande…Gooi ‘n 1/3 botteltjie haarlemensies
en ‘n ¼ botteltjie kamferolie in ‘n ½ botteltjie spiritus en skud goed
om te meng. Smeer aan.
VOETE…Wintervoete of hande…Kook 1 groot handvol brandnetels in
water totdat dit goed getrek het. Gooi in ‘n skottel hou hou jou
hande of voete daarin so warm as jy kan uithou. Jou so aan tot dit
gesond is.
VOETE…Wintervoete of hande…Smeer ‘n paar keer per dag turlington
aan. Dit brand maar dit werk goed.
VOETE…Wintervoete of hande…Smeer met lampolie.
VOETE…Wintervoete of hande…Smeer met terpentyn.
VOETE…Wintervoete ofhande. Smeer rooilaventel ‘n paar maal ‘n
Boererate - V
dag aan en die swelsel en jeuk sal iets van die verlede wees.
VOETE…Zwetende voeten - Voeten biezonderlik schoon, verwissel de
kousen dikwels, was de voeten 's morgens en 's avonds in pekelwater
of in warm water waarin "bicarbonate of soda" gedaan is, poder met
wat "boracic acid"
VRATJIES …Om vratjie mee te brand het die mense in die ou dae,
helsteen gekoop. Dit was silwernitraat-stafies wat jy op 'n druppel
water natgemaak het en dan op die vrat gesmeer het.
VRATJIES…Brand met ‘n warm haarnaald ‘n kruisie op die vratjie.
VRATJIES…Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol kalkwater.
VRATJIES…Krap die vratjies stukkend en strooi fyn tafelsout daarin.
VRATJIES…Krap of sny die vratjie tot dit bloei en smeer van die
bloed aan ‘n stukkie lewer. Gooi die lewer oor jou linkerskouer en
moenie terugkyk om te sien waar dit geval het nie.
VRATJIES…Maak ‘n sny in ‘n vyeboom en smeer van die bloed van ‘n
stukkend gekrapte vratjie daarin. Bind die snit toe met ‘n lappie en
die vratjie sal verdwyn sodra die snit toegroei.
VRATJIES…Maak ‘n stukkie houtskool fyn en meng met vars room tot
a pap. Smeer aan die vratjie 1 of 2 maal per dag. Dit is ook goeie
raad vir die speentjies wat soms aan jou nek hang.
VRATJIES…Maak die vratjie stukkend, smeer van die bloed aan 'n
mieliepit en voer dit vir die hoenders, Die vratjie sal verdwyn
VRATJIES…Meng bietjie sout en asyn en smeer aan die vratjies voor
jy gaan slaap.
VRATJIES…Neem een lang haar van jouself, bind dit styf om die
vraatjie, sny ander deel van haar af. Los tot vraatjie afval. Het
bietjie hulp nodig van iemand om te te help. Dit werk, het dit al
gedoen.
Boererate - V
VRATJIES…Plaas die wit vye melk op die vratjie en die ou mense het
geglo as jy hom na die maan blaas, sal hy vinniger verdwyn.
VRATJIES…Plak "Ducktape" daarooor en laat vir 6 dae. Haal af en vyl
dan die vrat met 'n growwe naelvyl of voetvyl. Herhaal die proses vir
omtrent 2-3 weke en die vratjie sal weg wees
VRATJIES…Sit 7 hempsknope in ‘n glas en gooi die sap van 1
suurlemoen by. Laat dit staan vir ‘n paar dae totdat dit ‘n wit salf
vorm. Smeer soggens en saans aan die vratjies…en hulle sal verdwyn.
VRATJIES…Smeer die melksap van die melkbos of vyeboom aan die
vratjie…dit jeuk nogal…maar hou daarmee aan totdat die vratjie afval.
VRATJIES…Smeer elke oggend en aand jamaikagemmer aan.
VRATJIES…Smeer kort-kort pepermentdruppels aan.
VRATJIES…Smeer van ‘n vyeboom se melk aan die vratjies.
VRATJIES…Smeer wit dulsies net so skoon aan die vratjies en hulle
sal na ‘n paar dae verdwyn.
VRATJIES…Sny ‘n aartappel in die helfte en smeer daarmee oor die
vratjie. Sit die 2 helftes bymekaar en gaan plant dit. Die persoon
wat die vratjies het moet nie weet waar dit geplant is nie. Soos die
aartappel groei..so sal die vratjies verdwyn.
VRATJIES…Sny ‘n droë ertjie oop en smeer oor die vratjies. Sit die
2 helftes weer bymekaar en plant. Sodra die ertjie groei sal die
vratjies verdwyn.
VRATJIES…Sny 'n aartappel deur - vryf oor vratjies en blaas dit
met die volmaan weg.
VRATJIES…Sny 'n ui/aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.
Gooi weg. Herhaal daagliks.
VRATJIES…Soek ‘n plant wat ‘n bol maak en sny ‘n stukkie af. Krap
die oudste vratjie dat dit bloei en sit van die bloed waar jy die plant
Boererate - V
afgesny het. Sit nou die gesnyde stuk terug en bind vas. Sodra dit
groei is die vratjies weg.
VRATJIES…Soggens moet jy nugterspoeg aan die vratjies smeer…en
selfs as jy in die aand wakker word. Dit vratjies sal verdwyn.
VRATJIES…Tel ‘n ou vetterige beentjie op en krap die vratjie
daarmee tot dit bloei. Vryf die beentjie in die bloed en gooi dit dan
weg sonder om te kyk waar dit geval het.
VRATJIES…Tel hoeveel vratjies jy het en maak dan in knopie vir
elkeen in swart garing. Gaan stap buite in die veld en gooi die stukkie
garing oor jou regterskouer weg. Sodra die gare verteer het sal die
vratjies verdwyn en jy sal ook nie weer kry nie.
VRATJIES…Tel hoeveel vratjies jy het… en sit net soveel klippies in
‘n ou sakdoek of lappie. Gaan gooi dit weg in die straat waar baie
mense loop. Sodra iemand dit optel en oopmaak…sal die vratjies
verdwyn.
VRATJIES…Tel jou vratjies en sit 1 mieliepit vir elke vratjie in ‘n
papiersak. Gaan stap ‘n ent en gooi dit oor jou skouer sonder om te
kyk waar dit val.
VRATJIES…Vat ‘n stukkie watte en doop dit in asyn en tik dit aan die
vratjies 3 maal per dag.
VRATJIES…Verf die vratjies met kleurlose naellak…dit versmoor die
vratjie. Dis ook goeie raad vir moesies.
VRATJIES…Vryf tomatieblare oor die vratjies. As jy aanhou
daarmee sal die vratjies gou weggaan.
VRATJIES…Wag net tot dit volmaan is…kyk na die vratjies en na die
maan en blaas dan 7 maal oor hulle. Draai om en loop weg en na ‘n
paar dae sal die vratjies verdwyn. Gebruik maar goeie geloof.
VRUGBAARHEID…Indien jy sukkel om ‘n baba te he…moet jy 1
botteltjie versterkdruppels…1 botteltjie bruin dulsies…1 botteltjie
groen amara…1 botteltjie kamellaessens en 1 botteltjie balsemvita in
1 bottel port wyn gooi en dit baie goed skud. Drink 3 maal per dag
voor etes 1 dessertlepelvol. Dis goed as die man dit ook drink.


































